Thandeka (to be loved)

Eksianna het gevra so ek gaan gou dit storie van thandeka vertel. Ironies, want my jaar in mpumalanga het met haar begin en sluit soort-van met haar af. My vorige blog het met haar begin. Gannie met haar afsluit nie.

Thandeka is nou 3 jaar oud. Sy het laasjaar November vir die eerste keer geloop. Sy is in die hospitaal gebore waar haar ma, klink my, tydens geboorte oorlede is. Thandeka is HIV positief. Haar ouma en geen ander familie wou haar he nie en dus het sy vir 3 jaar lank grootgeword in die hospitaal. As arbeidsterapeut kan ek verstaan hoekom sy glad nie kon loop nie. Begin laasjaar toe ek haar ontmoet kon sy nie eers kruip nie. Sy het geen stimulasie buite die hospitaal gekry nie, sy konnie haar “Enivorment” explore nie en dis hoe kinders leer. Syt geen motivering gehad om te kyk wat om haar is nie, want frankly, is daar baie dae waar sy nie eers buite gekom het nie. Syt ook nie daai konnektasie met ‘n ma of ‘n moeder-figuur kon maak nie en dus geen “veilige” basis vanwaar eksplorasie kon plaasvind nie. Magdom probleme, fisies, emosioneel, perseptueel, kognitief…en asof niemand dit kon verstaan nie.

Ek het by soveel sosiale werkers, verpleegters en dokters gesmeek om haar in ‘n kinderhuis te plaas maar niemand het omgegee nie. Sy kry mos kos. Daar is mos mense. Sy word na gekyk. Dit was meer politiek en luigeit as enigiets anders. Sy was almal anders se probleem en die wat kon help wou nie want niemand wou op tone trap nie. Ek was so moedeloos. Arbeidsterapie kon min bydra vanwee die emosionele probleme en sosiale probleme wat eers na gekyk moet word as mens aan kruip, loop en so wil werk. Die dinge gebeur in ‘n gewonde huissituasie vanself maar eers as dit nie daar is nie kom mens agter hoe “deprived” iemand kan raak.

My hart het gebreek vir haar. Sy was moody en huilerig mar as sy die dag aan jou vasklou dat KLOU sy en as die sessie verby is dan skree sy blou moord vir jou om terug te kom. Teen laasjaar november weeg sy 17kg. Sy lyk soos ‘n ouma in ‘n klein lyfie. Sy was nie meer siek nie, lankal nie meer nie, sy het net nie ‘n huis gehad nie.

Toe…laasweek kom ek eendag in die saal en vra na Thandeka. En wonder bo wonder is sy in ‘n kinderhuis geplaas. Ek konnie dit glo nie. Ek onthou nog hoe ek die eerste dag van werk vir haar gefluister het “kom aan, as jy dit kan maak dan sal ek dit kan maak. Ons sal die jaar oorleef.” En sy HET! Sy bly nou in ‘n kamer met 6 ander meisies. Sy gaan creche toe in die dag. Daar is ‘n arbeidsterapeut wat ek ken wat daar werk en ek weet sys in goeie hande. Sy gaan dit maak! Sy het ‘n kans in die lewe!!!

DANKIE JESUS!!!! Dat U aanhou veg as ons laaankaaaall opgegee het!

Advertisements

1 Response to “Thandeka (to be loved)”


  1. 1 ekisanna Februarie 8, 2010 om 8:34 nm

    DANKIE JESUS!!!! dat U mense soos Karlien stuur om U hande en voete op aarde te wees – dit klink vir my meer van toepassing hier. Dankie dat jy vertel het Karlien. Ons wat nie met sulke kindertjies te doen kry nie, verstaan nie die reuse werk wat julle mense (nie net arbeidsterapeute nie, maar almal wat betrokke is)doen nie. Ek is so bly vir klein Thandeka… en vir jou.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: