Om niks te voel nie

Jy lyk verbaas oor die vuur in my oe

Onthou jy nie hoe jy stukkie vir stukkie

die son uit elke hoekie van my dag

kom uitvee het nie?

Onthou jy nie

hoe jy die donker skadu

saggies

oor elke oomblik laat sak het en

hoe jy ‘n swart wolk in elke woord

en elke asem

en elke oggend

kom gooi het nie?

Onthou jy hoe ek dit skaars tot by my voordeur kon maak

sonder om plat teen my teelvloer te val

en met my wang teen die grond

in die stilte in te bly snik?

Onthou jy nie hoe ek voor God

geskree het

gesmeek het

om net ‘n stukkie van my pyn weg te neem

of

dat sy ook dalk sou seerkry, sou val

of dalk erger

enigiets

dat julle ‘n oomblik van my pyn

kon ervaar

Jy lyk verbaas oor die ys in my oe

Onthou jy hoe ek later niks meer

kon voel nie?

Natuurlik nie

Jy was mos nie meer daar nie

Advertisements

1 Response to “Om niks te voel nie”



Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: