Nuwe blogger

En skielik toe voel ek die “pressure.” Gosh, ekt nou comments gelos vir die vale, nuwe mense se blogs gaan uitcheck en uiteindelik uitgevind hoe om twitter op my blog te sit (met die hulp van Cara Meintjes) (O ja weet iemand hoe om daai ding te doen dat jy link na mense van wie jy praat in jou blog?) In elk geval toe land ek nou hier op wordpress na my jaar op blogspot. Daar volg net mense my wat my ken. Kom ons hoop ek verbreed my horisonne op wordpress:-)

Elk geval…nuwe jaar was toe…verrassend teleurestellend. Daar is iets aan nuwejaar wat ‘n verwagting skep. Ek en my vriendin het besluit ons het nie meer iets om aan die wereld te bewys nie en bly toe maar die hele aand langs die vuurtjie by hulle vakansiehuis in Jbay en piekel toe skuins na 11 af strand toe om die gedoente te beskou. Champagne in die hand, maak ons reg vir die countdown so tussen die vuurwerke deur. En toe 12h uiteindelik slaan…niks. Ek het amper-depressie geslaan so 5 na 12 toe ek besef mens countdown na…nie veel nie. Nuwe jaar. Nuwe dinge. Maar skuins na 12…dronkmense, simpel ouens wat jou opchat, fake drukkies en smiles en mense wat probeer prove hulle het “iets” om te doen nuwe jaar.

Volgende jaar gather ek my beste maatjies en hang in die berge om die vuurtjie. Goed wat my in elk geval gelukkig maak. My jaar gaan wees soos hy sou wees, ten spyte van my nuwe jaar. Gewonde reflection op die jaar wat verby is, check. Nuwe jaar smse gestuur na ‘n few select, check. Min of meer ‘n plan vir die jaar, check. Okay…lets go…

Advertisements

4 Responses to “Nuwe blogger”


  1. 1 flippiefanus Januarie 3, 2010 om 6:46 nm

    Is die mees opwindendste aspek van Oujaarsaand nie juis maar om saam met vriende en geliefdes te wees wanneer mens die Nuwe Jaar verwelkom nie? Daarbenewens is die teenwoordigheid al dan nie van vuurwerke maar ‘n flouerige bonus.

  2. 2 Sonkind Januarie 3, 2010 om 9:45 nm

    Hello Karlien. Ek lees lekker hier, doen so voort. Om ‘n link na iemand anders se blog te sit, roep jy daardie blog op, copy die adres (daai lyntjie met die http://whatever) en sit dit in jou teks. As jy die link ‘n naam wil gee, in plaas van net die link, dan right kliek jy op die link, gaan na edit hyperlink en verander die geskrewe deel bo.

    As jy nog vashak, gooi my ‘n email (runxie@gmail.com)

    Ciao

  3. 3 Cara Januarie 4, 2010 om 1:03 vm

    Jy doen die “link na ander mense as jy van hulle praat” ding soos volg… Copy die adres waarnatoe jy wil link. In die blog wat jy besig is om te skryf, highlight die persoon se naam of wat ook al letters jy wil he moet link na die adres. Kliek op die knoppie wat lyk soos twee sirkeltjies wat in mekaar haak – dis die “attach hyperlink” knoppie.

    My New Year’s wat ook teleurstellend… meh 🙂 Dalk is ons net oud!

  4. 4 karliendupreez Januarie 4, 2010 om 9:36 vm

    Jipeee! I did it! Cara se naam is gehighlight en gehyperlink! YAY! Dankie vir die comments:-) Ek geniet wordpress al hoe meer! En ja…dink ek word net oud want een voet is so in die nuwejaar op die strand “verwagting” ding en ander voet is in die kom ons kuier net saam vriende om die vuurtjie. Sien uit na eendag in die berge..


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: