In die haarkapper

Ek was vandag in die haarkapper. Eks nie een van daai happy gesels mense nie en verkies om gewoonlik vir my tydskrif of boek te staar na ek die verpligte “Hoe was jou vakansie?” en “Hoe gannit met jou ma?” vrae geantwoord het. Maar my haarkapper en ek verstaan mekaar, die dat ek al van st.7 af by haar sny, so ons gesels so effentjies. Sy vertel my toe van haar virende in kampsbaai en dat die huis langs hulle s’n vir R28 miljoen verkoop is. I mean REALLY? WIE het so baie geld? Is ek in die verkeerde beroep, verkeerde familie of is my drome net te klein? Nie dat geld al is wat saakmaak nie maar DAMN!

In elk geval, toe loop ek ‘n meisie wat saam my op hoerskool was daar raak. Ek het niks van hierdie girl gehou nie. Sy was my “bitch-reference” na hoerskool dae en ek sou haar in Spar ignoreer of aangluur as ek haar sien. Dis ook die meisie van wie ek geskinder het by my vriendinne. Natuurlik was sy wat mens sou noem in die “cool” groep en ek in die “slim” groep. Ha ha. Vandag toe ek haar sien was dit anders. My hart het nie in my keel begin klop en ekt nie gewonder of ek stupid lyk en wat ek gaan se nie. Sy was ook nie die borrelde bitch waaraan ek gewoond was nie. Ons was twee mense. Ons is om die gesprek van “Wat doen jy nou”, “Wie is verloof” en “Ja, dis mal scary om groot te word.” Altwee verstaan ons begeer nie een om regtig lank met die ander te gesels, maar voel nie een meer die behoefte om mislik te wees of die ander te ignoreer nie. Ek dink ekt besef 5 jaar uit die skool (of is dit nou 6?) en mens kan uiteindelik grootword. Ons was uit verskillende “groepe” maar ons altwee moet die padjie van grootword lewe en is eintlik op die ou end maar dieselfde. Mense is toe tog maar net mense.

Laaste ding, haarkappers is ‘n ripoff! Vandag was my sny en highlights (sonder blow-wave of flat-iron) duurder as my kar se diens! Ek is amptelik op soek na ‘n goedkoper salon…

Advertisements

2 Responses to “In die haarkapper”


  1. 1 ekisanna Januarie 7, 2010 om 6:14 nm

    Grootword doen snaakse goed aan mense. Een van my grootste “vyande” op skool is vandag nog ‘n vriendin nadat ons mekaar weer raakgeloop het na skool. Nerens vind stereotyping plaas soos op skool, tussen groepe nie.

  2. 2 karliendupreez Januarie 7, 2010 om 7:49 nm

    Ja dis eintlik absurd, want ek is ook vandag baie goeie vriende met mense wat ek dink ek sou wegbly van skool net omdat hulle nie in my boksie inpas wie “goeie” mense is en wie nie. Mens gee ander partykeer net nie kans nie omdat mense geneig is om geintimideer te word deur mense wat jy nie ken nie. Soos ons grootword word ons meer confident in onsself en kan dus ander mense ook makliker aanvaar.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: