Net nog ‘n dag

Gister was een van daai dae.

Ek kom die oggend by die werk en op ‘n print ek iets in die kantore en ek sien iemand se obituary daar le. Ek lees dit en kom toe agter dis ‘n pasient van my. Gewees. Sy het Vigs gehad en konnie meer loop nie (die virus het haar senuwee aangeval so sy was soos ‘n parapleeg) en toe is sy so twee weke my pasient en toe is sy pretoria akademies toe om te probeer uitfigure wat fout is. En toe is sy net dood. Ek sou dalk nie eers geweet het nie as ek nie die obituary gesien het nie. En ekt so baie met haar gewerk, elke dag vir 2 weke, en ek konnie haar gesig onthou nie. Ek onthou dat sy altyd ‘n mussie gedra het en gevra het oor haar kondisie, maar ek konnie haar gesig onthou nie.

Sy was ‘n klerk by die hospitaal so daar was ‘n roudiens vir haar gister oggend. Ek het na so stukkie gegaan. Ek konnie veel verstaan nie maar dit was awesome. Ek kon vang dat die klem op haar lewe is en hulle het liedjies soos “praise God” en “Lord is good” gesing. Al is sy dood is God nog goed. Elkeen val sommer in wanneer hy wil en sing. Dis chaos maar so mooi. Ek het saamgesing al ken ek nie die taal of die liedjie nie.

Daarna het ek en my vriendin wat saam my werk speelgoed uit die stoor gevat wat net daar le en in die kindersaal gaan uitdeel. Dit was baie lekker. Ekt fotos geneem van dogtertjies met padda-ogies aan en dit was so lekker om die seuntjies te sien strate bou en met karretjies speel. Dis lekker by die kinders. Maak nie saak hoe bad dit gaan nie, voel asof dit een of ander manier okay sal wees. Hulle bounce so vinnig terug.

Toe later daardie dag gaan ek weer na ‘n ander pasient toe. Ek was die oggend daar maar wou haar net weer gaan sien vir paar oefeninge. Toe ek daar kom het niemand nog haar kos vir haar gegee nie. Syt ook vigs, maar vir ander rede kan sy nie haar arms of bene beweeg nie. Niemand kon nog eintlik die diagnose uitfigure nie, van laasjaar oktober kan sy nie eintlik beweeg nie. Ek het ook al al die opsies waaraan ek kon dink uitkanselleer. Niemand weet wats fout nie. So toe ek daar kom le haar kos nog met die wrapping oor langs haar bed. Haar bene is so dun dat daar nie meer spier op haar kuite is nie. Dis letterlik vel en been. Mar sys vriendelik en gesels altyd lekker, so eks nooit te hartseer om met haar te werk nie. Maar daai dag het haar gesin nie kom kuier nie, dit was net te ver om elke dag te kom. En die susters was te “besig” om haar te voer. En daar staan haar kos… Ek help haar toe eet en sy se vir my “Why are you so generous? If only everyone could be like you.” Ek dog my hart breek. Ek was nie generous nie. Eks glad nie. Weet sy nie hoe selfsugtig ek soms is nie? Weet sy nie hoe baie ek aan myself dink en hoeveel meer ek vir ander kan doen nie? Weet sy nie hoe baie ek kwaad of ongeduldig raak nie? Eks nie generous nie! Om iemand te help eet en om my werk te doen is nie generous nie! Dis die middel. Dis wat almal moet doen. Ai. My hart breek vir haar.

Toe is ek weer kindersaal toe. Die dag het my amper op gehad. Daai dae waar die hartseer net oor jou wash en dit net te veel is. Waar jy wens jy kan net een mens se pyn vir net een dag minder maak. Waar jy wens jy kan in die bed le dat sy kan rondhardloop. Jy voel magteloos en moedeloos en flippen sad.

Toe gaan sit ek in die kindersaal. Ek laai die hartseerste dogtertjie op my skoot en sit net daar. Kinders verstaan soms so goed. Almal het net by my kom sit en ekt soveel van hulle in my arms probeer bymekaar maak as wat ek kon. Enetjie het Nkosi Sikelele gesing en die ander een van sy ander liedjies en verder het ons net gesit. Asof ons mekaar se hartseer vir ‘n rukkie verstaan het en om net te sit dit beter maak. Die dogtertjie met die geswelde magie want haar lewer gee in. Die seuntjie met die bloedlippie agv vigs se newereffekte, die seuntjie met die gebreekte armpie. Die vetterige klein dogtertjie wat waggel as sy loop. Die dogtertjie met meningitis met die groot ogies wat nie lag of huil nie, sy kyk net. En daar sit ons in die gang. Gelukkig net om mekaar te he vir daai rukkie.

Dit was die laaste uur van die dag stap ek kantoor toe, die dag swaar op my skouers. Ek wil net daar gaan sit tot 4h met die deur toe. Oppad stap ek verby die kinderterapie area, en daar sit die 3 malnutrition kindertjies saam ons OT assistent. Ek gaan sit toe maar ook daar en speel halfhartig met die kinders. Die assistent wys my toe die een seuntjie. Sy maak sy doek oop en op sy geslagsdele en anus is genital warts groter as ‘n golfbal. Hy sit sommer so skeef en le le so kantoe van die ongemak en pyn. Hy smile of lag nie. Sy wangetjies is opgeblaas en sy lyfie vol seertjies van die vigs. My hart breek. Blykbaar het sy mamma hom die maandag in die hospitaal gelos en weggehardloop. Sy ouma van 90 kyk al blykbaar die afgelope jaar na hom (hys 18 maande) en die mamma gee net nie om nie. Die mamma moes hom lankal hospitaal toe gebring het mar sy het net nie. Die polisie moes haar by die huis gaan haal om na haar kind in die hospitaal te bring. Sy hol toe weer weg. Ek kyk in sy ogies en dit voel nie asof daar ‘n einde aan my hartseer is nie.

Op dae soos dit is dit asof mens pens en pootjies binne in die hartseer van die lewe klim. Asof niks anders saakmaak nie. Hoekom eet? Hoekom slaap? Hoekom enigiets as daar ander mense is wat so sad is? Die feit dat ek vriende het en naweek het en gelukkig kan wees en van hulle vergeet maak nie dat hulle nie bestaan nie. En net omdat dit so sleg met so baie mense gaan beteken nie dis reg nie. Net omdat 100e kinders neglect word, maak dit nie beter vir elke individuele een nie, net omdat gesinne elke dag mense aan vigs verloor, maak dit nie minder hartseer nie, net omdat baie mense nie hulself kan voer of uit die bed kan opstaan nie maak nie vir ‘n oomblik ‘n verskil aan daai vrou wat op hierdie oomblik in daai bed le nie.

Soos ek huistoe ry wens ek ek het iemand gehad om by in te kruip en my kop op sy bors te sit en te se “eks hartseer” en hy sal net my hare vryf. Ek wil nie huil nie want dit maak nie ‘n verskil nie. Ek voel sleg dat ek hartseer is want dis nie my hartseer nie, watse reg het ek? As iemand is wat moet sad wees is dit al die mense hier bo. En somehow is daar nou en dan nog ‘n halwe smile, ‘n dankie, ‘n motiverende woord.

Jis hierdie simpel lewe maak nie sin nie.

Advertisements

2 Responses to “Net nog ‘n dag”


  1. 1 ekisanna Februarie 12, 2010 om 8:55 nm

    Ai Karlien wat kan ek vir jou se. Niks eintlik nie want om net jou blog te lees maak my hartseer so ek weet regtig nie hoe jy dit uithou om elke dag met hulle te werk nie. Dan kerm en kla ons asof die hele lewe en wereld teen ons is. Wil maar net se in my gees en gedagtes steun ek jou en gee jou ‘n stywe druk. Sterkte jong.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: