Hoekom glo jy in God?

Ek wonder baie hieroor. Hoekom glo ek in God? Dis een van daai vrae wat mens as Christen blykbaar uitgesort moet he. So hoor ek. Ek kon nog nooit regtig op ‘n goeie antwoord afkom nie. Ek dink my antwoord evolve en verander soos ek meer van Hom leer ken. Ek het al probeer om nie ‘n Christen te wees nie. Van Hom te vergeet. Maar ek kannie. Ek het Hom nodig. Ek geval. So hier is my antwoord vir nou.

Ek glo in God want partykeer is die wereld so awesome en dinge werk so goed uit dat my siel uitroep vir iemand om voor dankie te se, en dan is dit Hy!

Ek glo in God want soms is die berge en die sonsondergang en die wolke en die maan so mooi dat ek iemand nodig het om te prys. Iemand moes dit gemaak het. Dis Hy!

Ek glo in God want partykeer gebeur goed wat so onbepland is en so seer maak en dan voel dit of niemand verstaan nie, maar dan onthou ek die spykers in Sy hande en die man op die kruis en dan weet ek iemand huil saammet my. Dis Hy!

Ek glo in God want partykeer is ek so deurmekaar en die lewe so sinneloos en my drome lyk onbereikbaar en dan het ek iemand nodig om saammet my die pad te stap en rigting te wys. En dan is Hy daar!

Ek glo in God want partykeer is ek so dom en ek doen sulke stupid goed en sonde mess my hart en my lewe so op en maak ander so seer en dan het ek nodig dat iemand vrede, reconciliation en wysheid bring en dan is Hy daar! Hy heal wat ek self verbrou het! Hy bring genade selfs in seer wat ek self veroorsaak het!

Ek glo in God want partykeer weet ek niks. Ek het lyding en wysheid nodig in ‘n deurmekaar wereld wat ek nie verstaan nie. En dan skryf Hy vir my in die Bybel en ek lees Sy woord en hoor Sy stem en dinge maak weer sin!

Ek glo in God, in Jesus, in Sy gees, want Hys daar! Heeltyd! Altyd! In alles waardeur ek gaan en maak nie saak hoeveel keer ek dieselfde fout maak nie. Hy is daar!

Eintlik glo ek in God want ek sien nie kans om dit alleen te doen nie.

Wat is jou antwoord? Hoekom glo jy in God??

Advertisements

3 Responses to “Hoekom glo jy in God?”


  1. 1 boerinballingskap Mei 6, 2010 om 4:52 nm

    Baie mooi getuienis van jou!

  2. 2 Celia Januarie 25, 2013 om 8:04 vm

    Hoekom glo jy. Dis seker die mooiste beskrywig wat ek nog ooit gelees het! Baie dankie vir jou gehoorsaamheid!

  3. 3 Voyager Mc Lean April 3, 2013 om 8:47 nm

    DIT IS AL WAT EK NODIG GEHAD HET, DANKIE!!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: