Is ek regtig lief vir Jesus

Ek het onlangs iewers gelees dat, wat jy se jy liefhet is nie wat jy liefhet nie, wat jy met jou aksies wys dat jy liefhet is wat jy regtig liefhet. En toe dink ek….ek wonder of mense weet eks lief vir Jesus. Nie omdat ek oor hom blog op dit op my facebook skryf of kerktoe gaan of christen boeke lees nie….weet mense dat ek REGTIG lief is vir Jesus. Kan hulle dit sien deur my aksies. Deur hoe ek met mense is, deur dat ek vir arm mense omgee, deur hoe ek my seer hanteer, deur hoe ek my tyd spandeer, deur die tipe mens wat ek is.

Eks van die “Mense moet dit in jou lewe kan sien jy hoef nie hulle te vertel van die Here nie” school. Maar net omdat ek nie mense wil vertel van die Here as in “bekeer jouself of jy gaan hel toe” sin van die woord, beteken nie ek kannie oor hom praat nie. As Hy in my lewe is moet ek tog vanself oorloop van Hom, nie waar nie? Moet Sy dinge uit my mond uitkom omdat dit is waarvoor ek lief is en Sy aksies in my lewe wys, omdat dit is waarvoor ek staan. Ek moet werk om Sy kingdom aarde toe bring omdat ek glo dis wat Christenskap is. Nie kerktoe gaan nie. Nie probeer heiligheid forseer nie. Nie die “I love Jesus” group join op facebook nie. Ek glo Christenskap is om vir arm mense om te gee, aan jouself en jou issues te werk, en Jesus te volg met jou hele hart. Al lyk jy stupid. Al beteken dit om in ‘n kleurling gebied in te trek of om jou besittings weg te gee.

Ek dink nie eks regtig so lief vir Jesus as wat ek se ek is nie. Ek lewe meeste van die tyd asof dit nie waar is nie.

Advertisements

2 Responses to “Is ek regtig lief vir Jesus”


  1. 1 madeleburger Junie 25, 2010 om 4:29 nm

    Ja! Ja! ja! Ek voel ook so! Dankie! Jy verwoord dit PRESIES soos so baie van ons voel!

  2. 2 Jaco Venter Junie 26, 2010 om 7:06 nm

    Ja, jy is!!! Dit wat ek van jou lees sê, dat dit so is, al wys jou lewe dit partykeer nie. Jy is die eerste persoon wat ek teekom wat God die Vader, Pappa noem. In die omgewing waar ek beweeg is ek die enigste een wat dit openlik doen. Dan doen jy ook wat die Here sê is die ware vas, om goed te doen aan ander (Jes 58). In die meeste van jou skrywe op jou blog sê dit ook. As dit hier hier oorloop, glo ek loop dit ook oor in jou praat. So moet jouself nie te gering skat nie. Die dinge wat jy sê, laat my dink jy is regtig ‘n stunning vrou en een van die Here se spesiale dogters.

    Sterkte


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: