Sunday’s on the way!

Okay so genoeg van die melodrama, eks besig om myself daarmee uit te put.

Ek het gister weer shutterisland gekyk, vir die tweede keer. Ek weet nie wie dit al gekyk het nie maar dis awesome, major plot twist. En die eerste keer toe ek dit kyk is ek so flippen bang en anxious en op die punt van my stoel en probeer uitfigure wat de vrek aangaan in die fliek. Die tweede keer toe kan ek baie meer kyk, want toe weet ek wat die einde is en dat niks so scary is soos jy dink dit is nie.

En toe dink ek dis bietjie soos die lewe. As mens na die omstandighede kyk en die hier en nou is jy vrek bang en anxious en weet nie wat aangaan en hoekom die seer en wat besig is om te gebeur nie. Maar God sien die einde. So eintlik kan ons net chill en die hier en nou geniet, want ons weet als gaan okay wees. Ons weer God is goed. Ons weet daar’s ‘n plan, al kan ons nie kop of stert uitmaak nie.

Ek kyk gister ‘n fliek op dstv en dit begin met die lyn “If you want to make God laugh, tell Him your plans”

En dis baie keer asof ons God probeer oortuig dat ons beter vir onsself weet as wat Hy vir ons weet. En asof ons hierdie ding probeer uitfigure in plaas van om te let go en net te lewe. En te weet niks is verseker nie. En te weet dinge kan enige oomblik omgekrap word. Maar dis okay want Hy bly in beheer! En ons kan OF worry oor die toekoms en bly stress “se nou dit” of “se nou dat” of ons kan rustig wees en daaroor worry as dit gebeur. God se vir ons om nie te worry oor die dag van more nie. Ek dink nie ons werk is om dinge uit te figure nie. Ek dink ons werk is om dankbaar te wees en God te vertrou in alles.

En gister het ons die coolste vrydag gevier waar Hy aan ‘n kruis gehang het. En ek dink daarna was almal soos…wtf, Hys dood. Hys weg. Hulle het gewen. Hulle het om doodgemaak. En ek dink almal het getwyfel in dit wat hulle voorheen geglo het. Was Hy die seun van God? Was ons mislei? Wat was regtig? Ek kan die hopeloosheid net imagine… Niemand het enige proof gehad dat dinge okay gaan wees nie. Dat Hy werklik God was nie. Die omstandighede het duister gelyk op daai oomblik.

Min wetende…

Sunday’s on the way!!!

Advertisements

1 Response to “Sunday’s on the way!”


  1. 1 Jaco Venter April 3, 2010 om 5:05 nm

    Ek is bly jy is nie meer depro nie. Ek het gebid dat dit sal weg gaan. Ek dink dis tyd dat jy vir ons Pappa vra dat Hy vir jou ‘n man soek, ‘n man na sy hart. Ek het Hom gevra dat Hy ‘n vrou vir my kies. Jy kan voorwaardes ook stel as jy wil. Sy keuse vir my was baie meer as wat ek verwag het.

    Hy begin gewoonlik met ‘n belofte of twee. Dan …. sal Hy oorneem en jy sal sien hoe awesome Hy regtig kan wees. Oor my storie kan ek nie nou vertel nie, want ek moet wag vir sondag!

    Geniet dit


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: