Archive for Februarie, 2010

A new answer

After years of asking questions about the church

“Why are they not more like Jesus?”, “How can people fight with each other so much and yet call themselves followers of Christ?”, “Why are they not more tolerant of people that are different than them”, “Why is the church not doing more for the poor, the needy, the underprivileged?”, “Why are they making it so complicated?”, “Where can they begin to rebuild themselves?”

I feel that I have finally reached a conclusion. I have been asking the wrong questions, I should be asking

“Why AM I not more like Jesus?”

“How can I fight with others so much and call myself a follower of Christ?”

“Why AM I not more tolerant of people that are DIFFERENT THAN ME?”

“What AM I doing for the POOR, THE NEEDY, THE UNDERPRIVILEDGED?”

“Why am I making it so complicated?

“Where can I BEGIN to rebuild MYSELF?”

I was pointing the wrong way all this time

Advertisements

By God se voete

Ek is van nature ‘n onrustige mens. Partykeer asof ek my lewe omwens en goeters mis. Ek weet dit. Maar vandag voel ek bietjie asof ek moeg is vir al die verandering. My beste maatjie het gister Korea toe gevlieg. My hart pyn so erg van die mis. En ek maak volgende week klaar by my werk en trek dan twee weke later kaaptoe. Waar ek nog nie werk het nie of blyplek nie. Verhoudings kom tot ‘n einde. Vriende wat mens heeltyd maak en weer verloor oor mens nog nie op ‘n plek is waar mens stabiliteit in jou lewe bereik het nie. Ek wonder of ek ooit rustig sal wees met stabiliteit. Maar tog mis ek dit. Om vriende te maak en te hou. Om te kan bly by wie ek liefhet. Om nie heeltyd my ouers hoef te mis of kort tye te sien nie. Om nie te wonder oor werk, drome, hoop…

Ek wonder waarop basseer mens die besluite. Hoe besluit jy waar jy settle? Settle mens ooit? Of is kom en gaan maar deel van die lewe? Ek weet dit is maar gaan dit dan een of ander tyd minder gereeld wees? En gaan mens minder hartseer wees?

Dit leer my wel om elke dag elke verhouding, elke droom, elke passie, elke hartseer en elke vriendskap by ons Pappa se voete te plaas. Rustig te word in Hom. My stabiliteit en identiteit by Hom te vind. Ek bid dit meer en meer. Alles wat belangrik is by U voete, Here. Dat net wat in U wil is en U belange en U naam groot maak oorbly.

Amen

Net nog ‘n dag

Gister was een van daai dae.

Ek kom die oggend by die werk en op ‘n print ek iets in die kantore en ek sien iemand se obituary daar le. Ek lees dit en kom toe agter dis ‘n pasient van my. Gewees. Sy het Vigs gehad en konnie meer loop nie (die virus het haar senuwee aangeval so sy was soos ‘n parapleeg) en toe is sy so twee weke my pasient en toe is sy pretoria akademies toe om te probeer uitfigure wat fout is. En toe is sy net dood. Ek sou dalk nie eers geweet het nie as ek nie die obituary gesien het nie. En ekt so baie met haar gewerk, elke dag vir 2 weke, en ek konnie haar gesig onthou nie. Ek onthou dat sy altyd ‘n mussie gedra het en gevra het oor haar kondisie, maar ek konnie haar gesig onthou nie.

Sy was ‘n klerk by die hospitaal so daar was ‘n roudiens vir haar gister oggend. Ek het na so stukkie gegaan. Ek konnie veel verstaan nie maar dit was awesome. Ek kon vang dat die klem op haar lewe is en hulle het liedjies soos “praise God” en “Lord is good” gesing. Al is sy dood is God nog goed. Elkeen val sommer in wanneer hy wil en sing. Dis chaos maar so mooi. Ek het saamgesing al ken ek nie die taal of die liedjie nie.

Daarna het ek en my vriendin wat saam my werk speelgoed uit die stoor gevat wat net daar le en in die kindersaal gaan uitdeel. Dit was baie lekker. Ekt fotos geneem van dogtertjies met padda-ogies aan en dit was so lekker om die seuntjies te sien strate bou en met karretjies speel. Dis lekker by die kinders. Maak nie saak hoe bad dit gaan nie, voel asof dit een of ander manier okay sal wees. Hulle bounce so vinnig terug.

Toe later daardie dag gaan ek weer na ‘n ander pasient toe. Ek was die oggend daar maar wou haar net weer gaan sien vir paar oefeninge. Toe ek daar kom het niemand nog haar kos vir haar gegee nie. Syt ook vigs, maar vir ander rede kan sy nie haar arms of bene beweeg nie. Niemand kon nog eintlik die diagnose uitfigure nie, van laasjaar oktober kan sy nie eintlik beweeg nie. Ek het ook al al die opsies waaraan ek kon dink uitkanselleer. Niemand weet wats fout nie. So toe ek daar kom le haar kos nog met die wrapping oor langs haar bed. Haar bene is so dun dat daar nie meer spier op haar kuite is nie. Dis letterlik vel en been. Mar sys vriendelik en gesels altyd lekker, so eks nooit te hartseer om met haar te werk nie. Maar daai dag het haar gesin nie kom kuier nie, dit was net te ver om elke dag te kom. En die susters was te “besig” om haar te voer. En daar staan haar kos… Ek help haar toe eet en sy se vir my “Why are you so generous? If only everyone could be like you.” Ek dog my hart breek. Ek was nie generous nie. Eks glad nie. Weet sy nie hoe selfsugtig ek soms is nie? Weet sy nie hoe baie ek aan myself dink en hoeveel meer ek vir ander kan doen nie? Weet sy nie hoe baie ek kwaad of ongeduldig raak nie? Eks nie generous nie! Om iemand te help eet en om my werk te doen is nie generous nie! Dis die middel. Dis wat almal moet doen. Ai. My hart breek vir haar.

Toe is ek weer kindersaal toe. Die dag het my amper op gehad. Daai dae waar die hartseer net oor jou wash en dit net te veel is. Waar jy wens jy kan net een mens se pyn vir net een dag minder maak. Waar jy wens jy kan in die bed le dat sy kan rondhardloop. Jy voel magteloos en moedeloos en flippen sad.

Toe gaan sit ek in die kindersaal. Ek laai die hartseerste dogtertjie op my skoot en sit net daar. Kinders verstaan soms so goed. Almal het net by my kom sit en ekt soveel van hulle in my arms probeer bymekaar maak as wat ek kon. Enetjie het Nkosi Sikelele gesing en die ander een van sy ander liedjies en verder het ons net gesit. Asof ons mekaar se hartseer vir ‘n rukkie verstaan het en om net te sit dit beter maak. Die dogtertjie met die geswelde magie want haar lewer gee in. Die seuntjie met die bloedlippie agv vigs se newereffekte, die seuntjie met die gebreekte armpie. Die vetterige klein dogtertjie wat waggel as sy loop. Die dogtertjie met meningitis met die groot ogies wat nie lag of huil nie, sy kyk net. En daar sit ons in die gang. Gelukkig net om mekaar te he vir daai rukkie.

Dit was die laaste uur van die dag stap ek kantoor toe, die dag swaar op my skouers. Ek wil net daar gaan sit tot 4h met die deur toe. Oppad stap ek verby die kinderterapie area, en daar sit die 3 malnutrition kindertjies saam ons OT assistent. Ek gaan sit toe maar ook daar en speel halfhartig met die kinders. Die assistent wys my toe die een seuntjie. Sy maak sy doek oop en op sy geslagsdele en anus is genital warts groter as ‘n golfbal. Hy sit sommer so skeef en le le so kantoe van die ongemak en pyn. Hy smile of lag nie. Sy wangetjies is opgeblaas en sy lyfie vol seertjies van die vigs. My hart breek. Blykbaar het sy mamma hom die maandag in die hospitaal gelos en weggehardloop. Sy ouma van 90 kyk al blykbaar die afgelope jaar na hom (hys 18 maande) en die mamma gee net nie om nie. Die mamma moes hom lankal hospitaal toe gebring het mar sy het net nie. Die polisie moes haar by die huis gaan haal om na haar kind in die hospitaal te bring. Sy hol toe weer weg. Ek kyk in sy ogies en dit voel nie asof daar ‘n einde aan my hartseer is nie.

Op dae soos dit is dit asof mens pens en pootjies binne in die hartseer van die lewe klim. Asof niks anders saakmaak nie. Hoekom eet? Hoekom slaap? Hoekom enigiets as daar ander mense is wat so sad is? Die feit dat ek vriende het en naweek het en gelukkig kan wees en van hulle vergeet maak nie dat hulle nie bestaan nie. En net omdat dit so sleg met so baie mense gaan beteken nie dis reg nie. Net omdat 100e kinders neglect word, maak dit nie beter vir elke individuele een nie, net omdat gesinne elke dag mense aan vigs verloor, maak dit nie minder hartseer nie, net omdat baie mense nie hulself kan voer of uit die bed kan opstaan nie maak nie vir ‘n oomblik ‘n verskil aan daai vrou wat op hierdie oomblik in daai bed le nie.

Soos ek huistoe ry wens ek ek het iemand gehad om by in te kruip en my kop op sy bors te sit en te se “eks hartseer” en hy sal net my hare vryf. Ek wil nie huil nie want dit maak nie ‘n verskil nie. Ek voel sleg dat ek hartseer is want dis nie my hartseer nie, watse reg het ek? As iemand is wat moet sad wees is dit al die mense hier bo. En somehow is daar nou en dan nog ‘n halwe smile, ‘n dankie, ‘n motiverende woord.

Jis hierdie simpel lewe maak nie sin nie.

Thandeka (to be loved)

Eksianna het gevra so ek gaan gou dit storie van thandeka vertel. Ironies, want my jaar in mpumalanga het met haar begin en sluit soort-van met haar af. My vorige blog het met haar begin. Gannie met haar afsluit nie.

Thandeka is nou 3 jaar oud. Sy het laasjaar November vir die eerste keer geloop. Sy is in die hospitaal gebore waar haar ma, klink my, tydens geboorte oorlede is. Thandeka is HIV positief. Haar ouma en geen ander familie wou haar he nie en dus het sy vir 3 jaar lank grootgeword in die hospitaal. As arbeidsterapeut kan ek verstaan hoekom sy glad nie kon loop nie. Begin laasjaar toe ek haar ontmoet kon sy nie eers kruip nie. Sy het geen stimulasie buite die hospitaal gekry nie, sy konnie haar “Enivorment” explore nie en dis hoe kinders leer. Syt geen motivering gehad om te kyk wat om haar is nie, want frankly, is daar baie dae waar sy nie eers buite gekom het nie. Syt ook nie daai konnektasie met ‘n ma of ‘n moeder-figuur kon maak nie en dus geen “veilige” basis vanwaar eksplorasie kon plaasvind nie. Magdom probleme, fisies, emosioneel, perseptueel, kognitief…en asof niemand dit kon verstaan nie.

Ek het by soveel sosiale werkers, verpleegters en dokters gesmeek om haar in ‘n kinderhuis te plaas maar niemand het omgegee nie. Sy kry mos kos. Daar is mos mense. Sy word na gekyk. Dit was meer politiek en luigeit as enigiets anders. Sy was almal anders se probleem en die wat kon help wou nie want niemand wou op tone trap nie. Ek was so moedeloos. Arbeidsterapie kon min bydra vanwee die emosionele probleme en sosiale probleme wat eers na gekyk moet word as mens aan kruip, loop en so wil werk. Die dinge gebeur in ‘n gewonde huissituasie vanself maar eers as dit nie daar is nie kom mens agter hoe “deprived” iemand kan raak.

My hart het gebreek vir haar. Sy was moody en huilerig mar as sy die dag aan jou vasklou dat KLOU sy en as die sessie verby is dan skree sy blou moord vir jou om terug te kom. Teen laasjaar november weeg sy 17kg. Sy lyk soos ‘n ouma in ‘n klein lyfie. Sy was nie meer siek nie, lankal nie meer nie, sy het net nie ‘n huis gehad nie.

Toe…laasweek kom ek eendag in die saal en vra na Thandeka. En wonder bo wonder is sy in ‘n kinderhuis geplaas. Ek konnie dit glo nie. Ek onthou nog hoe ek die eerste dag van werk vir haar gefluister het “kom aan, as jy dit kan maak dan sal ek dit kan maak. Ons sal die jaar oorleef.” En sy HET! Sy bly nou in ‘n kamer met 6 ander meisies. Sy gaan creche toe in die dag. Daar is ‘n arbeidsterapeut wat ek ken wat daar werk en ek weet sys in goeie hande. Sy gaan dit maak! Sy het ‘n kans in die lewe!!!

DANKIE JESUS!!!! Dat U aanhou veg as ons laaankaaaall opgegee het!

Mis op die berge

Elke oggend as sy opstaan stap sy eerste ding na die venster en loer na die weer. Meeste oggende is sonskyn. Partykeer reen en mistig, maar sy weet ook dat die weer baie anders lyk die bergpas af. Daarom meeste van die tyd in die somer dra sy ‘n kortmouhemp met ‘n trui.

Soms sien sy die sonskyn buite maar intuitief weet sy die mis en reen is oppad. Sy kan geen uiterlike teken daarvan sien nie, maar sy kan dit aanvoel in die lug. Die gevoel is bekend, soos die pad werktoe. Op sulke oggende pak sy koffie ook in. Sy is gewoonlik reg oor die gevoel. Paar kilo’s uit die dorp uit, om die tweede draai van die berg, raak die lig deinserig. Die mis le soos ‘n kombers op die berge. Die son verloor uiteindelik die stryd en gou kan sy net ‘n paar tree voor haar sien. Sy ken die oggende goed. She came to expect them.

Die saterdag kuier sy by ‘n vriendin in die dorpie langsaan hare. Sy het sleg geslaap en word wakker met ‘n hol kol op haar maag. Intuitief weet sy, dis een van daai oggende. Die son skyn maar die amper-naar gevoel los haar nie. Net voor middagete ontvang sy die nuus. Die naar stoot in haar keel op soos iets wat haar verstrengel. Sonder dat sy hoef op te kyk, weet sy dat die mis alreeds op die berg saamgepak het.

Goeie goed

My blog is besig om vir my bietjie emo te raak. Dalk is dit omdat ek net WAY te veel tyd het om te dink en daar nie veel gebeur distraction-wise nie. So hier is my attempt om minder emo te wees. My lysie van goed wat awesome was van die afgelope week:

– In sabie rivier afgaan met ‘n tube. Twee keer. Dis by verre die coolste ding van my week

– Met maatjies gekuier wat ek lanklaas gesien het

-AWESOME gesprek met die meisie wat saam my werk, oor godsdiens, kerk, dagga, die liefde, die lewe…you know

– Daar was vrede by die werk, my baas op haar eie mission en ek op myne, lekker besig, baie pasiente, awesome dae

– Om die vibe te voel as ‘n hele kampplek vol jongmense is en almal hang net daar rond en joke

– Nuwe, cool mense ontmoet met cool harte!

– Ou maatjies beter leer ken

– Gedans

– ‘n Pasient van my wat uiteindelik in ‘n kinderhuis geplaas is na 3 jaar in die hospitaal! (HIGHLIGHT)

– Sondagmiddagslapie…mmm…

– Lekker middagete saam my maatjies

– Vergifnis. Alle soorte.

All in all its a good life

‘n Eendag

Ek was gistraand in die kerk. Ja ek. Op ‘n woensdag. Gosh dit was boring. Die dude het Leviticus gedoen…sin offering, offering of….zzzzzzzzz…… 2 ure lank!! Elk geval, dis nie die punt nie. Die dude praat nogal cool. Ek dink my konsentrasie op ‘n woensdagaand is net 0. Maar die punt is nie om te moan oor kerk nie. Die punt is cooler.

Ek het gesit en die liedjie het vir my niks in particular beteken nie toe is ek soos “Jesus, vertel asb vir my iets, ek is nou hier en ek is nou stil…”

So, ek dink deesdae baie oor die huwelik en oor trou en ouens en so aan. En toe is dit asof die Here vir my se ek kyk verkeerd daarna. Ek (mens, almal…) is geneig om als uit ‘n selfsugtige oogpunt te sien. Wat kan ek benefit? Wat wil ek he? Wat as ek begin kyk na dating/ouens/trou uit God se perspective? Maw, wat as ek kan kyk, hoe gaan dit bydra tot die kingdom? Hoe kan my huwelik help om die wereld te verander?

Daars baie antwoorde, maar baie vrae ook wat verder hieruit spruit… Hoe gaan hierdie verhouding waarin ek is lyk oor 5 jaar? Wat gaan hierdie geveg wat ons nou het verander in die toekoms in ons verhouding? Wat is die punt van wat ek nou doen? Breek dit af of bou dit? Gaan die scars los of bring dit healing? Maak dit seer of maak dit heel?

En die implikasies is eindeloos
– seksueel
– konflikhantering
– emosioneel
– kinders eendag
– toekomsplanne
– drome
– hoe jou werk hier inpas

En ekt nie die antwoorde nie. Vrek, ekt nie eers al die vrae nie. Dis maar net ‘n gedagte wat God in my kop ingesit het gistraand. En om net te reconfirm (want mens weet dit maar mens vergeet) dat vandag se seer nie vir ewig is nie. Vandag se seer is dalk beter as 5 jaar van nou af se seer. Vandag se laat gaan is beter as eendag se gemors. Om nie seer te kry nie is nie die punt nie. Om jouself te equip om ‘n vrou/man te wees wat ongselfsugtig gee in ‘n huwelik eendag. Dis die punt. Vir my. En ek hoop dat God dit altyd by my kan terugbring as ek dit vergeet.

Dis way makliker om nie die punt te wees nie. As ek net ten volle kan begryp dat die wereld nie om my draai nie sal dit baie beter met my gaan…:-)