Oor hoop, loneliness en die feit dat Hy my liefhet

Ek lees anderdag ‘n vriendin van my, Cara, se blog en sy het gese dat, daai wyse kyk wat ouers mense kry in hul oë nie is omdat hulle alles verstaan het, of dinge uitgefigure het nie, dit is omdat hulle maar net aanvaar dat daar party dinge is wat mens nie kan uitfigure nie.

En dis hoe ek al hoe meer en meer voel oor die lewe, Jesus en Christenskap. Met meer antwoorde kom meer vrae. Of meer goeters wat ek besef kom minder verstaan. Hoe meer ek WIL hoe minder KAN ek. Ek was die afgelop tyd baie vies vir myself omdat ek net nie genoeg Christen kan wees nie. Ek kry net nie als reg nie en ek probeer sooo hard. En hoe meer ek voel ek doen hoe meer oortuig die duiwel my ek is nie goed genoeg nie, eks nie worthy nie en ek gaan dit nooit maak nie so ek kan netsowel opgee. Ek chat gister met ‘n goeie vriend van my en skielik het alles net weer sin gemaak. Ons het sommer random dinge gesels, die lewe, die liefde, sadness, alkohol, the usualJ En Christenskap het net weer vir my real geword. Ekt iets besef van God se hart en dat Hy ‘n saak het wat ek doen. Hy wil my he. Hy soek net my en die res is tough. Hy soek my en Hy’s lief vir my en dis belaglik want eks eintlik useless. Maar ek is nie want Hy is lief vir my en dan is ek nie so useless as wat ek voel nie.

Ek kom al hoe meer agter dat mens gemaak is vir meer as hierdie wereld. In ons harte weet ons daar is meer…daar is iets. Baie min mense glo dat dit regtig al is. Dan is daar debates rondom wat dit is en hoe dit is en hoe meer ons baklei en debateer en dinge in boksies in maak pas hoe minder kry ons reg en hoe minder verstaan ons. Anyway off track gegaan vir ‘n sekonde…

Ons is gemaak om te weet daar is meer. Ons lewe op hoop. Elke dag. Ek sou nie vandag werk nie as daar nie die expectation van geld was of die fulfilment wat ek weet kom na ‘n produktiewe dag nie. Ek sou nie vandag mooi na myself kyk as ek nie verwag om nog lank te lewe nie. Ons lewe altyd vir die toekoms op ‘n manier. In die hoop dat daar iets beter is. Niemand het ooit ALS wat ons wil he nie. Ons harte hunker altyd na iets. My hart hunker altyd na iets. Victor Frankil verduidelik in sy boek, Man’s search for meaning, dat gevangenisse tydens wereld-oorlog 2 slegs aan die lewe gebly het in die hoop vir iets… Mense wat die beste oorleef het en die meeste “sane” uit die konsentrasiekampe gekom het was mense wat vir iets anders geleef het…in hoop. Of dit ‘n liefde was wat hul nog wou sien, ‘n boek wat hul klaar wou skryf, kinders wat by die huis is of watookal…mens kan die “nou” endure as daar ‘n “eendag” is. Ekt ook Requiem for a Dream gekyk en daar is so vrou wat verslaaf raak aan pynpille en in een scene vertel sy aan haar seun hoe iemand haar gebel het en gese het sy gaan dalk op tv wees. En daarin het haar hoop en nuwe wil om te lewe gekom. Sy het ‘n rede gehad vir opstaan. Vir gewig verloor. ‘n Manier om deur die dag te kom…die hoop dat sy op TV gaan wees. Granted, sy het verslaaf geraak aan die pille en het mal geword…(dis ‘n trippy movie) maar dit wys iets van die human condition. Ons het almal iets nodig om voor te lewe. En as dit nie ‘n verhouding met Jesus is nie word dit verseker iets anders. Geld, werk, iemand anders, ‘n liefde, jou kinders, jou hond, jou plante…:-) Whatever. Ons het almal nodig om ekstern na iets te lewe. En ons almal hoop vir meer. Daar is nie ‘n manier wat al ons desires gesatisfy kan word op aarde nie. Daar moet ‘n hemel wees anders is vandag useless.

Ek was op ‘ n stadium pretty afgepiss met hoop en ek konnie verstaan hoekom Jesus se “Geloof, hoop en liefde nie” want hoop het ALTYD ge-dissapoint en as mens in niks hoop nie dan hoef jy nie seer te kry nie. Maar voor ek myself kan kry hoop ek weer. Want mens is gemaak om in iets te hoop. En my hoop is op aarde…vir arm mense, vir honger mense, vir my vriende, my ouers, drome vir die toekoms ens. Maar groter as dit die hoop in eendag. In die hemel en die wete dat dit wat my hart desire uiteindelik fulfil gaan word. Hom en Hom alleen.

Which brings me to my next thought…loneliness. Ek is soos die mees sosiale mens op aarde. Ek het konstant mense om my nodig. Ek raak so gou alleen en dan raak ek sad en depressief en my gedagtes donker, dat ek amper elke sekonde van my lewe volmaak met mense. Ek weet dis nie altyd gesond nie maar eks bietjie weird in daai manier. Ek is bang vir alleen wees. Ek het hierdie irrasionele fear dat as ek alleen is en genoeg mense my nie ken nie gaan ek in die niet verdwyn en dit gaan wees asof ek nie bestaan nie. Ek is bang dat ek nie eintlik bestaan nie. Vreemd, ek weet…

Elk geval so ek is mal oor mense en my vriende vir wie ek vrek lief is en nuwe mense leer ken en verhoudings en so aan. Maar ek het gister iets gelees in Blue like Jazz wat so sin maak. Geen verhouding gaan my ooit volmaak nie. Nie met vriende of ‘n ou nie of my ouers nie of niks. Geen verhouding kan vir my gee wat Jesus vir my gee nie en waarna my hart smag nie. Niemand kan my ken nie. Heeltemal ken nie. Nie eers my man eendag nie. Dit is seker die naaste wat ek sal kan kom, maar selfs my man gaan net ken wat hy leer deur wat ek hom vertel, wat hy my sien doen, hoe ek optree ens. Hy kan net die eksterne waarneem in die probeer process. En selfde met hom. Ek kan net ander mense leer ken sover ek hulle kan waarneem met my sintuie. Ek kannie in hulle koppe en harte kom nie. Dis onmoontlik. Ek gaan hulle nooit heeltemal van binne af kan ken nie.

En vandaar hierdie loneliness in my wat nie deur mense kan vol kom nie. En vandaar die joy dat ek ‘n verhouding met God kan he. ‘n Gebroke een op aarde. En vandaar die joy dat ek eendag in die hemel by iemand kan wee swat my alles ken. Soos in ken KEN. Soos beter as ek ken.

Om die waarheid te se het ek en Jesus bietjie issues gehad so week of twee terug. Ek was upset met Hom en gehuil en baklei en vir Hom gese eks kwaad vir Hom en hou nie van wat nou gebeur nie ens. Ons het daardeur gechat en ek dink ek het iets oor my en Hom besef. Ek groei in verhouding met God. Jipeeee!! Want altyd was ek onseker of ek met Hom kan baklei en kan kwaad wees en kan gefrustreerd wees en ek was altyd soos, dis God, mens moet so half ‘n healthy respek toon. En nou is ek soos, dis my Pappa. Soos enige ander verhouding gaan dit nie altyd goed gaan nie. Maar net soos verhoudings op aarde is dit net regtig as jy weet jy kan oor enigiets chat, kwaad raak vir mekaar, deur moeilike goed gaan, hartseer wees ens en weet dis okay tussen julle. Dis okay tussen my en God. Altyd. Maak nie saak wat ek doen nie. Nie eers sonde kan ‘n muur tussen ons bou nie. In my sonde is hy MEER daar want ek weet en Hy weet ek het Hom dan soveel meer nodig.

Elk geval weer van track af maar daars baie dinge in my kop… Ek het altyd gedink aan die negatiewe van ‘n God met wie mens nie kan praat nie. Soos jy chat in jou kop en so aan maar frankly, partykeer voel hy ver, voel of jy met die muur praat en jy hoor niks. Voel soos dead air. Maar deesdae besef ek die voordele van ‘n God wat jou binnekant sien en so kommunikeer en nie jou buitekant nie. Met mense kan jy net buite kommunikeer. Met God binne. Hy ken jou alles. Jy hoef nie deur complicated woorde en voorbeelde vir Hom te verduidelik nie. Jy hoef nie te se hoekom jy hartseer is nie. Hy weet en ken jouself meer as jy. Jy kan net wees by Hom. Jy hoef nie te jok nie want jy kannie. Jy kan letterlik nie vir God jok nie want Hy weet is jou ware gedagte, motiewe ens. Mens kan regtig real wees by Hom.

Hy ken my alles en Hys nogsteeds lief vir my.

Flippen belaglik ne.

Eks permanent banger (banger vir alleenwees en nie bestaan nie) dat mense uitvind wie ek regtig is. Aan my binnekant. Bang dat hulle uitvind eks selfsugtig en ek jok soms en eks eintlik aaklig en dat ek net niks goed in my het nie en nie die mas opkom en nie GENOEG is vir mense nie.

Maar ek is genoeg vir God.

Hy weet als en eks genoeg vir Hom.

Dis seker al wat ek wou se vandag.

Cool ne?

Advertisements

3 Responses to “Oor hoop, loneliness en die feit dat Hy my liefhet”


  1. 1 Cara Meintjes Julie 8, 2010 om 9:40 vm

    🙂 Wat ‘n lieflike warrel-post. Met baie waarhede.

  2. 2 pieter Julie 8, 2010 om 11:40 vm

    Dis brilliant Karlien.

    Ek het net gedog ek is besig om mal te raak, maar is eintlik nie so alleen en vreemd met wat en hoe jy dink nie.

    God is so real en altyd da, selfs as ons vir Hom kwaad is of nie verstaan nie.

  3. 3 karliendupreez Julie 8, 2010 om 11:56 vm

    Hey pieter! Bly jy kon sin kry daaruit, ek dink nie ek druk myself so goed uit partykeer nie. Maar ja…Hy is sooo real en dis so cool om in regte verhouding met hom te wees, al is dit messy! 🙂
    Hoop dit gaan goed!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: