die groter tragedie van verlief wees

As die wakkerword saggies aan die deure van my slaap klop

En die son liggies deur die gordyne loer

Is dit amper asof jy deur die nag by my venster ingeklim

En hier langs my kom le het

Ek kan jou vel op myne ruik

En die manier wat jou bene perfek deur myne gevleg is

Die veiligheid van jou arms

Die wete dat jy my sal beskerm teen die wereld

Amper soos ironie

Asof ek jou saggies in my oor kan hoor fluister

Jou soene op my wang

Jou glimlag

Jou liefde in my hart

My hart tot jou genade

Kan ek my amper indink dis nogsteeds waar

Dat jy nogsteeds hier langs my le

Skielik die onthou soos die son

Skerp in my oe en my gedagtes

Wakker kom te vinnig

En die hartseer

Klou vir die res van die dag aan my vas

Soos iets wat nie wil los nie

Soos iets wat nie kan laat gaan nie

Al wil ek dit saam my kots in die toilet afspoel

Saam my hart in die asblik smyt

En sif ek deur die herinneringe na iets waar

Iets regtig

Iets heel

Iets waaraan ek kan vashou

Probeer waarheid raaksien tussen dit wat nou

So vinnig so leeg getap het

En hoe meer ek wonder hoe minder kan ek onthou

En jou arms, jou lag, jou werklikheid

Word tot niet vir my

Want jy het haar gekies

Vergeet om my te vertel

Jy het haar gekies en nie vir my nie

Advertisements

3 Responses to “die groter tragedie van verlief wees”


  1. 1 boerinballingskap Maart 30, 2010 om 4:33 nm

    Pragtig en uit die hart geskryf…
    ((((Karlien))))

  2. 2 karliendupreez Maart 30, 2010 om 5:13 nm

    Dankie. Daar was gepaste indentations ook maar wordpress het besluit om uncooperative te wees. 🙂

  3. 3 Cara Meintjes Maart 31, 2010 om 11:42 nm

    😦

    Ja gepaste indentations – en spasies tussen lyne – is nie WordPress se sterkpunt nie.

    Mooi. Hartseer.

    Ek hoop dis lekker by die huis.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: