Mense wat die hemel aarde toe bring

Vandag was een van daai dae. Een van daai waar die son na die reen so bietjie uitkom en die warm glow van die wolke die effens-koue briesie warm laat lyk. Waar dit skemer word en die karre se liggies jou hart warm maak terwyl die wereld sin maak vir ‘n oomblik. Of jy nie omgee dat dit nie sin maak nie. En waar ek net besef hoe ongelooflik geseend ek is.

Vandat ek in die kaap aangekom het het ek, wat voel soos duisende nuwe mense ontmoet. Ek love mense. Hulle leer ken, uitgaan na nuwe plekke toe, groot groepe, klein groepe, verhoudings bou ens. Maar gistraand toe begin ek iets mis van iemand wat my ken. Tyd spandeer saam mense wat jou goed ken, jou binnekant en jou buitekant. Voor wie jy kan real wees, watookal real beteken, en wat vir jou gaan lief wees maak nie saak wat nie. Ek voel blessed deur al die nuwe mense wat ek leer ken maar het vir ‘n oomblik net bietjie ander mense gemis. By wie niks moeite is nie. By wie mens kan stil wees en niks doen en dis ook okay.

En vandag, met ‘n glimpse van die see in my tru-spieeltjie het daai gevoel van contentment my hart van binne af warm gemaak. Daai gevoel dat die lewe damn awesome is. En ek het net so dankbaar geword vir die mense wat my ken. Goed ken. My binnekant ken en my slegheid ken en nogsteeds vir een of ander rede my liefhet. Mense wat by jou staan as ‘n taxi in jou vasry en nie weghardloop as hulle jou deur die hospitaalkamer se deur hoor gil van die pyn. Mense wat jou voete masseer en jou hare was en jou heupe help optel sodat jy nie bedsere kry nie. Mense wat 1500km vlieg om vir jou pasta te maak en puppet show te hou omdat jy weke lank nie kon regop sit nie. Mense wat nie bang is vir jou onredelike trane en vrae oor die lewe en Jesus nie. Daai mense wat jy buite die skool deur hul gesig kan klap en nogsteeds die volgende dag saam op die verhoog staan. Daardie wat  luister na jou trane as jou ou jou los al is haar ma oorlede en sy baie meer pyn as jy ervaar het. Mense wat saam jou tequila drink en op tafels dans en jou weer en weer in die middel van die nag bel as jy in trane is, net omdat hulle weet jy is ook hartseer omdat hulle hartseer is. Mense wat saam jou klas bank en skinder oor pasient en oor die lewe en saam jou wens ons kon meer draf en meer verf en skryf. Mense wat saam jou droom en nie skrik vir die grootheid daarvan nie. Mense wat ook huil oor die bedelaar op die straat en iets verstaan van hoe jou hart breek oor armoede en hartseer. Mense wat ook die wereld wil red en soms naief kan wees maar weet dat pyn real is.

Daardie mense wat daar is. Elke dag elke tyd al is hulle ver. Mense wat jou hart en jou binnekant ken en nogsteeds lief is vir jou. Mense wie jy weer en weer dissapoint maar vir een of ander rede nie weghardloop nie. Mense wat jou sleg ken. Daai scary gedagtes en hoe hartseer en negatief jy soms kan wees en nogsteeds daar is. Mense vir wie jy jou diepste gedagtes kan vertel en hulle skrik nie. Of huil saam jou. Of wees stil. Mense by wie jy kan praat en nie sinmaak nie en hulle sal nogsteeds verstaan, of net jou hand vashou. Mense wat weet hoe moeilik die temptation is en verstaan as jy weer en weer dieselfde foute maak en saam jou sal huil as jy die duisendste keer jouself teleurstel.

Ek is so gelukkig om meer as een van hulle in my lewe te he. Mense wat al saam my die pad gestap het, al is ek nog net 24 jaar op hierdie pad. Sommige van hulle sit in Empangeni besig om hul eie gebroke hart bymekaar te skraap en nogsteeds tyd he om jou te bel en joune te probeer red. Mense wat Stellenbosch toe trek en die positiewe in elke situasie sien en die lewe gryp al weet hulle van seerkry en hoe donker die nag is. Mense wat in Nigerie veg teen die alleen en die anders-wees en nogsteeds luister na jou gemoan oor hoe alleen jy is tussen mense. Mense wat op hierdie oomblik oppad is om die sokker te gaan kyk maar wat nogsteeds tyd het om jou elke dag te sms en jou te mis asof jy deel is van haar binnekant. Mense wat in Korea verstik in die geel mis en die alleen-geit en die stupidgeit van die lewe en anders-wees. Mense wat hul eie geveg veg teen dit wat jy droom en dit wat jy moet doen om  geld te maak en wat jou hart verstaan sonder dat jy ooit veel hoef te verduidelik. Mense wat besig is om die nuwe adventure van getroud wees aan te pak en ander wat besig is om uit te figure hoe mens nou maak met jou eerste boyfriend. Mense wat wonder oor wat mens se doel nou eintlik is en hoe nou gemaak as die pad nie meer so seker is soos in Switserland of Egipte nie.

Vir julle almal is ek moer lief. Julle is deel van my. Julle is ek. Sonder julle is ek niks. Sonder julle in my lewe en op my pad bestaan daar dele van my nie. Ek is flippen lief vir julle almal en so dankbaar om julle te ken. Julle is my stukkie van die hemel en my deel van Jesus op aarde.

Advertisements

3 Responses to “Mense wat die hemel aarde toe bring”


  1. 1 Frances soer Julie 11, 2010 om 10:52 nm

    Skat.eks SO moer lief vir jou,jys my mens!en jy gee SO baie keer vir my n stukkie iets om an vas te klou,jy verstaan actually my HART,al raak ander mense moeg om my hart breek seer te hoor weet ek jy sal nogsteeds luister met simpatie,opregtheid!jys AWSOME skat.sonder jou in my lewe sou ek al van n brug af gespring het-jy red my.jys my Jesus-gestuurde vriendin.Lief vir jou,SO BAIE!!

  2. 2 Karlien du Preez Julie 17, 2010 om 6:33 nm

    Jis Karlien, jy kan goed net so se dat ander presies ervaar wat jy voel aan jou binnekant. Ek verlang so baie na jou, ek verlang na die dae toe jy net af in die pad gebly het en ons kon praat en praat oor al die dinge wat nie sin maak nie, en die dinge wat ons harte breek. Ek mis jou so baie. Maar gelukkig sien ek jou amper weer:-)Mag Jesus jou seen, en meer seen en meer seen met liefde vir al die liefde wat jy gee vir mense. Jy’s so special mens! Lief vir jou

  3. 3 Rentia Julie 18, 2010 om 10:25 nm

    Hey Tjom

    Sjoe, jy is so n opregte mens en dit is so n voorreg om jou in my lewe te he.
    eK mis ons kuiers baie, veral as ons so deur die bos met ons fietse ry en “free”. Ek hoop dat daar nog baie sulke oomblikke in ons lewe sal wees.
    Al verstaan ons nie als en nie baie maak sin, vertrou ons net Hom wat al die antwoorde het!
    Ek hoop jy het n wonderlike tyd in die Kaap, sien uit om jou oor 2 weke te sien.

    LIef vir jou.

    REnch


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: