Daar’s ‘n prostituut op my straathoek

Daar staan ‘n prostituut op my straathoek.

Ek weet nie hoekom blog ek hieroor nie. Ek weet nie eintlik wat anders om te doen nie. Dit upset my. Nie oor sy daar staan nie maar omdat…. sulke goed regtig gebeur. Ek kyk vir haar en ek imagine net hoe sy moet voel. Wonder of sy bang is. Wonder of sy dink oor haar aand. Haar kinders. Is sy lief vir iemand? Of voel sy niks? Ek dink oor wat sy later vannaand gaan moet doen en hoe sy daar geland het.

Ek wou vir haar koffie vat maar eks te bang. Sy sal dit seker in elk geval nie wil he nie. Ek weet nie. Ek wil ook nie haar patronise nie. Ek weet nie.

Ek hoop sys okay vannaand. Ek hoop ek sien haar more aand weer daar.

Advertisements

6 Responses to “Daar’s ‘n prostituut op my straathoek”


  1. 1 Willie April 14, 2010 om 8:02 vm

    Ek sal se vat die koffie. Dit is liefde vir haar wat maak dat jy dit wil doen. Dalk wil sy dit nie he nie – dit is omdat sy nie liefde ken nie. Sy mis uit as sy nie liefde ken nie.

  2. 2 Vabond April 14, 2010 om 10:11 nm

    hmmm.
    Koffie en geselskap. Geselskap sonder bymotiewe klink soos iets wat ek sou wou gehad het as ek in daardie situasie was

  3. 3 Carakind April 15, 2010 om 9:04 vm

    Hec…tic. Vertel verder Karlien?

  4. 4 anne-marie April 15, 2010 om 12:37 nm

    Ek stem – dalk moet jy net met haar probeer gesels.

  5. 5 Ding April 15, 2010 om 4:35 nm

    KdP, Ouding wil vir jou vertel jy het ‘n besondere vermoë met ‘n woordkwas. Ding lees hierdie en Ding voel die verlatenheid; die afstomping; die presiese ontglipping van gepaste woorde om die aura om ‘n prostituut op ‘n hoek mee te beskryf. Ding ervaar die raaiselagtigheid, die vreemdheidsverwondering waarmee manman na iets kyk waarmee manman nie kan identifiseer nie. En jy doen dit so kort en kragtig, dog so pynlik lewensgetrou. Hmmm. Baie, baie, baie knap en netjies.

  6. 6 Nielen April 16, 2010 om 12:53 vm

    Ek’s baie bly dat dit jou onstel. Hear me out: die feit dat jy actually n inskrywing daaroor gemaak het wys dat die wereld nog nie n harde dop is nie. Dat jy nog kan voel. Eks seker sy doen nie -so go and spread it


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: