Wat as ons gemaak is vir meer as “safe?”

My een vriend probeer Christenskap so verduidelik. “As ek vir jou se daar is roomys in die kombuis, en jy gaan staan op en kyk dan glo jy my. As ek vir jou se, daar is roomys in die kombuis, en jy se vir my ja jy glo my maar jy bly sit, dan glo jy my nie regtig nie.” En dis hoe dit is met Christenskap. Daar is nie AKSIE wat jou qualify om ‘n Christen te wees nie, jy hoef niks te DOEN om die roomys te verdien nie, maar die geloof gaan oor tot in aksie (jy staan op en gaan kyk.) Ek wil amper se dat as daar nie aksie is nie dan glo jy nie regtig nie.

Weereens blog ek random ramblings so sterkte vir wie-ookal try sin maak van wat ek skryf…

Maar ek wonder nou al ‘n rukkie, since when het Christenskap SAFE geraak? Daar was hierdie random dude Jesus, wat mense se lewes kom verander het, gevra het om al hul goed weg te gee, hul ouers te verlaat, hul beroepe te verander, baie wat saam Hom gesien is is tronktoe en Hy is dood aan ‘n kruis.

En op ‘n manier het ons Christenskap “safe” gemaak. Jy kan ‘n Christen wees deur saam te stem met ‘n stel reels en principles. Soos, jy kan in principle glo dat seks voor die huwelik sleg is, mens nie moet vloek nie, money nie happinessis nie en mens moet vir arm mense omgee. Tick jy daai lysie? Bam! Welkom in Christenskap.

En dis hoekom niemand Christene wil wees nie…

Ons het Christenskap verander tot hierdie stel principles waarin jy kan glo. Maar dit gaan SOOO NIE daaroor nie! Om ‘n Christen te word. Om regtig te glo. Is dangerous. Scary. Mind blowing. Awesome. Crazy. Unpredictable. Dit mess met jou mind. Dit maak jou mal. Dis als behalwe safe.

Dit is makliker om reels te try hou as om uit te figure hoe flippen lief Jesus vir jou is. Dis makliker om als in SAFE boksies te pas en te mark “safe for the whole family” as om leaps of faith te vat en ons potensiaal te bereik. Dis makliker om mediocre te wees en voort te gaan met ons safe, betekenlose bestaan en ons afleiding in TV, random social drama, werk, porn, whatever te vind…as om die challenge te accept waarvoor ons gecall is. Ons is bored. Christene is bored. Ek is bored. En afgepiss met hoe mens net settle vir minder. Hoe alles net “okay” en “safe” moet wees.

Ek wil leer hoe dit is om als op die spel te plaas vir iets groter, meer amazing, as wat ons kan droom. Ek wil leer hoe om buite die boks te dink, abnormaal te wees, bang te wees maar te veg vir iets wat worth it is. Ek wil nie meer die paaie van die lewe volg soos dit volgens sosiale normes uiteengesit word nie.

Ek wil wonder, explore, dinge probeer, foute maak, vrae vra….anders mag en dalk net doodgaan sonder om dit eers agter te kom….

Advertisements

3 Responses to “Wat as ons gemaak is vir meer as “safe?””


  1. 1 Cara Meintjes November 1, 2010 om 9:20 vm

    Awesome post. Ek stem saam. Ek voel vir die eerste keer regtig die “push and pull” tussen om my agenda oop te hou vir die Here om vir my te sê wat om volgende te doen, en om te begin bou aan ‘n netjiese, gemaklike, suksesvolle toekoms wat ek… nog… nie… 100% seker is is Sy wil vir my nie.
    En dis mos nou hier wat ‘n mens die leap of faith vat, as Hy vir jou sê waarheen om te spring.
    Of nie, as jy nie regtig dink daar is roomys nie.

  2. 2 toortsie November 3, 2010 om 1:58 nm

    as jy begin om jou bybel te lees omdat jy dit WIL lees, omdat jy wil HOOR wat God vir JOU sê, was die boodskap vir JOU IS…. as jy daar vreemde boodskappe begin hoor en begin om in klein dingetjies gehoorsaam te raak aan God… as jy Hom begin raadpleeg vir dinge in jou lewe, ook dinge wat mens mos nie vir God vra nie, maar jy doen…. as jy vir Hom begin vertel wat jou bly maak wat jou vrese is dat jy sleg voel of wat dink Hy…. as jy uit jou hart uit kan sê Here ek het U waarlik LIEF….. en GLO dat HY BESTAAN, dat HY IN BEHEER IS, dat HY BETROKKE IS BY ELKE DINGETJIE in jou lewe…. al dink ander mense jy is koekoes…. as jy “toevallige” dinge in jou lewe begin raaksien wat beslis nie toevallig is nie, maar deur Iemand georkestreer….. dan… begin dinge vir jou oopgaan, sien jy goed raak wat ander mense nie raaksien nie, hoor jy ‘n Stem wat ander nie hoor nie… begin jy anders dink, is christenwees nie meer ‘n stel reels nie, maar probeer jy doen wat God wil he omdat jy graag WIL en nie omdat iemand dit vir jou voorskryf nie… dan kan jy nie meer “bored” wees nie, maar leef jy daagliks in AFWAGTING omdat daar ‘n verrassing spesiaal vir jou weggebere is…. dan raak dit LEKKER en raak jy OPGEWONDE, VROLIK BLY!!! …. ek vermoed jy is reeds daarmee besig!!! 😀

  3. 3 BB November 29, 2010 om 11:02 vm

    Wat ‘n ONGELOOFLIKE AWESOME inskrywing!!
    Ek is ‘gebore en getoë’ Christen… amper amper ‘geneties’ :mrgreen: my ma is ‘n Christen en my pa is ‘n Christen – dit het my darem seker noodwendig een gemaak, nê 😕
    Toe nie…
    Dit het die helfte van my lewe gevat om die immensity daarvan te besef. Dit vat steeds by tye ongelooflik baie Vertroue om te glo… soos jy sê: Geloof is vertroue in aksie. Jy’s reg.
    Ek kom lees weer! Beslis. Baie beslis!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: