koffie en boots

So om kaaptoe te trek was nogal ‘n biggie vir my. Ontop of die feit dat ek die eerste maand of wat in trane spandeer het oor ‘n huge heartbreak. En toe gaan dit goed en alles werk uit en ek kry werk/blyplek/vriende en ek kleur my hare en die son begin weer skyn en mens vergeet en mens beweeg aan. Tot ‘n groot wave onverwags oor jou spoel in die vorm van mail in jou inbox.

En jy spandeer weer die hele aand op die badkamer vloer terwyl haat/liefde/moord/vrede/God/hoekom deur jou kop rush en jy uiteindelik aan die slaap raak.

Vandag toe gaan ek werktoe en kom by die huis en ek besluit ek wil ‘n vinnige middagslapie vat. En 3 ure later word ek wakker met ‘n hoofpyn. En ek voel beter! En toe gaan ek gou winkel toe om paar goedjies te koop en ek stap verby Vida. Mmmm… Vida koffie. En ek staan daar binne met my Vida koffie en my Lindt chocolate en toe skielik is die son terug. Partykeer moet mens net uitkom. En partykeer vergeet mens vinniger. En ek weet nou ek gaan dalk nog baie huil maar die sonnetjie sal altyd net om die hoek wees. In die vorm van iemand wat glimlag, ‘n cool vriend, nuwe boots of vida koffie en 70% dark chocolate.

My punt is, moenie van die gebou afspring nie al wil jy! More gaan die son uitkom!

Ha ha, eintlik moet ek daai boonste sinnetjie op my eie muur plak.

So ja, happiness isn’t lost, just misplaced. My nuwe fave blog.

Peace people!

Groete vanuit die land van stuimige emosies.


A poem just because I can

As ek maar oor jou gevoel het soos oor

Te sterk koffie

Of tamatiesop in die winter

Of alleen op my stoep sit

En vir die maan kyk

Of om basil te plant wat ek

Pesto mee wil maak

Maar nooit sal nie

Want die reen het te vroeg gekom

Maar nou voel ek oor jou soos oor

Langs die see stap

In ‘n warm teater sit met ‘n glasie rooiwyn

Soos wolke wat volraak met reen as die

Wereld om jou donker raak

En jy vergeet het om ‘n sambreel te koop

Soos die see wat sy blou verloor in ruil vir

Stuimige branders wat elke mens wat durf daarin swem

Weer uitspoeg

Amper soos water as jy dors is

Amper soos asemhaal

En ek weet nie waar my hart is nie

Ek weet nie hoe ek weer gaan voel nie

Amper soos ophou asemhaal

Advertisements

1 Response to “koffie en boots”


  1. 1 Rita Bester Mei 13, 2010 om 11:20 nm

    Wow… Hier kom ek onverwags op iemand se blog uit wat klink asof sy nes ek voel. Daai gedig is unbelievable… herhinner my aan een wat ek self gekryf het… ek ken jou nie, Sterrekind, maar hou moed, jong, dit vat langer as wat hulle almal se om oor iemand te kom met wie jy wyn gedrink het in ‘n teater, en persoonlik glo ek dat daai gevoelens gaan nooit regtig weg nie. Ons leer net daaruit en ons leer om saam met dit te leef. Sterkte! XX


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: