Archive for Julie, 2010

Disclaimer

Okay this is a short disclaimer as more and more people are reading my blog. I write not because I want to, but because I need to, for my own sanity. This blog is not a diary nor is it a blog on a specific topic or even necessarily my life. It’s mostly about feelings and not always mine. A lot about God as well as He is a huge part of who I am. But the stories I tell here are not necessarily about me. Actually, they are most often not about me. They are about something I see, something I imagine, someone else’s story, a memory or just something that is born from the scary recessess of my mind. I write in first person because it makes it more real. If you read my blog you do not know me nor do you know what’s going on in my life. You are getting a slight glimpse of the world through my eyes. That’s all. This was just to avoid future confusion….:-)

Oh, and please keep reading!!!

Innocence

You carved who you wanted me to be from your own imagination

Nothing of what you know is true

Amper soos kersvader

Onthou jy daai tyd toe almal gelukkig was en alles okay was?

Ek ook nie.

Mense wat die hemel aarde toe bring

Vandag was een van daai dae. Een van daai waar die son na die reen so bietjie uitkom en die warm glow van die wolke die effens-koue briesie warm laat lyk. Waar dit skemer word en die karre se liggies jou hart warm maak terwyl die wereld sin maak vir ‘n oomblik. Of jy nie omgee dat dit nie sin maak nie. En waar ek net besef hoe ongelooflik geseend ek is.

Vandat ek in die kaap aangekom het het ek, wat voel soos duisende nuwe mense ontmoet. Ek love mense. Hulle leer ken, uitgaan na nuwe plekke toe, groot groepe, klein groepe, verhoudings bou ens. Maar gistraand toe begin ek iets mis van iemand wat my ken. Tyd spandeer saam mense wat jou goed ken, jou binnekant en jou buitekant. Voor wie jy kan real wees, watookal real beteken, en wat vir jou gaan lief wees maak nie saak wat nie. Ek voel blessed deur al die nuwe mense wat ek leer ken maar het vir ‘n oomblik net bietjie ander mense gemis. By wie niks moeite is nie. By wie mens kan stil wees en niks doen en dis ook okay.

En vandag, met ‘n glimpse van die see in my tru-spieeltjie het daai gevoel van contentment my hart van binne af warm gemaak. Daai gevoel dat die lewe damn awesome is. En ek het net so dankbaar geword vir die mense wat my ken. Goed ken. My binnekant ken en my slegheid ken en nogsteeds vir een of ander rede my liefhet. Mense wat by jou staan as ‘n taxi in jou vasry en nie weghardloop as hulle jou deur die hospitaalkamer se deur hoor gil van die pyn. Mense wat jou voete masseer en jou hare was en jou heupe help optel sodat jy nie bedsere kry nie. Mense wat 1500km vlieg om vir jou pasta te maak en puppet show te hou omdat jy weke lank nie kon regop sit nie. Mense wat nie bang is vir jou onredelike trane en vrae oor die lewe en Jesus nie. Daai mense wat jy buite die skool deur hul gesig kan klap en nogsteeds die volgende dag saam op die verhoog staan. Daardie wat  luister na jou trane as jou ou jou los al is haar ma oorlede en sy baie meer pyn as jy ervaar het. Mense wat saam jou tequila drink en op tafels dans en jou weer en weer in die middel van die nag bel as jy in trane is, net omdat hulle weet jy is ook hartseer omdat hulle hartseer is. Mense wat saam jou klas bank en skinder oor pasient en oor die lewe en saam jou wens ons kon meer draf en meer verf en skryf. Mense wat saam jou droom en nie skrik vir die grootheid daarvan nie. Mense wat ook huil oor die bedelaar op die straat en iets verstaan van hoe jou hart breek oor armoede en hartseer. Mense wat ook die wereld wil red en soms naief kan wees maar weet dat pyn real is.

Daardie mense wat daar is. Elke dag elke tyd al is hulle ver. Mense wat jou hart en jou binnekant ken en nogsteeds lief is vir jou. Mense wie jy weer en weer dissapoint maar vir een of ander rede nie weghardloop nie. Mense wat jou sleg ken. Daai scary gedagtes en hoe hartseer en negatief jy soms kan wees en nogsteeds daar is. Mense vir wie jy jou diepste gedagtes kan vertel en hulle skrik nie. Of huil saam jou. Of wees stil. Mense by wie jy kan praat en nie sinmaak nie en hulle sal nogsteeds verstaan, of net jou hand vashou. Mense wat weet hoe moeilik die temptation is en verstaan as jy weer en weer dieselfde foute maak en saam jou sal huil as jy die duisendste keer jouself teleurstel.

Ek is so gelukkig om meer as een van hulle in my lewe te he. Mense wat al saam my die pad gestap het, al is ek nog net 24 jaar op hierdie pad. Sommige van hulle sit in Empangeni besig om hul eie gebroke hart bymekaar te skraap en nogsteeds tyd he om jou te bel en joune te probeer red. Mense wat Stellenbosch toe trek en die positiewe in elke situasie sien en die lewe gryp al weet hulle van seerkry en hoe donker die nag is. Mense wat in Nigerie veg teen die alleen en die anders-wees en nogsteeds luister na jou gemoan oor hoe alleen jy is tussen mense. Mense wat op hierdie oomblik oppad is om die sokker te gaan kyk maar wat nogsteeds tyd het om jou elke dag te sms en jou te mis asof jy deel is van haar binnekant. Mense wat in Korea verstik in die geel mis en die alleen-geit en die stupidgeit van die lewe en anders-wees. Mense wat hul eie geveg veg teen dit wat jy droom en dit wat jy moet doen om  geld te maak en wat jou hart verstaan sonder dat jy ooit veel hoef te verduidelik. Mense wat besig is om die nuwe adventure van getroud wees aan te pak en ander wat besig is om uit te figure hoe mens nou maak met jou eerste boyfriend. Mense wat wonder oor wat mens se doel nou eintlik is en hoe nou gemaak as die pad nie meer so seker is soos in Switserland of Egipte nie.

Vir julle almal is ek moer lief. Julle is deel van my. Julle is ek. Sonder julle is ek niks. Sonder julle in my lewe en op my pad bestaan daar dele van my nie. Ek is flippen lief vir julle almal en so dankbaar om julle te ken. Julle is my stukkie van die hemel en my deel van Jesus op aarde.

Ghosts of you

I remember finding out that nothing is real

That parents get divorced. That love will kill you.

That people die hungry and alone. That tears are

a given. That a smile can exist without existing.

That talking sometimes just wastes breath.

That my soul flies to places that I can’t reach

I remember that nothing is real.

Not even the dreams I have

Oor hoop, loneliness en die feit dat Hy my liefhet

Ek lees anderdag ‘n vriendin van my, Cara, se blog en sy het gese dat, daai wyse kyk wat ouers mense kry in hul oë nie is omdat hulle alles verstaan het, of dinge uitgefigure het nie, dit is omdat hulle maar net aanvaar dat daar party dinge is wat mens nie kan uitfigure nie.

En dis hoe ek al hoe meer en meer voel oor die lewe, Jesus en Christenskap. Met meer antwoorde kom meer vrae. Of meer goeters wat ek besef kom minder verstaan. Hoe meer ek WIL hoe minder KAN ek. Ek was die afgelop tyd baie vies vir myself omdat ek net nie genoeg Christen kan wees nie. Ek kry net nie als reg nie en ek probeer sooo hard. En hoe meer ek voel ek doen hoe meer oortuig die duiwel my ek is nie goed genoeg nie, eks nie worthy nie en ek gaan dit nooit maak nie so ek kan netsowel opgee. Ek chat gister met ‘n goeie vriend van my en skielik het alles net weer sin gemaak. Ons het sommer random dinge gesels, die lewe, die liefde, sadness, alkohol, the usualJ En Christenskap het net weer vir my real geword. Ekt iets besef van God se hart en dat Hy ‘n saak het wat ek doen. Hy wil my he. Hy soek net my en die res is tough. Hy soek my en Hy’s lief vir my en dis belaglik want eks eintlik useless. Maar ek is nie want Hy is lief vir my en dan is ek nie so useless as wat ek voel nie.

Ek kom al hoe meer agter dat mens gemaak is vir meer as hierdie wereld. In ons harte weet ons daar is meer…daar is iets. Baie min mense glo dat dit regtig al is. Dan is daar debates rondom wat dit is en hoe dit is en hoe meer ons baklei en debateer en dinge in boksies in maak pas hoe minder kry ons reg en hoe minder verstaan ons. Anyway off track gegaan vir ‘n sekonde…

Ons is gemaak om te weet daar is meer. Ons lewe op hoop. Elke dag. Ek sou nie vandag werk nie as daar nie die expectation van geld was of die fulfilment wat ek weet kom na ‘n produktiewe dag nie. Ek sou nie vandag mooi na myself kyk as ek nie verwag om nog lank te lewe nie. Ons lewe altyd vir die toekoms op ‘n manier. In die hoop dat daar iets beter is. Niemand het ooit ALS wat ons wil he nie. Ons harte hunker altyd na iets. My hart hunker altyd na iets. Victor Frankil verduidelik in sy boek, Man’s search for meaning, dat gevangenisse tydens wereld-oorlog 2 slegs aan die lewe gebly het in die hoop vir iets… Mense wat die beste oorleef het en die meeste “sane” uit die konsentrasiekampe gekom het was mense wat vir iets anders geleef het…in hoop. Of dit ‘n liefde was wat hul nog wou sien, ‘n boek wat hul klaar wou skryf, kinders wat by die huis is of watookal…mens kan die “nou” endure as daar ‘n “eendag” is. Ekt ook Requiem for a Dream gekyk en daar is so vrou wat verslaaf raak aan pynpille en in een scene vertel sy aan haar seun hoe iemand haar gebel het en gese het sy gaan dalk op tv wees. En daarin het haar hoop en nuwe wil om te lewe gekom. Sy het ‘n rede gehad vir opstaan. Vir gewig verloor. ‘n Manier om deur die dag te kom…die hoop dat sy op TV gaan wees. Granted, sy het verslaaf geraak aan die pille en het mal geword…(dis ‘n trippy movie) maar dit wys iets van die human condition. Ons het almal iets nodig om voor te lewe. En as dit nie ‘n verhouding met Jesus is nie word dit verseker iets anders. Geld, werk, iemand anders, ‘n liefde, jou kinders, jou hond, jou plante…:-) Whatever. Ons het almal nodig om ekstern na iets te lewe. En ons almal hoop vir meer. Daar is nie ‘n manier wat al ons desires gesatisfy kan word op aarde nie. Daar moet ‘n hemel wees anders is vandag useless.

Ek was op ‘ n stadium pretty afgepiss met hoop en ek konnie verstaan hoekom Jesus se “Geloof, hoop en liefde nie” want hoop het ALTYD ge-dissapoint en as mens in niks hoop nie dan hoef jy nie seer te kry nie. Maar voor ek myself kan kry hoop ek weer. Want mens is gemaak om in iets te hoop. En my hoop is op aarde…vir arm mense, vir honger mense, vir my vriende, my ouers, drome vir die toekoms ens. Maar groter as dit die hoop in eendag. In die hemel en die wete dat dit wat my hart desire uiteindelik fulfil gaan word. Hom en Hom alleen.

Which brings me to my next thought…loneliness. Ek is soos die mees sosiale mens op aarde. Ek het konstant mense om my nodig. Ek raak so gou alleen en dan raak ek sad en depressief en my gedagtes donker, dat ek amper elke sekonde van my lewe volmaak met mense. Ek weet dis nie altyd gesond nie maar eks bietjie weird in daai manier. Ek is bang vir alleen wees. Ek het hierdie irrasionele fear dat as ek alleen is en genoeg mense my nie ken nie gaan ek in die niet verdwyn en dit gaan wees asof ek nie bestaan nie. Ek is bang dat ek nie eintlik bestaan nie. Vreemd, ek weet…

Elk geval so ek is mal oor mense en my vriende vir wie ek vrek lief is en nuwe mense leer ken en verhoudings en so aan. Maar ek het gister iets gelees in Blue like Jazz wat so sin maak. Geen verhouding gaan my ooit volmaak nie. Nie met vriende of ‘n ou nie of my ouers nie of niks. Geen verhouding kan vir my gee wat Jesus vir my gee nie en waarna my hart smag nie. Niemand kan my ken nie. Heeltemal ken nie. Nie eers my man eendag nie. Dit is seker die naaste wat ek sal kan kom, maar selfs my man gaan net ken wat hy leer deur wat ek hom vertel, wat hy my sien doen, hoe ek optree ens. Hy kan net die eksterne waarneem in die probeer process. En selfde met hom. Ek kan net ander mense leer ken sover ek hulle kan waarneem met my sintuie. Ek kannie in hulle koppe en harte kom nie. Dis onmoontlik. Ek gaan hulle nooit heeltemal van binne af kan ken nie.

En vandaar hierdie loneliness in my wat nie deur mense kan vol kom nie. En vandaar die joy dat ek ‘n verhouding met God kan he. ‘n Gebroke een op aarde. En vandaar die joy dat ek eendag in die hemel by iemand kan wee swat my alles ken. Soos in ken KEN. Soos beter as ek ken.

Om die waarheid te se het ek en Jesus bietjie issues gehad so week of twee terug. Ek was upset met Hom en gehuil en baklei en vir Hom gese eks kwaad vir Hom en hou nie van wat nou gebeur nie ens. Ons het daardeur gechat en ek dink ek het iets oor my en Hom besef. Ek groei in verhouding met God. Jipeeee!! Want altyd was ek onseker of ek met Hom kan baklei en kan kwaad wees en kan gefrustreerd wees en ek was altyd soos, dis God, mens moet so half ‘n healthy respek toon. En nou is ek soos, dis my Pappa. Soos enige ander verhouding gaan dit nie altyd goed gaan nie. Maar net soos verhoudings op aarde is dit net regtig as jy weet jy kan oor enigiets chat, kwaad raak vir mekaar, deur moeilike goed gaan, hartseer wees ens en weet dis okay tussen julle. Dis okay tussen my en God. Altyd. Maak nie saak wat ek doen nie. Nie eers sonde kan ‘n muur tussen ons bou nie. In my sonde is hy MEER daar want ek weet en Hy weet ek het Hom dan soveel meer nodig.

Elk geval weer van track af maar daars baie dinge in my kop… Ek het altyd gedink aan die negatiewe van ‘n God met wie mens nie kan praat nie. Soos jy chat in jou kop en so aan maar frankly, partykeer voel hy ver, voel of jy met die muur praat en jy hoor niks. Voel soos dead air. Maar deesdae besef ek die voordele van ‘n God wat jou binnekant sien en so kommunikeer en nie jou buitekant nie. Met mense kan jy net buite kommunikeer. Met God binne. Hy ken jou alles. Jy hoef nie deur complicated woorde en voorbeelde vir Hom te verduidelik nie. Jy hoef nie te se hoekom jy hartseer is nie. Hy weet en ken jouself meer as jy. Jy kan net wees by Hom. Jy hoef nie te jok nie want jy kannie. Jy kan letterlik nie vir God jok nie want Hy weet is jou ware gedagte, motiewe ens. Mens kan regtig real wees by Hom.

Hy ken my alles en Hys nogsteeds lief vir my.

Flippen belaglik ne.

Eks permanent banger (banger vir alleenwees en nie bestaan nie) dat mense uitvind wie ek regtig is. Aan my binnekant. Bang dat hulle uitvind eks selfsugtig en ek jok soms en eks eintlik aaklig en dat ek net niks goed in my het nie en nie die mas opkom en nie GENOEG is vir mense nie.

Maar ek is genoeg vir God.

Hy weet als en eks genoeg vir Hom.

Dis seker al wat ek wou se vandag.

Cool ne?

….

Vir ‘n oomblik kyk sy op en haar oe ontmoet myne. Net so vinnig kyk sy weer weg.

Ek hou aan vir haar staar uit die hoek van my oog uit. Ek kannie help nie. Met haar whiskey in haar een hand en ‘n sigaret in die ander lyk sy amper soos iets uit ‘n Peroni-commercial, of die manier wat ek myself nog altyd La Dolce Vita ingedink het. Sy gebruik woorde soos “fabulous darling” en “fantasties”, waar die “t” en “s” net bietjie te hard op my oor val. Die groep mense in haar geselskap kyk na haar met iets tussen bewondering en jaloesie.

Ek sien die oomblike waar sy net te lank vir die see staar as sy asem skep tussen die sinne. Ek wonder of die amper-engelse aksent regtig is en of sy gedroom het om hier te sit toe sy klein was. Sy het seker. Van hier af kan ek sien dat die kringe onder haar oe meer as net min slaap is. Daar is iets moeg aan haar. Iets wat te lank al voorgee, maar nie meer seker is wat sy voorgee of wie sy was nie.

Ek wonder of sy kan onthou wat haar regte haarkleur was en hoe dit proe om pasta met roomsous te eet. Ek wonder vir wie sy lief was en wie sy moes agterlaat om nou hier te sit. Ek wil haar vra of dit worth it was. Of sy dit weer sou doen. Eks nie seker of sy sou kon antwoord nie.

Ek wonder of sy, soos ek, al ooit in die see in wou loop en net verdwyn