ek mis jou nie meer elke dag nie

Ek mis jou nie meer elke dag nie.

Net as dit laat raak en ‘n lang dag was en ek sit nog voor my rekenaar en werk. Dan begin my hart mense mis wat ek nie so goed ken nie en ek raak onsteld as klein goedjies verkeerd gaan, soos die wind my klere van die draad afwaai of as iemand voor my inry. Dan weet ek dis jy. Ek mis jou.

En ek skryf nogsteeds vir jou al weet ek jy mis my nie meer nie. Al weet ek nie eers of die iemand wat ek mis nog bestaan nie. Ek hoop dat in ‘n ander wereld, ene wat dalk anders sou afspeel as ons hier, ons kon vriende wees. Voel of iets van ons harte en binnekante mekaar nog goed ken. Of ek partykeer, as ek hard probeer, kan voel as iets jou seermaak. Ek onthou dat jy maklik seergekry het, soos ek.

En ek wonder of jy, as dit stil raak in mosambiek, as die son ondergaan en jy die kindertjies hoor speel in die agtergrond, as die reuk van pap vanuit die huisies begin opstyg, dan wonder ek of jy net eenkeer…al is dit vinnig… ook nog aan my dink.

Dis seker beter dat alles wat ons was net in my gedagtes bly. Ek beskerm dit beter daar as in die regte wereld.

Advertisements

0 Responses to “ek mis jou nie meer elke dag nie”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: