ek wonder…

Ek wonder…

Weet sy hoe om jou te maak lag? Sal sy saammet jou aan ‘n tube se binnekant vashou? En nuwe dinge probeer en saam jou vriende lag oor alles wat jy op hoerskool gedoen het? Is sy ook nie skaam vir mense nie?

Het haar hart ook in haar keel gesit die eerste keer toe sy jou sien? Moes sy ook maak of jy haar hart nie laat klop nie, terwyl sy heeltyd aan jou dink?

Gesels julle ook nagte lank en wil nie gaan slaap nie? Bel jy haar ook weer en weer dieselfde aand, net omdat jy nog van haar wil weet? Sukkel jy ook om van haar te vergeet, of om te konsentreer op iets anders as jy weet jy gaan haar later sien?

Lag jy vir haar skoene en kan jy met haar ass spot? Vat jy aan haar ass? Is hy so hot soos myne?

Vertel jy ook vir haar alles? Van jou verlede? Jou binnekant? Die manier wat jy die huwelik sien…en seks?

Kan jy ook casually badkamer toe stap en weet sy sal jou daar binne kry, en kan jy haar ook teen die muur vasdruk en soen asof die wereld sou vergaan as jy haar nie kon soen nie?

Hoe voel sy in jou arms? Pas sy so mooi soos ek?

Kan julle ‘n hele dag saam spandeer en dan is daar nog om oor te praat? As jy haar dare…sal sy dit doen? Is sy braaf? Is sy rebels? Verstaan sy daardie kant van jou? Of lag sy net skaam as jy jou dom grappies maak? Dink sy ook, soos ek, dat jy die snaakste mens op aarde is, en verstaan sy jou? Smelt sy ook as jy vir haar kyk?

Dink jy ook heeldag aan haar, soos aan my? Sien jy dat julle 50 jaar van nou af nogsteeds iets het om oor te gesels? Waaroor praat julle? Waaroor lag julle? Maak sy jou lag? Ek wens ek kon jou net nog eenkeer maak lag…

En lees sy ook dieselfde boeke as ons? Verstaan sy dinge sonder dat jy dit hoef te verduidelik? Of gaan sy dink jys vreemd oor wat jy lees? En dink sy ook big bang theory is die snaakste ding since bill cosby? Lag julle dieselfde?

Kan jy jouself aan haar blootstel en weet niks is te veel of te moeilik of te groot nie? Of steek jy dele van jouself weg? Moet jy maak of jy perfek is?

Sal sy saammet jou 12h die aand ‘n backpackers soek? Drink sy wyn saammet jou en droom jul ook saam oor ‘n eendag? Soos ek en jy altyd het?

As jy vir haar kyk, wat sien jy? Is sy ook vir jou die mooiste mens op aarde, soos wat ek was? Begeer jy haar, droom jy van haar, wens jy jy kan elke oomblik in haar oe kyk? Wat droom jy van haar?

Slaan sy ook jou asem weg?

Advertisements

0 Responses to “ek wonder…”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: