Vriendelike wenke vir die allerdaagse motoris

Tussen slaggate groter as die Malawi meer en bane op die N1 in ‘n 120 zone wat net skielik ophou lei ek aan ‘n kroniese Road Rage. Gewoonlik is dit net in Gauteng veral op die R21 (opritte waar jy moet STOP voor jy op die highway kan opgaan??) maar deesdae vang dit my op onverwagste plekke soos in Nelspruit en tussen Lydenburg en Graskop. So hier is ‘n paar wenke vir die allerdaagse motoris, net om dit bietjie gemakliker op ons paaie te maak. Ons kannie veel aan die konstruksie doen nie maar hopelik as jy jouself hieronder raaksien kan jy dit vir die bestuurders om jou gemakliker maak.

  1. As jy 80 in ‘n 120 zone ry dan is jy verkeerd. Daar’s nie plek vir jou in die vinnige baan nie. Nie eers in die stadige baan nie. Leer bestuur.
  2. As jy van bane wil verwissel, kyk of daar ‘n gat is, en beweeg dan liefs in die gekose area in. Moenie vinniger en stadiger gaan asof daar ‘n by in jou kar is nie en dit help ook nie om sulke “moves” te maak wat lyk of jy gaan ry en dan skielik bly nie. Jy maak almal om jou deurmekaar en jy lyk dom.
  3. As jy te bang is om ‘n trok verby te vat op ‘n enkelbaan pad los asseblief ‘n gaatjie tussen jou en die trok dat ander mense kan verbykom. Anders gaan ons vir jou ligte flits en skree vanuit ons karre uit.
  4. As jy op brights ry, hou asseblief jou vinger op die knoppie om dit af te skakel as daar aankomende verkeer kom. Die ander opsie is ‘n sterker bril vir jou nagblindheid.
  5. As jou honde/katte/voels/akkedisse/visse/watookal in die pad is gaan ek oor hulle ry. Ek swaai nie uit vir diere nie. As ek in ‘n bees vasry dan is dit aandete.
  6. As jy besluit om teen helfde van die spoed as die ander karre op ‘n bergpas/enkelbaan pad te ry, beweeg liefs in die geel streep in. Dit gaan my so 10 minute vat om alle geduld te verloor en vir jou te begin skree en ligte flits.
  7. As dit jou beurt is om te ry by ‘n stopstraat/sirkel/toegeeteken, maak asseblief so. As jy nie seker is hoe die bogenoemde werk nie bly liefs by die huis en soek jou K53 boekie. Of vra jou ma. Sy sal vir jou prentjies teken.

Ek dink dis dit maar voel asseblief vry om aan te las. Ek sluit af met ‘n laaste stukkie wysheid wat op ‘n muur staan van ‘n pad in bosbokrand waar ek gereeld verby ry. “Don’t drink and walk in the middle of the road.”

You can’t beat logic like that.

Advertisements

5 Responses to “Vriendelike wenke vir die allerdaagse motoris”


  1. 1 ekisanna Januarie 31, 2010 om 8:12 nm

    Hier is een wat ek wil byvoeg. “As die spoedgrens 120 is, moenie 180 ry en ongeduldig word met die mense wat wel 120 ry nie.”

    Ek ry gereeld op ‘n enkelbaan pad tussen twee dorpe. Dit is ‘n stukkie pad wat al bekend was as “die pad van die dood” voordat die snelweg gebou is. Ek kan nie verstaan waarom mense wat in hul nuwe, duur, luukse motors in die eerste plek nie kan bekostig om die snelweg (tolpad) te gebruik nie en dan op die enkelbaan pad wil kom ongeduldig raak met jou as jy by die spoedgrens bly. Daar is steeds gereeld “horrendous” ongelukke op hierdie stukkie pad en by verre is die meeste van hulle gevalle van verbysteek op onveilige plekke teen baie hoe spoed.

  2. 2 karliendupreez Januarie 31, 2010 om 10:50 nm

    Ek weet dis baie erg! Ek ry ook so 120 dalk 130 hang af van die pad, maar dan kom die BMW of Merc dude en flits al 20km terug vir jou ligte en as jy nie skuif nie vat hul onverantwoordelike kanse! En dis fine as hulle hulself wil seermaak maar daars so baie mense wat seerkry oor hulle ongeduldig/stupid is!

  3. 3 karliendupreez Januarie 31, 2010 om 10:50 nm

    ek ry elke oggend op ‘n pas werktoe en waar mense verbysteek is net…insane!

  4. 4 francoislr Februarie 4, 2010 om 9:38 nm

    Ek wil add by die boonste een. As ek 80 ry by die road works, waar daar ‘n sign is wat 80 se, met ‘n spoedkamera bordjie onder hom, deal with it. Ek weet julle het die geld om die spoedkaartjies te betaal, meneer BMW, wat nie eens jou flikkers kan gebruik nie, maar ek het nie. En ek het al klaar ‘n hoop kaartjies.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: