Nooit genoeg nie

Dis elke keer vir my vreemd om terug te kyk in my lewe. Ek is ‘n stadmeisie en voor varsity nie regtig aan enigiets anders gedink as om famous te word, ryk te wees en te trou nie. Ek het aan arm mense gedink en hulle jamemr gekry en myself ‘n christen genoem en geglo my drome is noble en so aan.

Toe gaan swot ek arbeidsterapie en ek sien stukkende mense, mense wat nie kan beweeg in hul eie beddens nie, dooie oe, mense wat so arm is hulle kannie hospitaal toe kom nie, mense wat so stukkend is aan hul binnekant dat hulle glo hulle is God, stemme hoor en ander mense verskriklik seermaak. Mense wat nie hoop of liefde of enigiets anders ken behalwe pyn nie. Maar ook sterk mense. Mense wat opstaan en aanhou, quadruplee wat besighede het en bestuur, mense wat op hul sterfbed is en vir ander omgee en bid. Mense wat lewe en hoop uitdeel.

Ek het stadigaan begin besef daar moet meer wees, al wou ek met elke sekonde weghardloop. En toe moet ek gemeenskapsdiens doen in bosbokrand. Ek was verskriklik kwaad en verontwaardrig. Weet God dan nie ek wil ‘n aktrise wees nie? Hoekom stuur hy my nie kaaptoe nie ek wil nog altyd daar bly? Weet hy nie ek love die stad en haat klein dorpies nie? Wat gaan aan?

God indulge nie ons comforts nie, maar ons needs.

Ek het weereens geleer van arm, van hartseer, van mense, van harte, van hoop gee en hoop wegvat, van gebed, frustrasie, liefde, pyn, seerkry, haat…. Van dinge van die lewe.

Ek besef al hoe meer dat die enigste manier om jou lewe te bewaar is om dit weg te gee. Nie stukke daarvan nie, nie ure of oomblike nie, nie deeltjies in jou dag nie, nie jou gebed in die aand nie, maar alles. Flippen elke laaste deeltjie van jou hart.

Ek is al so week en ‘n bietjie in die kaap e ek voel bietjie…leeg. Pragtige berge, lekker om tyd te he om koffie te drink en vriende te kuier en so aan, maar…there’s gotta be more than life. There are people DYING OU THERE!! Nie net fisies nie maar hulle binnekante is seer…dood.

Ek besef net ek soek die verkeerde goed. Verkeerde comforts. En God maak net deure oop na die arm, hartseer, gebroke mense en ek word elke dag meer dankbaar daarvoor. As mens op jou eie is in jou eie gedagtes raak mens self-absorbed in jou eie probleme. Maar vandag het ek die blessing gehad om vir my werk atlantis toe te gaan en daar te gaan werk begin, wat ek vir ide jaar deeltyds mee besig gaan wees. Dis ongelooflik. Dit maak mens humble. Klaskamers vna 24 kinders wat soos sardinetjies ingedruk is in ietsie kleiner as meeste mense se kombuise. Skole waar ‘n inbraak elke tweede dag die norm is. Kinders wat huil, meisies wat swanger is, mense wat moed opgee en mense wat aanhou moed he.

Niks anders maak sin behawel om ons lewens op te gee nie. En eks lucky. Ek kan terugkom en kom koffie drink en op my laptop blog hieroor terwul ek R16 se koffie drink omdat die view mooi is. Ek kan vannaand in ‘n bed slaap. Ekt oorskiet pizza wat ek vir drie dae lank nog nie kon eet nie want eks lucky genoeg om kos te he.

Lord, I dont want to give up this life. But I want to want to. I want to give everything. Ek wil kan sterf en daardeur lewe. Ek wil mense help en dis dit. Ek wil baie ander goed ook, maar besef niks gee lewe soos om als te gee nie. Hoe sal ek weet though, ek gee seker 2% op die oomblik. Maar daai 2% is so rewarding in homself. En ek begin net so sneaky feeling kry dat ons dit als verkeerd het… Dat waarna ons strewe net dood sal bring… Dat dit waarop ons hoop niks beteken nie… Dat niks behalwe God lewe gee nie en al hoe jy God kan vind is deur te sterf in jouself en al hoe jy dit kan doen is vir ander lewe.

Ek bid dat God my hart met hierdie waarheid deurtrek. Dat Hy my willing sal maak om als op te gee. Alles. Whatever it takes.

Advertisements

2 Responses to “Nooit genoeg nie”


  1. 1 ekisanna Maart 24, 2010 om 5:38 nm

    Sjoe jong, in my geestesoog sien ek die engele jubel en ‘n groot glimlag op Die Meester se gesig… “hierdie kind van My leer vinnig”. Die wonder van dit alles Karlien, is dat hoe meer jy hierdie dood wat jy voor vra sterf, hoe meer sal jy lewe in oorvloed ontvang… dit is eenvoudig hoe dit werk.

  2. 2 Vabond April 5, 2010 om 4:09 nm

    ‘People are dying’. Yup. Maar dis gemaklik om nie te voel nie? Die liedjie sê mos ‘break my heart for what breaks Yours’. Sou ons kon lewe en cope en lewe as dit die geval was?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: