Die tragedie van verlief wees

Ek kannie eet of slaap nie. Eks emosioneel en huilerig. Ek google my simptome omdat ek vermoed ek lei aan depressie of een of ander persoonlikheidsversteuring. Ek soek ‘n sielkundige se nommer op in die foonboek. Ek ken nie myself so nie.

Ek besef ekt eintlik heeltyd geweet wat aangaan. Eks flippen verlief dammit! Ek besef dit met dieselfde beseffing wat iemand het as hul tot die dood gevonnis word. Alles om my draai en ek sukkel om asem te kry.

Watse bog is dit nou? Op hierdie tyd van my lewe? Dis nou mos nonsens!

Ek bedoel, ek word nie verlief nie. Die mure om my hart was op, daar was electric fencing, even ‘n rotweiller wat die terrain patroleer het. Ek dink terug en probeer uitfigure hoe dit gebeur het. Ek onthou hoe ons gekuier het, lekker gesels het, gelag het, hoe ek by hom net kon wees sonder skaamwees oor enigiets.

Ek verstaan nogsteeds nie waar ek my guard laat sak het nie. Ek vry al in die bondel vandat ek 16 is, partykeer asof dit ‘n olimpiese item is, so ek weet van my eie hart beskerm. Ek kan vakansieromanse doen asof ek die “Idiot’s guide” daaroor geskryf het. Ek weet van wegstap en vergeet en nie verlore raak en nie stukkies van myself gee  nie.

Ek was nog net twee keer in ‘n regte verhouding, waarvan een so groot disaster was dat ek dink om dit ‘n verhouding te noem is ‘n belediging. Eks so bang vir commitment soos ‘n kapenaar vir joburg  se paaie, so toe ek meer as ‘n paar maande vooruit begin dink moes ek geweet het hiers fout.

Hier kom seer.

Dit kom mos altyd voor mens kan keer.

Ek trek kaaptoe en hy is in die laeveld. Nou moet ons van mekaar vergeet. VRIENDE wees! Dit word amper soos ‘n vloekwoord in my woordeskat.

Ons probeer vriende-wees forseer en elke dag is soos om weer en weer jou verstandtande uit te haal. Dis hel. Hoe het ek verlief geraak op hierdie man? Op iemand van die laeveld? Ek pride myself nog altyd daarin dat ek van die stad af is! Enigiets verder as 15km van die naaste fliek is teen my beginsels.

Maar hierdie man…met sy sagte stem en sy hart wat sterker is as ‘n leeu sn. Hoe hy geduld met my het, my moods kan dissolve deur net vir my te se “maatjie.” My kan maak lag en kan maak fietsry (al was fisiese aktiwiteit ook teen my beginsels.) Ek dink oor hoe ons verskil maar ons harte dieselfde klop. Ek wonder oor die lewe. Oor seerkry. Oor wat mens nou als moet bereid wees om op te gee vir die liefde.

Ek het flippenwil nog nooit so gevoel nie! I am an independent woman, for goodness sake!

Ek onthou die skelm soentjies en die lag en die rustig word…

Ek onthou sy hartklop en sy hande…

Ek probeer vergeet maar eks nie eers meer seker hoe om dit te doen nie.

Ek wonder hoe ek oor hom gaan kom. Ek wonder oor tequila (en raak bietjie bekommerd dat dit deesdae my oplossing vir als is). Ek wonder oor iemand anders vry. Ek besef eks besig om belaglik te wees en gaan sit maar by Jesus. Love dit hoe ons maar net by Hom kan sit. Hy wink my nader en ek sit op Sy skoot.

Ek se vir Hom “Pappa my hart is op die vloer! Wat nou? Hoekom moet dit met my gebeur?”

Die trane loop en ek sien hoe hy dit saggies afvee.

“Pappa ek mis hom meer as enigiemand ooit, ekt nie geweet mens kan iemand so baie mis nie!”

Hy se vir my om te kalmeer en nie so dramaties te wees nie. Ek sien hoe lag Hy liefdevol vir my drama.

Ek vertel hom dat ek nie weet of ek die pyn kan hanteer nie, ek kry nie asem nie. Ek weet nie meer van die toekoms nie en ek haat grootword.

Jesus trek my nader en vryf oor my wang en oor my hare. Ek kan sien hoe glimlag Hy vir hierdie meisie wat so vinnig ontsteld kan raak en so emosioneel is. Ek raak rustiger en onthou dat Hy my gemaak het, dat Hy my verstaan. Ek begin bietjie vir my eie drama lag.

Ek huil nie meer nie en vertel vir Hom dat ek my laeveld maatjie mis en dat ek elke oomblik hom wil bel en wil vertel van my dag en heeltyd aan hom dink.

Jesus se vir my “Dit gaan ook okay wees. Ek belowe.”

“Jesus, vertel my net hoe. Gaan ons bymekaar kom? Hoe lyk die toekoms? Moet ek trek? Wat moet ek doen? Ek wil net weet, vertel my net ‘n stukkie van die toekoms” smeek ek, desperaat.

“Vertrou my net” vertel my Pappa vir my “Alles gaan okay wees.”

Lank sit ek op Sy skoot tot die trane verdwyn en my hart stadiger klop. Ek raak rustig en stil by die liefde van my lewe. By my Pappa.

“Goed” se Jesus vir my “vertel my van jou dag.”

Ek le my laeveld-verliefdheid by ons Pappa se voete neer. Maar aan my binnekant hou ek die kleinste stukkie hoop, net omdat ek nog nie kans sien vir heeltemal laat gaan nie, dat as die tyd reg is, hy my sal kom haal in die kaap en terugbring na hom toe. Terugbring huistoe.

Advertisements

3 Responses to “Die tragedie van verlief wees”


  1. 1 ekisanna Maart 12, 2010 om 5:55 nm

    Ja jong, hier sit ek nou met ‘n groot smile op my gesig want al is dit baie jare gelede onthou ek nog so goed hoe dit voel… en ongelukkig is daar nie pille vir dit nie, maar jy is op die regte plek, op jou Pa se skoot. Daar is ‘n ou gesegde: “Ons wik, maar God beskik”… vertrou net, Hy weet wat die beste is vir jou en wat dit ookal is, STERKTE! my maatjie.

  2. 2 Cara Meintjes Maart 13, 2010 om 4:28 nm

    karlien!

    … my hart gaan uit na jou. ek sien jou binnekort dan kan ons lekker gesels 🙂

    jou blog is steeds uitstekend btw.

  3. 3 Jaco Venter Maart 17, 2010 om 2:38 nm

    Ons Pappa het al gister gese ek moet vir jou hierdie woord gee.
    Rom 8:28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit geroep is.
    En jy is geroep. Jy moet net geduldig wees, as hierdie man jou man is, sal hy sonder enige iets wat jy hoef te doen, by jou voordeur land. Ek weet, dat jy weet Hy is getrou. Jy moet net geduldig wees, want Hy is ‘n “stunning, awesome” Pappa.

    Ek wil iets anders vir jou leer as jy wil. As jy jou eie gebedstaal het, kan jy oor jouself profeteer. Vra vir Pappa dat Hy vir jou die vermoë sal gee om jou eie taal uit te lê. Voor jy begin sê net “dogter moenie bang wees nie” en begin in jou taal te praat en stop dan en sê wat in jou hart opkom. Die eerste keer wat ek dit gedoen het, het ek gestop, want ek het nog nooit sulke mooi woorde oor my self gehoor nie. As jy nie ‘n taal het nie, vra vir Pappa. Hy sal vir jou dit gee. Hy sê ek moet vir jou Joh 1:14 ook gee.

    Groete en sterkte
    Jaco Venter


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: