Archive for Januarie, 2010

Vriendelike wenke vir die allerdaagse motoris

Tussen slaggate groter as die Malawi meer en bane op die N1 in ‘n 120 zone wat net skielik ophou lei ek aan ‘n kroniese Road Rage. Gewoonlik is dit net in Gauteng veral op die R21 (opritte waar jy moet STOP voor jy op die highway kan opgaan??) maar deesdae vang dit my op onverwagste plekke soos in Nelspruit en tussen Lydenburg en Graskop. So hier is ‘n paar wenke vir die allerdaagse motoris, net om dit bietjie gemakliker op ons paaie te maak. Ons kannie veel aan die konstruksie doen nie maar hopelik as jy jouself hieronder raaksien kan jy dit vir die bestuurders om jou gemakliker maak.

  1. As jy 80 in ‘n 120 zone ry dan is jy verkeerd. Daar’s nie plek vir jou in die vinnige baan nie. Nie eers in die stadige baan nie. Leer bestuur.
  2. As jy van bane wil verwissel, kyk of daar ‘n gat is, en beweeg dan liefs in die gekose area in. Moenie vinniger en stadiger gaan asof daar ‘n by in jou kar is nie en dit help ook nie om sulke “moves” te maak wat lyk of jy gaan ry en dan skielik bly nie. Jy maak almal om jou deurmekaar en jy lyk dom.
  3. As jy te bang is om ‘n trok verby te vat op ‘n enkelbaan pad los asseblief ‘n gaatjie tussen jou en die trok dat ander mense kan verbykom. Anders gaan ons vir jou ligte flits en skree vanuit ons karre uit.
  4. As jy op brights ry, hou asseblief jou vinger op die knoppie om dit af te skakel as daar aankomende verkeer kom. Die ander opsie is ‘n sterker bril vir jou nagblindheid.
  5. As jou honde/katte/voels/akkedisse/visse/watookal in die pad is gaan ek oor hulle ry. Ek swaai nie uit vir diere nie. As ek in ‘n bees vasry dan is dit aandete.
  6. As jy besluit om teen helfde van die spoed as die ander karre op ‘n bergpas/enkelbaan pad te ry, beweeg liefs in die geel streep in. Dit gaan my so 10 minute vat om alle geduld te verloor en vir jou te begin skree en ligte flits.
  7. As dit jou beurt is om te ry by ‘n stopstraat/sirkel/toegeeteken, maak asseblief so. As jy nie seker is hoe die bogenoemde werk nie bly liefs by die huis en soek jou K53 boekie. Of vra jou ma. Sy sal vir jou prentjies teken.

Ek dink dis dit maar voel asseblief vry om aan te las. Ek sluit af met ‘n laaste stukkie wysheid wat op ‘n muur staan van ‘n pad in bosbokrand waar ek gereeld verby ry. “Don’t drink and walk in the middle of the road.”

You can’t beat logic like that.

Advertisements

‘n Moontlike verliefdheid

Ek wonder hoe voel jy na gistraand. Ek wonder of jy nog wou kuier. Jou hart ook geklop het. Ek wonder of jy ook wil terughardloop en dinge anders maak. Ek wonder of jy ook partykeer spyt is. Ek weet nie wat om vir jou te se nie want my hart is baie deurmekaar. En om hieroor met jou te praat sal so onregverdig wees. Na die seer. Hierdie is my eie deurmekaar. My seer. My verlange. Ek weet dat my hartjie gistraand heel onverwags geklop het toe ek jou gesien het. Ek weet ek wou nie gaan slaap nie. Ek weet ek kon heelaand met jou kuier. Ek weet dat, partykeer, het die ander mense om die tafel vir my verdwyn en dit was net jy…ek weet ek kon weer asem kry.

Ek weet ek wonder oor ‘n gister en hoe dinge skeefgeloop het. Ek wonder oor more en hoe ek hierdie ding gaan laat gaan. Ek voel soos ek nog nooit oor jou gevoel het nie. Ek voel vir die eerste keer vry om te voel soos ek voel. Ek kyk al heeldag of jy nie dalk gesms of gemail het nie maar ek weet jy sal nie. Nie na als nie.

Ek weet ek kan jou nie bel nie. Met jou praat nie. Soos altyd nie. My hart is seer as ek dink dat ek jou vir lank nie gaan sien nie en daarna dalk vir nog langer. Ek kyk jou fotos en soek oomblike.

Ek ken vandag nie my eie hart nie. My skielike trane en my verlange. Ek het jou nog nooit so verlang nie. Ek weet nie wat aangaan nie en ek weet nie hoe om dit te hanteer nie.

Ek ken die dinge tussen ons. Ek weet ook dat dit vir my is soos opkom vir asem. Om gister saam jou te kon kuier was…die hoogtepunt van my jaar. Ek mis jou so baie. Ek mis dat ek dit nie vir jou kan se nie. Eks jammer oor die hartseer, die verlede, maar weet ook ek het die asem gekort om te voel soos ek nou voel. Maar eks bevrees dis dalk te laat.

Ek ken die distance wat tussen ons gaan wees. Ons drome wat verskil. Maar ek weet ons harte klop dieselfde.

Maatjie…ek wens ek kon met jou gesels. Ek mis jou so vrek baie.

I love you

I love you

You say “I love you” like it fixes things

Like it’s the only word that matters

You say “I love you” as if it’ll heal the wounds

or erases all the broken words

that have fallen between us

You say “I love you” like a peace flag

to subdue the war that’s raged inside of me

for ages now

You say “I love you” like a trump card

that you throw on the table of the game we’ve played

for so long

You say “I love you” as if it matters

as if it’ll change the way you see me

or the way I think about you

You say “I love you” like a game

like a weapon

like a sword

like it’s something I’ve never heard before

like a hand that wipes everything off the table but that fact

“I love you”

You say “I love you” like you expect me to react

like you expect me to say “I love you” back

All I want is for you to say

“I love you”

And mean it

~05-12-05

saligheid

Voel asof die dinge in my kop nie entkry nie. Gister was dit mansmense en gevoelens en dinge in my kop en hart wat ek nie verstaan nie en nie weet of ek ooit sal nie. Dan is dit arm mense en hartseer mense en mense wat doodgaan en mense wat ‘n verskil probeer maak. Dan is dit wie gaan ek nooi na my bday party en hoekom ek nie gaan stres nie? En by die werk vanoggend to continue die werksdrama. Mense skree op mekaar. Mense skree op my. Mense wys middelvinger agter mekaar se rue en klap deure toe. Studente staan met groot oe en kyk. Karlien gaan sit buite die kantoor in ‘n kar en wag om kliniek toe te gaan want dis net een te veel…

Elk geval, tussen al hierdie dinge is my hart rustig. Ek kom in die middae by die huis en vir die eerste keer in ‘n lang tyd is daar vrede. Met wie ek is. Ek voel nie meer skuldig oor die armmense nie. Ek wonder maar worry nie meer so erg oor ouens en goed wat ek nie kan beheer nie. Ek is nie meer bang vir my baas nie want sy kan niks aan my doen nie siende dat my laaste maand by die hospitaal maandag begin. En ek voel bietjie of ek myself begin ken. Al is dit nie verstaan nie, weet ek darem nou al wat regtig is in my hart en wat nie. Begin ek my sterk en swakpunte ken. Begin ek weet wanneer ek vir iets moet baklei en wanneer ek moet wegloop. Ek raak nog geirriteerd en hartseer en kwaad en moeg en bang maar ek dink ek deal beter daarmee. Ek raak rustiger. Ek voel weer myself. Asof Karlien na ‘n lang tog huistoe gekom het. Asof daar weer drome en hoop en sonskyn is.

En nou sit ek op my stoepie. Ek crack my bier oop. Ek kyk vir die berg. Ek is alleen maar ek is gelukkig.

7e laan werksdrama

Jammer vir die engels maar dit is op facebook ook, wou he almal moet kan verstaan

I very suddenly feel like my work turned into a cheap, rural version of 7e Laan. In English. So we have this new girl at our work who does not get along with our senior at all. Their personalities just clash all the time. The senior is a very brass, mean, big, pushy person and…frankly…a huge bitch. I thought so too. But I could deal with it much better in a sense that I just started to ignore her or if I had to freak out I would freak out on my own and also not take all her meanness and comments personally. The new girl is a very sensitive type of personality. She is nice and creative and willing to learn, but she also takes everything our senior says personally and bursts into tears very quickly. So the past few weeks have been made up of trying to orientate her while wiping her tears and confirming that our senior is a bitch, but she should just ignore her.

But today, after set of tears number 3, we have this big meeting in the main boss’s office, four of us, trying to sort this thing out. And I sat there watching how people just want to speak their minds and they keep misunderstanding each other, getting angry, getting upset and taking things personally.

So I thought about conflict management. I was in an argument with a friend as well recently and I just noticed how things could get out of hand so quickly. Between people who are lovely and decent and love each other.

So here are my pointers for future conflict (ones I am trying to learn and reinforce on myself as well)

  1. Do not take it personally. If someone has a problem or confronts you, listen to what they say. Listen to how they FEEL! If they have a problem then obviously it has been sitting for a while, then it may come out in a way that is mean or you could take as a personal attack, but obviously there is something wrong in the relationship that makes them feel the way they feel.
  1. The relationship should be more important than being right. In other words, your ego is not that important. Think how you can resolve the situation as to save the relationship. If it’s a friendship, or a love relationship, then you obviously love that person and would like to stay in that relationship, so try and hear their side. Get into their shoes and try to find out what you did that made them feel that way. If it is you that has a problem, state it in such a way that the person does not feel accused. Do not go out to hurt the person. Try to resolve the conflict. Don’t go in with swords, but with an open minds, hearing from both sides what they feel. If is as a relationship between, say, you and your boss or you and your mother in law, think why you would like to save the relationship, if not because you love the other person. It might be because you need to do your best at your job, or you need to compromise because of your husband’s sake.
  1. Take time. In big conflicts and fights, even minor ones, take some time to think about the situation. If you react immediately it will be out of emotion and out of “what did that person do to me, how can I get them back” instead of “what are they feeling? How did I hurt them? How can we solve this.” Just take a moment or even decide to think about it for a few days, even breaking contact for a while if people have been hurt, just to evaluate the situation from all sides. Repeatedly put yourself in the other person’s shoes to see it from another side.
  1. Know your own strengths and weaknesses. Know that you are okay and fine and you do not need someone else to confirm that in you. It will make it much easier to save the relationship if you are not continually trying to save face or make yourself okay. Sometimes people will not like you, sometimes people will be mean and sometimes people will say things that are not true. You will sometimes not be able to change their minds. That is okay. You are still okay. Also know that you might at times be, for example, impulsive, oversensitive or selfish and knowing that in yourself will help to know when you are reacting out of over-sensitivity instead of reacting in a sober mindset.
  1. Pick your battles. Everything is not worth fighting for. If you are constantly trying to find fault in a situation or constantly getting into fights, you might be making a big deal out of everything. There are times when you can sort things out within yourself and there are times that you can’t. If something happens repeatedly or if it is a big deal to you, do not keep quiet then. Continually keeping quiet could cause you to come out in one big fight. Keep communication open but do not make a big deal out of everything.
  1. Do not be over-sensitive. Even if people say mean things, try and see the heart behind it. Why are they saying it? Are they just angry? And if they are just being mean, sometimes you just need to ignore it and not be over-sensitive all the time.
  1. If you cannot resolve something between the two of you and the relationship is important to save, try and get a mediator. Someone else who is impartial to both parties might see something in a way that neither of you have seen it, or help you to see where you both can compromise.
  1. Compromising. Both parties need to be willing to adapts and compromise to save the relationship/job/marriage ect.
  1. Stepping out. If you are in a friendship that you feel is continually hurting you or a relationship where the other person seems uninterested in resolving conflict, or just keeps being mean, you might need to let it go. Or quit your job. Or whatever. In the end, as much as we need to love other people and try to live in peace with them, we cannot continually harm ourselves.

So…that being said. I think my bitch boss needs to stop being a bitch. But she is very self-obsessed so I don’t think that will ever happen. The new girl also needs to be less sensitive. She cannot take everything personally. But if she feels she cannot handle it, if it does not change after she has spoken up and tried to save the situation, she needs to quit. Especially because she is in a situation with no support, she is far from friends and leans towards depression. So…any ideas in conflict management?

Mense se harte

Ek het besluit om eenkeer ‘n week op my halfdag in die middae van 2-4 by ‘n kindersentrum te gaan help. Hier in my dorpie in die plakkerskamp gedeelte het ek toe uitgevind dat daar ‘n tipe van ‘n “daycare” is vir kinders wat na skool kan kom huiswerk doen en speletjies speel en so aan. So vandag was my eerste dag.

Die hele ding word gerun deur deur Vivian, die “Auxillary social worker” wat iemand is was ‘n een jaar diploma gedoen het in sosiale werk en basies as ‘n assistant tot die sosiale werker in die gemeenskap optree. Blykbaar is sy al 13 jaar in graskop besig om te help, eers as volunteer en later het sy die kursus gedoen. Die daycare val onder die vleuel van Unicef se kinderorganisasie. Hul maak staat op donasies.

Daar is dag nog so 7 ander vrouens so tussen 20 en 30, as ek moet skat, wat ook daar volunteer. Blykbaar word hulle nou en dan R500 ‘n maand betaal. Hulle doen ook nou en dan home based care, met die graskop kliniek as basis.

Elk geval, daar is ‘n hele gebou opgerig waar die hele storie nou drie middae ‘n week plaasvind. Blykbaar is dit so 2 middae skoolwerk en een middag speletjies. Daar is kinders van ouderdom 4 (al is daar ook een babatjie so 6 maande) tot 11jariges wat op die oomblik die oudste is. Hulle het ook ‘n biblioteek wat Vivian saamgestel het met donasies van mense en boekwinkels af. Kinders kan verniet daar boeke kom uitneem en lees.

Ek ontmoet toe ook vir klein Junior, so 4-jarige seuntjie wat vir my gesigte trek. Ons praat nie dieselfde taal nie maar kon “sharp”, “high five” en “low five” uitfigure en so gekommunikeer. Hy het heelmiddag vir my geloer van die tafel af waar hy speletjies speel en tong uitgesteek as hy sien ek kyk vir hom. Dan is daar Hazel. Sy is 10 jaar oud en in gr.4 (darem nou eers die 2e week.) Sy kannie basiese sinne soos “This is a small ruler” skryf nie. Sy kan wel baie basiese sinne skryf soos “This is my chair” maar sukkel nog met punte en waar hoofletters gebruik word. Sy sukkel met woorde wat “th” uitgespreek word en soos “d” klink. My ma is ‘n gr.1 juffrou en ek dog Hazel is, wat sy sou noem, ‘n gevalletjie. Maar toe ontmoet ek vir Tiny. Tiny is 11 en in gr.4 en arme Tiny kannie eers die alfabet neerskryf nie. Ons het ‘n hele uur spaandeer aan die verskil tussen “d” en “b”. Ek kan sien die mense wat daar werk probeer regtig hard, maar in all fairness, is hulle nie juffrouens nie en nie opgelei om sulke goed te kan leer nie. Ekt ook besef ek, as arbeidsterapeut, weet meer as wat ek gedink het ek weet. Ek het gedink om te gaan help net as ‘n volunteer en sal net doen waar die need is, soos vir kinders lees of help kosmaak, maar nou sien ek dat ek dalk gaan moet help met effektiewe leermetodes. Want die mankrag en motivering is daar, die metodes is net nie perfek nie. Maar almal is baie bereid om te leer.

In elk geval, dit was maar net my eerste dag. Ek wil juis nie die “wit meisie” wees wat inkom en alles probeer verander nie. Ek wil eintlik net help waar ek kan en waar hulle my nodig het. Dis altyd nodig dat die gemeenskap hul needs aan jou bekend maak. Ek sien so baie mense wat met hul westerse idees ingaan in arm gemeenskappe en mense wat anders grootword en net wil verander sonder om die konteks in ag te neem. Ek sien ook dit help as mens die taal kan praat, waarmee ek geslip het, moes die jaar meer moeite daarmee gedoen het. Net omdat mense dan voel jy doen moeite en bietjie meer met jou kan vereenseldig. Dis partykeer belangriker ook om net met mense te gesels as actually in te kom en net wil doen. Dis belangriker om mense se harte en karakter te leer ken. En iets te doen wat gaan bly as jy loop. As ek nou sou…dalk net, in die tyd wat ek daar is, ‘n effektiewe manier kan uitdink om die verskil tussen “d” en “b” te leer, en dit so kan oordra dat hulle dit verstaan, kan ek dalk ‘n verskilletjie maak. Dis klein, maar dis ‘n begin.

Ekt vandag weer besef hoe vrek belangrik dit is om aan te hou om jouself bloot te stel aan sulke mense. Mense wat arm is. Mense wat minder het as jy. Mense wat nie in jou omstandighede grootgeword het nie. Mense wat nie jou taal praat nie. Mense wat nie jou leefwyse of denkwyse het nie. Net om te sien mense is anders. Maar op die ou end is almal se harte tog dieselfde. Net omdat mens arm is beteken nie hulle wil nie mooi lyk, nie ook verlief raak, nie ook drome en passies he nie. Mense se harte en binnekante is almal dieselfde. Almal wil deel voel van iets, voel of hulle saakmaak, voel of hulle ‘n doel het op aarde. Anders karring ons mos maar net hier rond en where’s the fun in that?

Vrae, gevoelens en ‘n God

Hierdie hele week loop ek met hierdie groot burden in my hart rond. Ek werk in ‘n hospitaal en daar is net siek mense en mense wat doodgaan en mense wat hartseer is en kinders wat doodgaan orals. En my hart breek. En dan ontmoet ek nuwe vriende en ek sien die hartseer aan hulle binnekante. Ek sien hoe depressie mense opeet en ek sien hoe die lewe stukkies uit mense uitkap. Dit voel asof oral waar ek stap mense hartseer an alleen is. Ryk mense, arm mense, mense in huwelike, single mense, mense met werke en geld, mense sonder geld. En stadig bou hierdie skuld gevoel in my op. Wat kan ons doen. Ek. Wat kan ek doen. Ek kannie enigiemand anders iets maak doen nie. Dit voel of daar soveel fights is om te fight en ek weet nie eers waar om te begin nie.

Ek bly alleen in ‘n klein dorpie so ek het way te veel tyd om hieroor te dink en sad te word. Ek het begin werk asof my werk saakmaak. Mense groet en in die oe kyk, probeer geld gee waar ek kan (bo my tiende). Begin mense ondersteun, my vriende, vreemdelinge, probeer vriendelik wees (want soms is dit nogal moeilik vir my.) Probeer happy-thoughts dink want eks maar bietjie negatief partykeer. Ek het net heeltyd gevoel asof ek nie weet wat om te doen nie en niks is genoeg nie en ek wil elke arm, hartseer babatjie huistoe vat maar ek kannie en ek wil al my geld weggee maar dit sal nie help nie. Ek voel net so magterloos.

En ek weet in myself kan ek nie. Ek kan net nie. Ek is nie God nie. Ek is nie die een met die idees en die krag en die binnekant vir hierdie goed nie. In myself is ek van nature selfsugtig, negatief en mismoedig. Maar ek het ‘n Jesus. Wat saammet my in my bed huil oor die dag se hartseer by die hospitaal. Wat my herinner om te glimlag as ek wil skree. Wat my optel en wys waar om te veg as my kop in duisend rigtings gaan. Wat my vrede gee en die skuld van my skouers aftel oor die gebroke wereld.

Ek het vandag net weereens besef ek kannie ‘n wereld red nie. Maar ek ken ‘n God wat kan. Ek het duisend vrae oor mense en verhoudings en christenskap. Ek ken nie antwoorde nie maar ek ken ‘n God wat die antwoorde ken. Ek wil net aanhou Hom prys en eer gee en eerste plek in my lewe gee en die res sal somehow sinmaak. Hy is konstant, in beheer en altyd daar.