Meer as oorvloed

Vandag was een van daai dae.

Waar jy opstaan en dit voel of jou hart in die nag uit jou liggaam uitgeklim het en hom iewers anders gaan tuismaak het. Waar jy heeldag sukkel om sin te maak van jou emosies en dinge net nie mooi wil terugklim in hulle boksies nie.

Ek onthou toe, ek gaan vandag na die flats toe!

Net om te recap…in die afgelope paar weke in die flats was daar ‘n knife fight voor ons voordeur, ons neighbour wou sy seun skiet en het sy gun kom rondswaai voor ons kinders, ‘n meisie is met ‘n baksteen geslaan en ons het haar hospitaal toe gejaag en ons het ‘n rapist in die oe gekyk met niks ander as sy voordeur se hek tussen ons nie. En dis nou nie gepraat van die gewone gevloekery, gossip-drama, tannies wat se harte breek, jong kinder swat messe skooltoe vat tussenin nie. Dis maar ‘n gewone dag vir ons op ‘n Woensdag.

Maar dis nie die punt nie.

Toe ek daar in ry toe kry ek my usual gevoel van excitement. Wat kan possibly vandag gebeur? Hoe kan ons vandag gechallenge word? Wat gaan ons vandag moet handle wat heeltemal uit my realm of existence is? And I started to feel alive again…

Ek wonder of dit nie iets is van Jesus se hart vir ons nie. Iets van daai excitement. Daai leefstyl. Daai recklessness waar ons in die middel van die wereld se drama is, maar safe, want dis SY plan…

Later die middag eet ons middagete en ek besluit om die grootmense vir ‘n rukkie in die huis te los en buite saam die kleintjies te gaan sit wat vroeg van die skool afkom. Een vra of ek die storie van Jona en die vis kan vertel. ‘n Ander een probeer sy kla-gekoude bubblegum vir my persent gee, die derde een vra met ‘n huge smile en geen voortande “kan ons die CHOMP liedjie sing?”

Ek kry ‘n oproep en moet my trane wegsteek. ‘n Klein tweejarige dogtertjie met die selfvertroue van ‘n vrou van 28 kom maak haar tuis om my skoot. Ek hou haar vet lyfie vas en soen haar nek terwyl ek my gesig in haar hare wegsteek dat hulle nie die traan by my oog sien uitloop nie. Ek kry nog ‘n drukkie en maak my oe toe vir ‘n oomblik terwyl ek die bondeltjie liefde op my skoot vashou.

Ek besef net weer ons is nie daar vir hulle nie, soos ons onsself in ons self-righteousness wil maak dink. Hulle is daar vir ons. Jesus sit ons in die middel van die drama neer want hy weet dis waar ons die beste gaan function. Vandag het ek so gevoel. My hart wat iewers rondsweef. My emosies in ‘n warboel. Maar vrede en liefde by die kindertjies. Oorloop van vreugde om by hulle te kan sit. Hulle drukkies is vir my meer as goud werd. Meer as my huis, my kar, enige besitting. Om een drukkie van een van hulle af te kry. Vandag was my joy meer as oorvloedig. Dit was never-ending.

Advertisements

3 Responses to “Meer as oorvloed”


  1. 1 toortsie November 4, 2010 om 10:08 vm

    Geluk!!! Julle is besig met Koninkrykswerk!!!

  2. 2 Marrel November 4, 2010 om 3:54 nm

    …and that’s why we do it… Blessings

  3. 3 BB November 29, 2010 om 11:46 vm

    …hulle is daar vir ons. Beautiful.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: