hulp

Ek is terug by die werk. Ek is ‘n arbeidsterapeut en werk op die oomblik by ‘n hospitaal in Bosbokrand. Dis ‘n groot township in die noorde van Mpumalanga. Ek doen my gemeenskapsdiens. Ek is lekker positief en die afgelope paar dae was nie bad nie, maar een van my base is ‘n absolute bitch, en syt vandag weer met haar streke begin. Ekt wel besluit om myself nie daardeur te ontstel nie. Ek is heilig oortuig dat sy eintlik ongelukkig is in haarself en ek weier dat sy my ontstel. Ek kan heeldag rondloop en negatief wees en moan oor hoe sy my hanteer, of fights begin, maar op die ou end is dit net ek wat myself beseer, want dit is wat sy wil he. Ek weier om myself te laat intimideer.

Verder is ek vandag bietjie ontsteld. Dit voel of oral by die hospitaal ek geface word met armoede en mense wat besig is om dood te gaan. Ek kan die grootmense bietjie nog hanteer maar die kinders breek my hart. 4 Jariges wat lyk soos pap babatjies, babas met bene amper so dun soos my vingers en dooie ogies. Mammas wat nie meer kans sien nie. Hartseer mense. En ek kannie verstaan hoe dit gebeur nie. Die hele samelewing nie. Hoe kan ons toelaat dat ander mense so lewe? Hoe het die samelewing so geword dat basiese goed soos gesondheidssorg agtergelaat word? Hoe kan mense in hospitale rondloop en nie hul werk doen nie terwyl mense om hulle doodgaan? Hoe kan management en die regering toekyk op dit als sonder om te help? Wie moet help? Wie moet kyk na die mense? Ek dink dis elkeen se verantwoordelikheid om te help waar ons kan, maar daar moet ook die groot strukturele verandering kom voor enigiets gaan verander. Ons kan aan die “onderpunt” veg deur mense moed in te praat, te help waar ons kan, en net generally te probeer positief bly en gemotiveerd bly al val dinge om ons plat.

Maar is daar nie iets meer wat ons kan doen nie? Moet ons nie harder veg nie? Ek weet nie meer nie. Dit maak my so vrek hartseer

Advertisements

0 Responses to “hulp”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: