Woorde

Maatjie

Ek kannie vir jou skryf nie want jy is te kwaad vir my. Ek kan nou nog nie agterkom waaroor nie behalwe dat ek dink jy seerhet. Ek het jou seergemaak maar nie aspris nie. Ek het probeer jammer se maar jyt net aanhou messe gooi. Stilweg in jou hoekie geslyp tot ek in sig was en toe net aanhou en aanhou gooi. Nie vir ‘n oomblik gestop, na rede geluister of gedink oor hoe absurd jou aantuigings was nie. Jou hart teenoor my het in minute verander en jou oe het koud geword. Ek kan nou nog nie agterkom waaroor jy regtig kwaad is nie want elke keer as ek vra dan is jou rede anders. Ek dink jy is sommer in geheel kwaad vir wie ek is.

Goed dan. Jammer dat ek jou so teleur gestel het. Ek het tog heeltyd my menswees aan jou blootgestel en jyt van die begin af geweet eks onseker en dat ek nie in iets kan ingaan waar ek nie seker is nie. Jyt geweet ek wil vriende wees maar het aanhou druk en aanhou druk.

Ek dink ekt lankal geweet jy gaan so kwaad wees. So seer wees. Die bietjie wat jy gemaak het of jy okay was het jy die kwaad goed weggesteek. Ekt nie gedink as dit uitkom gaan dit so uitkom nie.

Maar eks nogsteeds vrek lief vir jou menswees, jou binnekant, dit wat ek weet jy is. Eks so jammer dat my en jou hartseer altwee in lelike woorde uitgekom het. Eks so jammer dat dit so moes eindig tussen ons. Ek wil net nie meer baklei nie.

Advertisements

1 Response to “Woorde”


  1. 1 Sonkind Januarie 6, 2010 om 8:38 nm

    Hierdie klink so bitter bekend. Dalk, as jy aanhou om net ‘n vriendin te bly, sal die maatjie se seer eendag minder en minder word en sal daar weer ‘n vriendskap wees. Bly net opreg.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: