Liewe Karlien einde volgende jaar

Liewe Karlien van einde 2010

Ek kannie glo die jaar het so gevlieg nie. Ek wonder wat als in jou lewe die jaar gebeur het. Het jy toe die guts gehad om kaap toe te trek? Of het jy besluit om die wereld ‘n pit te druk en in die middel van die nag te elope saam iemand onbekend en nou werk jy in ‘n bakkery in Italie met ‘n vet tannie wat sing terwyl sy koekies maak?

Ek wonder of jy nog lief is vir arm mense en veral kinders en of jy so baie tyd saam hul kon spandeer soos jy graag wou? Het jy toe oudisies gedoen en was jy alweer op tv of op die verhoog? Het jy elke oggend 6h gaan stap en daarna rustig geraak met Jesus (soos elke jaar die plan is alhoewel die tyd verskil) Sing jy nog in die storm en staan jy soms nog by die deur en kyk net vir die reen? Hoe sal jy die jaar wat verby is in ‘n woord beskryf?

Was jy rustiger? Het jy by minder mense uitgekom maar was dit meer UITKOM by hulle as die casual koffies en drinks wat jy orals insqueeze? Het jy die mense wat jy nie ken nie op facebook delete?

Lag jy nog saam Christo en dans op tafels saam Carla en Frances? Droom jy nog van oorsee gaan en eendag ook ‘n babatjie aanneem?

Glo jy nog in liefde? Is jy nog lief vir hom? (jy weet van wie ek praat) Is jou hart nog seer?

Kon jy toe kalm raak in jouself? Kon jy dit wat jou jaag outrun, of het jy toe omgedraai en in sy oe gekyk? Jaag iets nuuts jou? Voel jy nogsteeds partykeer alleen al is daar baie mense om jou? En partykeer of jy als het wat jy nodig het as jy ne by jouself kan wees?

Het jy jou boek geskryf?

Sterkte vir 2011 (waar hardloop die tyd heen?)

Moenie bang wees nie! Onthou, jys in elk geval nie SO belangrik nie so doen net wat jy nog altyd wou doen en hou op kerm! Leef vir ander! Jy weet jys gelukkiger so!

To serve others is the joy of our hearts and the blessing of our souls

Advertisements

2 Responses to “Liewe Karlien einde volgende jaar”


  1. 1 Sonkind Januarie 3, 2010 om 9:48 nm

    Ek sal graag Karlien se antwoord hierop wou sien. Dalk moet Karlien saam met my wegloop Italie toe 🙂

  2. 2 karliendupreez Januarie 4, 2010 om 10:01 vm

    Jis sal dit nie lekker wees nie! Ek soek juis permanent iewers heen om te hardloop!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: