‘n Eendag

Ek was gistraand in die kerk. Ja ek. Op ‘n woensdag. Gosh dit was boring. Die dude het Leviticus gedoen…sin offering, offering of….zzzzzzzzz…… 2 ure lank!! Elk geval, dis nie die punt nie. Die dude praat nogal cool. Ek dink my konsentrasie op ‘n woensdagaand is net 0. Maar die punt is nie om te moan oor kerk nie. Die punt is cooler.

Ek het gesit en die liedjie het vir my niks in particular beteken nie toe is ek soos “Jesus, vertel asb vir my iets, ek is nou hier en ek is nou stil…”

So, ek dink deesdae baie oor die huwelik en oor trou en ouens en so aan. En toe is dit asof die Here vir my se ek kyk verkeerd daarna. Ek (mens, almal…) is geneig om als uit ‘n selfsugtige oogpunt te sien. Wat kan ek benefit? Wat wil ek he? Wat as ek begin kyk na dating/ouens/trou uit God se perspective? Maw, wat as ek kan kyk, hoe gaan dit bydra tot die kingdom? Hoe kan my huwelik help om die wereld te verander?

Daars baie antwoorde, maar baie vrae ook wat verder hieruit spruit… Hoe gaan hierdie verhouding waarin ek is lyk oor 5 jaar? Wat gaan hierdie geveg wat ons nou het verander in die toekoms in ons verhouding? Wat is die punt van wat ek nou doen? Breek dit af of bou dit? Gaan die scars los of bring dit healing? Maak dit seer of maak dit heel?

En die implikasies is eindeloos
– seksueel
– konflikhantering
– emosioneel
– kinders eendag
– toekomsplanne
– drome
– hoe jou werk hier inpas

En ekt nie die antwoorde nie. Vrek, ekt nie eers al die vrae nie. Dis maar net ‘n gedagte wat God in my kop ingesit het gistraand. En om net te reconfirm (want mens weet dit maar mens vergeet) dat vandag se seer nie vir ewig is nie. Vandag se seer is dalk beter as 5 jaar van nou af se seer. Vandag se laat gaan is beter as eendag se gemors. Om nie seer te kry nie is nie die punt nie. Om jouself te equip om ‘n vrou/man te wees wat ongselfsugtig gee in ‘n huwelik eendag. Dis die punt. Vir my. En ek hoop dat God dit altyd by my kan terugbring as ek dit vergeet.

Dis way makliker om nie die punt te wees nie. As ek net ten volle kan begryp dat die wereld nie om my draai nie sal dit baie beter met my gaan…:-)

Advertisements

3 Responses to “‘n Eendag”


  1. 1 ekisanna Februarie 4, 2010 om 8:49 nm

    Wonder of jy al Purpose Driven Life gelees (deurgewerk) het. Dit begin met die woorde: “It’s not about you.” Dan in die tweede paragraaf lees dit: “…you must begin with God. You were born by his purpose and for his purpose.” Rings a bell?

    Ek is jammer oor jou seer van nou, maar soos jy self se: “…vandag se seer nie vir ewig is nie.” Sterkte vir jou.

  2. 2 Cara Meintjes Februarie 7, 2010 om 11:15 nm

    Wow, wat ‘n cool blog. Ek stem saam… dalk is vandag seer beter as eendag seer, wanneer soveel meer “at stake” is. Ek en Dorette het juis vandag daaroor gepraat.

    Regtig baie wysheid.

    By the way, Sex God van Rob Bell het my baie excited gekry oor hoe goeie huwelike bydra tot die koninkryk van God. Kan nou nie, um, presies 100% onthou hoekom nie, maar ek weet dit was huwelik + kingdom = awesome.

    Keep writing lady 🙂 Jammer ek loer so min in.

  3. 3 karliendupreez Februarie 8, 2010 om 5:33 nm

    Hey! Ek dink ekt purpose driven life al gehad maar verseker nog nie klaargelees nie. Dalk was dit iemand anders se boek. Sal uitkyk daarvoor. En ja Cara ek LOVE sex God dis soos my fave boek!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: