weghardloop

Na ‘n jaar in ‘n klein dorpie en weg van almal en alles af is terugkom…interresant. Ek is al die afgelope 3 dae besig om my kamer in my ouers se huis op te pak. Ongelooflik hoe baie gemors mens in 24 jaar kan versamel.

Vreemde hoe dinge verander in ‘n jaar. Een oomblik swot jy, dan is jy so in die middel en jou hele toekoms le voor jou, en die volgende oomblik is dit HIER. Al daai dinge wat jy gedink het jy nooit hoef oor te wonder nie, besluite wat jy oortuig was JY sal vryspring, skielik is dit op jou. Jy kry ‘n kredietkaart, polisse, en skielik weer sars van jou! Jyt elke week pos maar niemand stuur vir jou ‘n briefie nie. Dis scary.

Ek het gister saam twee van my beste vriendinne gekuier. Dit was lekker. Anders. Waar ons gewoonlik nie sou uitmis op die kans op ‘n glasie wyn, hoe hakke en die dansvloer nie is dit nou fliek en koffie by die huis. In plaas van gesels oor waar om uit te gaan of die volgende vakansie te beplan praat ons oor verlowings en toekomsplanne. Waar gaan ons werk en wie gaan wanneer trou.

Trou.

Oh my word. Nie gedink ek gaan ooit oor daai een hoef te dink nie.

Al hierdie nuwe dinge maak dat ek wil head for the hills. Wie het gese eks reg vir grootword?

Ek wonder oor weghardloop, bly waar ek is, oor die 9-5 in my toekoms en oor ringe. Ek het nog nooit oor ringe gewonder nie. Eish.

Ek le in die bad en wonder oor die toekoms. Hoekom ek nooit wil rustig wees nie. Hoekom ek hierdie permanente angs het vir alles wat die woord “settle” bevat. Hoe sal ek ooit op een plek kan bly, een ding kan doen? Wat gaan word van my in hierdie wereld waar daar reels, en belasting en medies is? Ek is 24 maar ek voel soos 18! Ek kannie ‘n regte werk doen en betaal word daarvoor nie, eks te jong, te deurmekaar!

Ek wonder as ek vir ‘n oomblik stilstaan, of ek uiteindelik gaan agterkom waarvoor ek weghardloop. En dink ek weer, se nou ek staan stil, en dit vang my? Die ding wat die heeltyd in my nek afblaas…

Ek sit in my kamer.

Ek kyk na my bankstate, my laptop, die gemors om my, waaraan klou ek vas en waarvan hardloop ek weg??

Ek wonder…

waar is daai tequila…

Advertisements

2 Responses to “weghardloop”


  1. 1 Frances Maart 10, 2010 om 10:46 nm

    Skat.ek love hoe jy skryf,jouself verduidelik,dink en voel oor die lewe!jys so my person.ai,ja waar is die amaroela,wyn,die dae van jonk wees sonder kommer,die lewenslustigheid,die najaag van drome…eks bang om in daai groef vas gevang te word van boring stuck-up ‘tee partye’ waar die vrouens praat oor wonderlike mans,en O, die soetse kinders terwyl hulle diep binne hulle skree vir ontsnapping van hul eentonige lewens…is dit regtig waar oor ‘groot word’ gan??en tog is geld altyd die groot faktor..ai

  2. 2 Cara Meintjes Maart 10, 2010 om 11:34 nm

    Hahaha!
    Ek weet dis ‘n ernstige blog, maar ek love die punchline 😉

    Kan nie wag om jou te sien nie.

    Ons gaan hierdie grootword ding handle… vat vir God saam. En jou vriende. Watch maar.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: