Sonder jou is die lyne donker

Ek maak my kamer skoon want ek soek jou

Ek soek jou onder my bed, my laaie, op my stoel,

In my kaste, my rakke, my kombuis

Ek weet nie waar ek jou gesit het nie

Ek soek jou in jou skildery

Maar sy praat blykbaar net as jy naby is

Ek soek jou in my stilwees, my lag, my moedeloos op die vloer neerval

Maar jys ook nie daar nie

Ek soek jou in jou kamer

Maar dis leeg daar

Daars niks oor nie

Ek soek jou

In fotos, in memories, in oomblike saam

Ek soek jou in my oggende, my aande, my middae

Ek soek jou in my whiskey glas

In die lee bottles op my rak

In jou laaste briefie aan my

Ek soek jou in die trane wat sonder toestemming strepe oor my wange loop

Sout

In my wynglas drup

Maar jys net weg

Jys weg

Advertisements

3 Responses to “Sonder jou is die lyne donker”


  1. 1 Frances soer Augustus 16, 2010 om 12:37 vm

    Jy skryf AMAZING skat.ai…

  2. 2 maryna Augustus 16, 2010 om 9:51 nm

    Wow! Jy het my sommer nou in trane! So waar! Wanr stel jy jou 1ste dig bundel saam?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: