Mense se harte

Ek het besluit om eenkeer ‘n week op my halfdag in die middae van 2-4 by ‘n kindersentrum te gaan help. Hier in my dorpie in die plakkerskamp gedeelte het ek toe uitgevind dat daar ‘n tipe van ‘n “daycare” is vir kinders wat na skool kan kom huiswerk doen en speletjies speel en so aan. So vandag was my eerste dag.

Die hele ding word gerun deur deur Vivian, die “Auxillary social worker” wat iemand is was ‘n een jaar diploma gedoen het in sosiale werk en basies as ‘n assistant tot die sosiale werker in die gemeenskap optree. Blykbaar is sy al 13 jaar in graskop besig om te help, eers as volunteer en later het sy die kursus gedoen. Die daycare val onder die vleuel van Unicef se kinderorganisasie. Hul maak staat op donasies.

Daar is dag nog so 7 ander vrouens so tussen 20 en 30, as ek moet skat, wat ook daar volunteer. Blykbaar word hulle nou en dan R500 ‘n maand betaal. Hulle doen ook nou en dan home based care, met die graskop kliniek as basis.

Elk geval, daar is ‘n hele gebou opgerig waar die hele storie nou drie middae ‘n week plaasvind. Blykbaar is dit so 2 middae skoolwerk en een middag speletjies. Daar is kinders van ouderdom 4 (al is daar ook een babatjie so 6 maande) tot 11jariges wat op die oomblik die oudste is. Hulle het ook ‘n biblioteek wat Vivian saamgestel het met donasies van mense en boekwinkels af. Kinders kan verniet daar boeke kom uitneem en lees.

Ek ontmoet toe ook vir klein Junior, so 4-jarige seuntjie wat vir my gesigte trek. Ons praat nie dieselfde taal nie maar kon “sharp”, “high five” en “low five” uitfigure en so gekommunikeer. Hy het heelmiddag vir my geloer van die tafel af waar hy speletjies speel en tong uitgesteek as hy sien ek kyk vir hom. Dan is daar Hazel. Sy is 10 jaar oud en in gr.4 (darem nou eers die 2e week.) Sy kannie basiese sinne soos “This is a small ruler” skryf nie. Sy kan wel baie basiese sinne skryf soos “This is my chair” maar sukkel nog met punte en waar hoofletters gebruik word. Sy sukkel met woorde wat “th” uitgespreek word en soos “d” klink. My ma is ‘n gr.1 juffrou en ek dog Hazel is, wat sy sou noem, ‘n gevalletjie. Maar toe ontmoet ek vir Tiny. Tiny is 11 en in gr.4 en arme Tiny kannie eers die alfabet neerskryf nie. Ons het ‘n hele uur spaandeer aan die verskil tussen “d” en “b”. Ek kan sien die mense wat daar werk probeer regtig hard, maar in all fairness, is hulle nie juffrouens nie en nie opgelei om sulke goed te kan leer nie. Ekt ook besef ek, as arbeidsterapeut, weet meer as wat ek gedink het ek weet. Ek het gedink om te gaan help net as ‘n volunteer en sal net doen waar die need is, soos vir kinders lees of help kosmaak, maar nou sien ek dat ek dalk gaan moet help met effektiewe leermetodes. Want die mankrag en motivering is daar, die metodes is net nie perfek nie. Maar almal is baie bereid om te leer.

In elk geval, dit was maar net my eerste dag. Ek wil juis nie die “wit meisie” wees wat inkom en alles probeer verander nie. Ek wil eintlik net help waar ek kan en waar hulle my nodig het. Dis altyd nodig dat die gemeenskap hul needs aan jou bekend maak. Ek sien so baie mense wat met hul westerse idees ingaan in arm gemeenskappe en mense wat anders grootword en net wil verander sonder om die konteks in ag te neem. Ek sien ook dit help as mens die taal kan praat, waarmee ek geslip het, moes die jaar meer moeite daarmee gedoen het. Net omdat mense dan voel jy doen moeite en bietjie meer met jou kan vereenseldig. Dis partykeer belangriker ook om net met mense te gesels as actually in te kom en net wil doen. Dis belangriker om mense se harte en karakter te leer ken. En iets te doen wat gaan bly as jy loop. As ek nou sou…dalk net, in die tyd wat ek daar is, ‘n effektiewe manier kan uitdink om die verskil tussen “d” en “b” te leer, en dit so kan oordra dat hulle dit verstaan, kan ek dalk ‘n verskilletjie maak. Dis klein, maar dis ‘n begin.

Ekt vandag weer besef hoe vrek belangrik dit is om aan te hou om jouself bloot te stel aan sulke mense. Mense wat arm is. Mense wat minder het as jy. Mense wat nie in jou omstandighede grootgeword het nie. Mense wat nie jou taal praat nie. Mense wat nie jou leefwyse of denkwyse het nie. Net om te sien mense is anders. Maar op die ou end is almal se harte tog dieselfde. Net omdat mens arm is beteken nie hulle wil nie mooi lyk, nie ook verlief raak, nie ook drome en passies he nie. Mense se harte en binnekante is almal dieselfde. Almal wil deel voel van iets, voel of hulle saakmaak, voel of hulle ‘n doel het op aarde. Anders karring ons mos maar net hier rond en where’s the fun in that?

Advertisements

2 Responses to “Mense se harte”


  1. 1 ekisanna Januarie 19, 2010 om 6:51 nm

    Haai Karlien, lyk my ek gaan ‘n regular op jou blog word. Ek wil sommer begin deur te se dat ek jou bewonder vir jou bereidwilligheid om ‘n diens te lewer waar dit broodnodig is sonder om vergoeding te verwag – dit is juis wanneer jy die grootste vergoeding kry – nie geld nie, maar integriteit, nederigheid, compassion en wysheid. Ek hoop regtig dat jy geseend sal wees in wat jy doen.

  2. 2 Cara Meintjes Februarie 7, 2010 om 11:29 nm

    Ek stem 100% saam met konteks leer ken… en met iets agterlaat wat daar sal wees as jy weggaan. En veral veral met aanhou jouself blootstel aan mense wat minder het as jy. En agterkom hulle’s nie slegter nie en hulle’s ook nie meer noble as jy nie.

    Keep us posted met hoe dit gaan by die nasorg?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: