Vrae, gevoelens en ‘n God

Hierdie hele week loop ek met hierdie groot burden in my hart rond. Ek werk in ‘n hospitaal en daar is net siek mense en mense wat doodgaan en mense wat hartseer is en kinders wat doodgaan orals. En my hart breek. En dan ontmoet ek nuwe vriende en ek sien die hartseer aan hulle binnekante. Ek sien hoe depressie mense opeet en ek sien hoe die lewe stukkies uit mense uitkap. Dit voel asof oral waar ek stap mense hartseer an alleen is. Ryk mense, arm mense, mense in huwelike, single mense, mense met werke en geld, mense sonder geld. En stadig bou hierdie skuld gevoel in my op. Wat kan ons doen. Ek. Wat kan ek doen. Ek kannie enigiemand anders iets maak doen nie. Dit voel of daar soveel fights is om te fight en ek weet nie eers waar om te begin nie.

Ek bly alleen in ‘n klein dorpie so ek het way te veel tyd om hieroor te dink en sad te word. Ek het begin werk asof my werk saakmaak. Mense groet en in die oe kyk, probeer geld gee waar ek kan (bo my tiende). Begin mense ondersteun, my vriende, vreemdelinge, probeer vriendelik wees (want soms is dit nogal moeilik vir my.) Probeer happy-thoughts dink want eks maar bietjie negatief partykeer. Ek het net heeltyd gevoel asof ek nie weet wat om te doen nie en niks is genoeg nie en ek wil elke arm, hartseer babatjie huistoe vat maar ek kannie en ek wil al my geld weggee maar dit sal nie help nie. Ek voel net so magterloos.

En ek weet in myself kan ek nie. Ek kan net nie. Ek is nie God nie. Ek is nie die een met die idees en die krag en die binnekant vir hierdie goed nie. In myself is ek van nature selfsugtig, negatief en mismoedig. Maar ek het ‘n Jesus. Wat saammet my in my bed huil oor die dag se hartseer by die hospitaal. Wat my herinner om te glimlag as ek wil skree. Wat my optel en wys waar om te veg as my kop in duisend rigtings gaan. Wat my vrede gee en die skuld van my skouers aftel oor die gebroke wereld.

Ek het vandag net weereens besef ek kannie ‘n wereld red nie. Maar ek ken ‘n God wat kan. Ek het duisend vrae oor mense en verhoudings en christenskap. Ek ken nie antwoorde nie maar ek ken ‘n God wat die antwoorde ken. Ek wil net aanhou Hom prys en eer gee en eerste plek in my lewe gee en die res sal somehow sinmaak. Hy is konstant, in beheer en altyd daar.

Advertisements

2 Responses to “Vrae, gevoelens en ‘n God”


  1. 1 Walton Januarie 18, 2010 om 10:54 vm

    Jy’t geen idee hoe baie ek hierdie inspirasie nodig gehad het nie. Jy’s awsum en dankie dat jy een van die min mense is wat ek ken wat nie ophou soek nie. Kan nie wag dat jy Kaap toe kom nie

  2. 2 karliendupreez Januarie 18, 2010 om 8:18 nm

    Ek ook nie! Laataand wyn en Jesus chats! YAY!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: