groot dinge

Okay so eks nie die mees emosionele mens in die wereld nie. Ek dink ekt laas in Lion king gehuil. Ek haat soppy movies. Ek lees nie Francine Rivers nie en ek deel nie my gevoelens met mense nie. Behalwe vir so 5 van my closeste vriende weet meeste mense nie wat in my hart aangaan nie. Ek dink meestal oor dit ‘n scary, scary plek is met meer moods as Malema, maar ek is maar net nie een van daai mense nie. Jy moet lank saam my spandeer of my lank ken voor jy weet wat aangaan.

Dis goed op een manier want ek dink nie dis nodig vir die wereld om te weet wat aan mens se binnekant aangaan nie. Maar aan die ander kant deal ek met baie dinge nie so goed soos ander nie want ek gesels met min mense daaroor. En dan pop dit eendag uit in die vorm van road rage of ‘n diep gat van depressie een aand as ek besef ek verstaan myself glad nie. Dis seker maar hoekom ek blog en verslaaf raak aan facebook. IEwers moet dit uit.

Elk geval, meeste van die tyd is ek in denial. Ek stres nie maklik nie. Ek dink nie ekt al ooit vir ‘n toets gestres nie. Ek weet nie hoe dit voel om te worry oor punte nie. Meeste van die stres wat ek beleef is sosiale stres. Ek onthou pertinent toe ek my eks ou se ma moes ontmoet die dag, gelukkig het hy dit sneaky gedoen voor ek besef, maar die karrit soontoe was erg. Ek stres nie vir voor mense praat nie, ek partykeer is ek die ekstrovert-persoonlikheid maar partykeer is ek stil en het niks om te se nie. Veral rondom meisies is ek minder op my gemak. So die enigste stres wat ek ken is sosiale stres, waar om my tyd te spandeer, vir wat om nee te se sodat ek vir iets anders kan ja se, gaan my ma kwaad wees as ek haar weer nie die naweek sien nie…sulke goed. Maar oor trek, toekomsbesluite, toetse, public speaking en die dinge waar oor ander stres het ek ‘n saak. Ek maak net of dit nie gaan gebeur nie en handle dit soos dit kom. Eks impulsief in meeste van my besluite of net plain besluitloos en hou aan rondspring tussen opsies.

So toe land ek nou gister in die kaap. Vir twee weke pak ek, sien menste vir die laaste keer, se bye sonder trane want dis flippen soppy, en duck my ma want sy huil heeltyd as sy my sien. Ek maak die praktiese relings van wie ry saam, hoeveel bokste kan in my kar pas en waar gaan ek bly. Ek raak hartseer vir klein, sporadic oomblikke maar meestel is ek rustig.

En toe ek gister stop toe tref dit my soos ‘n baksteen. Ek het nie meer ‘n huis nie. Ek het my ouers gelos, al die vriende wat ek ken, werksgeleenthede en ‘n comfort zone…om 1400km te trek. Sonder ‘n regte plan. Net ‘n vae-idee van wat moet gebeur. Daar is mense om my, almal vra vrae,  braai, skink wyn en gesels…ek wil net huil, myself in die badkamer toesluit of terugry huistoe (wie gee om of ek nounet 15 ure in die kar was?)

Ek vra my vriendin om saam te stap kar toe en huil soos ‘n babatjie.

Ek besef hieride was ‘n groter stap as wat ek gedink het. Ek kom agter dat my tong vol seertjies is en die binnekant van my mond stukken gekou soos ek van stres op my tanne kners. Eks al twee weke lank moody en geirriteerd (en nee dis nie pms nie.) Dis net dat ek trek.

Ek dink die is ‘n vreemde tyd in mens se lewe. Jys klaar geswot. Jy moet besluite maak oor ‘n toekoms, oor vriende, ‘n werk, ‘n lewe… Daars min stabiliteit en min dinge is soos dit was toe jy ‘n student was. Daar’s regte verantwoordelikhede en regte gevolge vir besluite.

My plan is om elke dag te vat soos dit kom. Eks bang vir die verkeerde besluit, bang vir commit en bang vir teruggaan want dan is dit soos stilstaan.

Maar Jesus het Sy plan en ek voel rustig in Sy hande. Eks seker dat Hy hier betrokke is, al is ek nie seker wat is Hy en wat is ek nie. Ek word gebless en voel veilig in Sy arms.

Eish…die lewe tog…

Advertisements

3 Responses to “groot dinge”


  1. 1 Walton Maart 17, 2010 om 2:20 vm

    WEET net jy is in God se hande…en uit persoonlike ervaring is daar geen beter plek om te wees nie. Cliche, maar daar is ‘n rede hoekom dit al so lank die waarheid is

  2. 3 Vabond April 5, 2010 om 3:56 nm

    Sjoe. Tough dinge. Waar in die kaap? Ek sit ook nou met sulke besluite, maar ek sê vir myself dis waar ons die meeste groei -uit die comfort zone


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: