Rantings en ravings van iemand wat iets probeer vind

Vir die wat nie weet nie, eks nie ‘n particularly “kerkerige” Christen nie. Meestal in ‘n diens sit ek net en dink aan hoe stupid die kerk is. Ek weet dis nie reg nie, maar ek kannie help nie. Seker jare se kerk en fakeness en mense wat my kwaadmaak en beloftes wat belaglik is en issues wat ek nog nie uitgesort het nie. Either way. Ek probeer. Deesdae is ek rustiger en glo dat meeste mense doen wat hulle innig in hul harte dink reg is op daai stadium. Ek weet nie. Ek dink nie meer almal wat smile is fake nie en ek dink nie meer elke belofte is mense wat “net nie die regte wereld ken nie.” Ek is meer stabiel in wat ek glo dat ek nie almal heeltyd wil judge of voor kwaad word nie.

So nou bly ek in die kaap en ek toets my teorie van vriendskap 101 uit deur soveel mense as moontlik te probeer ontmoet. Leading to twee baie random….mindblowingly boring blind dates, maar dis ‘n storie vir ‘n ander keer. Elk geval deel van vriendskap 101 is om kerktoe te gaan en by ‘n cell groep aan te sluit. So vannaand toe sit ek in daai einste cell groep. En dit was nie sleg nie, maar dit was nie great nie. Dit voel net soms asof ons, as Christene, (pick me too!) die regte goed kan se. Ons kan die regte antwoorde gee. Ons ken die bybelversies. Ons kom weekliks bymekaar en bespreek dit (wat nie sleg is nie) maar dit voel amper soos ‘n self-improvement mission waar ons almal net praat oor goed. En dit sentreer om onsself. Hoe kan ek minder selfsugtig wees? Hoe kan ek content wees in als wat ek doen? Hoe kan ek minder sondig…bla bla bla. En als goed en wel en mens moet dit probeer maar guess what ONS KANNIE ONSSELF BETER MAAK NIE! Ons kan praat tot ons blou, pienk en pers is maar ons kannie. Ek het probeer. Daar is goed wat ek in matriek mee gesukkel het en nogsteeds mee sukkel.

So ek het ophou probeer. Ek kannie. God kan. My nuwe mission is om buite myself te kyk en te kyk wat ek vir ander kan doen. Elk geval, weereens probeer, want natuurlik is dit ook maklik om hieroor te blog maar moeilik in praktyk. Maar ek dink God het ons geskape waar ons enigste contentment kan wees as ons buite onsself lewe. As ons nie so baie tyd in ons eie koppe spandeer nie en probeer om ander se seer beter te maak en se needs te fulfill. En woeps, da groei ons! So eintlik is ons onselfsugtigheid ook selfsugtig. Ek gee vir ander omdat ek moeg is vir myself. Ek wil betrokke raak by human trafficking omdat ek uit my eie kop uit wil kom. Ek wil ander uplift en vir hulle bid omdat ek net nie meer my eie lewe kan uitfigure nie.

We are not meant to figure life out, like a maths problem, we are meant to live life.

Ek wonder of enigiets sin maak maar dis net ramblings in my kop op die oomblik. Dis liberating om agter te kom die wereld draai nie om jou nie. Om op te gee. Om oor te gee en God te vra “So wat kan ek vandag doen vir ander?” en sodoende God te los om ons probleme uit te sorteer. Ons berge in molshope te verander. Ha ha.

Elk geval so vandag toe is ek by Groote Schuur en daar is so pasient toe ek my parkering betaal en hy sukkel om te loop en hys toe klaar onder maar vergeet om sy kaartjie te betaal en vra almal om te help en dit te gaan betaal maar almal ignoreer hom. Toe loop ek gou weer op en betaal sy kaartjie. En toe dink ek ek sal gou saam hom kar toe stap want eks nie seker of hy mentally ill is nie maar hy was nogal vreemd. En toe begin hy so half inappropriately met my flirt en ek dog, jissie ek doen jou ‘n guns en dan doen jy dit. En toe is ek soos, kom oor jouself. En toe dink ek, mens het altyd hierdie romantiese idee van mense help. Asof dit soos in die flieks gaan wees en daar gaan mense met integriteit wees en julle gaan mekaar vind en hulle gaan so dankbaar wees en jy gaan so goed voel oor jouself en so aan. En dit gaan magical wees en almal gaan dink jys awesome. Real life ain’t like that. Die mense wat jy voor gee gaan tien teen een nie eers dankie se nie. Hulle gaan stink. Hulle gaan aan jou probeer vat of met jou probeer flirt. Hulle gaan op jou drool en nie wil saamwerk nie. Hulle gaan jou vra vir geld en werk. Hulle gaan moeilik wees en moody wees en nie jou moeite raaksien nie. Dit gaan jou tyd vat, jou effort van en jou energie vat.

So what.

Het Jesus nie vir ons doodgegaan toe ons nog sondaars was nie? Het Hy ons nie vergewe toe ons nie jammer gese het nie? Hy het alles vir ons gegee voor ons dankbaar was. Ons kruisig hom elke dag nog, ons spoeg op Sy naam en klap Hom in die gesig. Tog het Hy als gegee. Tog gee Hy als.

Wie is ons om te kies wie genade verdien en wie nie?

Advertisements

3 Responses to “Rantings en ravings van iemand wat iets probeer vind”


  1. 1 Jaco Venter April 30, 2010 om 12:26 vm

    Ek volg die dinge wat jy sê, so ‘n rukkie al. Ek hou van kerk, maar daar moet ‘n “teaching spirit” wees. Nie soos Sondag in NG Lydenburg Suid, waar dit hiper boring was en dit soos ‘n sondagskool les was. Maar dan weer is my hart by sulke mense wat amper partykeer niks weet nie.

    Ek hou ook daarvan om sel toe te gaan, partykeer sommer twee selle ‘n week. Die selle wat ek ken het geen agendas nie, en die leiding word oorgelaat aan die Heilige Gees (soos Hy ons lei). Ek probeer om die bybel beter as al die ander te ken, en ek druk by die Here in sover moontlik. Gewoonlik het ek elke week iets om oor te getuig wat Hy vir my gedoen het.

    In die kerk ken ek omtrent almal en ook mense in die ander kerke van ons dorp, behalwe die Vollies.

    O ja, Hy kan ons berge in molshope verander. Iemand sê van Hom dat Hy gewoonlik super-slow is, maar always on time. Op tyd vir wat weet ek nie.

    Jammer ek praat (tik) te veel.

    Groetnis.

  2. 2 karliendupreez April 30, 2010 om 11:58 vm

    JAco eks so confused oor so baie dinge op die oomblik. Ek sukkel om te glo dat God groot is. Soos ek weet Jesus is dood aan die kruis en identifiseer met ons pyn, maar daar is situasies wat vir my net te groot lyk om uit te sorteer. Verhoudings wat so eina is dat ek nie ‘n dag kan sien wat daar reconciliation kan kom nie. Ek het nodig om weer te kan glo dat God kan heal en groot dinge kan doen en lewe kan blaas in ‘n hart wat dood is. Hoe glo ek dit? Help my met hoop asb?

    • 3 Wicus November 25, 2010 om 4:15 nm

      Hi Karlien

      Ek sien dat niemand nog op jou oproep gereageer het nie. Jou oproep na ‘n Groot God, na hoop. Kan ek jou bietjie van my vertel, net omdat ek niks anders het om jou mee te bedien as my eie lewe, my eie wroeging, my eie soeke, net my eie ek.

      Ek ken nie die oorsprong van jou seer en hooploosheid nie. Ek vertel jou een van my seerste storie wat vreemd genees het. My pa was nog altyd ‘n man vir sy eie kop, daar is min rigting behalwe dit wat hy tussen sy twee ore uitdink. So het ons min van ‘n verhouding gehad. Ek was so st7 toe hy begin kyk het na ‘n ander vrou. Dit was ‘n deksilse seer tyd, dit het verby gegaan en my ouers is nog saam. Ons kinders was egter in vlarde, dit gebeur mos net in ander huise. Een middag in my matriek jaar kom twee vreemde mans met my pa praat. Later die aand moet ons vir hom beddegoed neem in die tronk. Hy het tender bedrog gepleeg – ons het nie baie gehad nie, maar ek weet dis geen verskoning nie. Die slegte verhouding en seer van st7 was nog heel vars daar, nou bring hy nog skande – kan hy nie net ent kry nie. Die aand by die tronk kom ‘n konstabel na my toe met die volgende “don’t worry”. Don’t worry se moer, dis erg. Ewe skielik bars ‘n bron van trots vir my pa oop so dat my hart nie die volheid daarvan kan inhou nie. Dit bly my pa en niemand sal hom afmaak nie. Daardie aand het ek vir die eerste keer besef dat hy tog nog vir ons omgee. Hy het met die regssake by sy werk gewerk en het presies geweet wat hy doen, maar hy het dit gedoen sodat ek nike tekkies kon dra, my sussie haar grace hokkiestok kon kry en ons kon leef. Dit was nie reg nie, maar ek het weer iets van sy hart gesien. In die bitter stank van ‘n sel het Jesus begin om my hart teenoor my pa weer heel te maak.

      Die storie eindig nie daar nie. Hy verloor toe sy werk, ons karre word terug geneem en ons verloor ons huis. Ons moes my ma se sat golf elke keer by die skool en in die dorp aan die brand stoot – glad nie lekker vir die image nie. Hy begin toe ‘n besigheid wat op my naam is. Vir tien jaar verloop als goed, ek trou en begin my eie dinge aanskaf. Twee jaar terug, nadat ek vir ‘n jaar getroud is, speel my pa se besigheid bankkrot. Ek verloor als, al het ek nie deel in die besigheid gehad nie. My pa kom niks oor nie, want niks is op sy naam nie. Ek kan nie vir jou begin vertel hoe dit vir my huwelik was nie, maar ons is daardeur. Die situasie met die tronk het gehelp dat ek besef hoe kosbaar verhoudings is en dat ek nie met hierdie nuwe situasie gaan toelaat dat die verhouding waaraan ek en my pa so stadig so lank aan gewerk het net so gesteel gaan word nie. Ek is die hele proses deur sonder om te haat, net omdat God ‘n slegte situasie in die verlede ten goede laat meewerk het. Eks ook nie kwaad oor die spanning wat dit in my huwelik gebring het nie, omdat daaruit my vrou al begin te kenne gee het dat sy eendag ons kinders anders wil grootmaak as wat hulle groot geword het – sy wil hulle leer om vir ander te lewe. Daardie les het baie pyn gekos.

      Aan jy pyn kan ek niks doen nie, en ‘n paar versies in die Bybel gaan jou ook nie veel help nie. Om hoekom te vra gaan n groter stuk chaos tot gevolg he as wat jy nou beleef. Al wat my gered het was ‘Here U ken my lewe en weet wat nou voor my deur le, wys my U belofte in aksie, U belofte wat se dat U lewe uit dood uit skep’.

      Ek bid dit ook vir jou. Jy kan maar dood wees, roep net na die Lewe sodat Hy Self die asem kom blaas, moet dit nie in ander mense of godsdienstige gebruike soek nie.

      Seen vir jou!

      Groete
      Wicus


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: