nuwe dinge

Ek het anderdag in die strate van Kaapstad gery en begin dink.

Om na ‘n nuwe stad/plek toe te trek is amper soos verlief wees. Soos iemand nuuts ontmoet. Eers is alles nuut en interressant. Jy luister aandagtig na die stories wat hulle vertel. Jou oe volg die lyne van hul lag en jy dink elke oomblik aan die volgende een waneer jy hulle gaan sien. Jy exlore die strate van die stad asof dit ‘n nuwe lyf is wat skielik langs jou le. Elke aand iewers anders. Elke middag ‘n ander koffiewinkel. Nuwe reuke, geure, smake. Jy staar die mense aan wat verby jou loop. Wonder oor hul stories. Knoop geselsies aan met die waiter en die ou wat jou kar oppas. Soos ‘n nuwe liefde trek jy vinnig die comparisons tussen jou vorige ervarings. Jou hart klop en jy voel of die iets of iemand jou binnekant verstaan. Jou vorige liefde was eentonig, die verhouding het generies geraak.

Jy dink aan jou vorige huis. Die verkeer oppad werktoe. Die eentonigheid van jou bestaan voor jy getrek het. Jy neem die lyne van die berg in, ruik die see en glimlag elke keer as jy die maan sien. Jy geniet die eerstes… Eerste reen, eerste stap langs die see, eerste uitgaan na ‘n nuwe plek, die eerste keer as hy vir jou blomme bring, die eerste keer as hy by jou oorslaap, die eerste keer as hy jou soen…. Jy kry skaars asem…

Dan later… Die eerste geveg. Die eerste keer wat hulle by jou kar inbreek. Die eerste keer wat die droom en die realiteit begin lostrek van mekaar. Die eerste keer wat jy vroeg die oggend iewers moet wees en besef, hier is ook maar verkeer. Hulle steel jou handsak. Jy sien skielik die hartseer om jou raak. Die prostituut wat aand na aand op jou straathoek staan. Die bedelaar met die 2-jarige op die hoek. Jy begin oogkontak verby elke keer as jy by ‘n robot stop. Jy sien die armoede, die seerkry, die pyn. Hy vergeet om te bel en jy onthou die aande van wakker le en wonder of hy nog so voel. Jy onthou hoe konflik voel en om te baklei met die een vir wie jy lief is. Jy begin besef hy raak ook ongeduldig. Hy was nie sy handoeke nie. Daar is gate in sy kouse. Morning breath. Hy kannie verstaan hoe chocolates jou kan gelukkig maak en hoekom jy soms nie lus het om saam sy vriende te kuier nie. Die oggende waar jy opstaan en weet, werk is maar werk, maak nie saak waar jy dit doen nie.

Die verhouding neem roetine aan. Word generies. Jy wonder of daar nog iets agter “eks lief vir jou” is en of dit maar net die manier is wat mens ‘n oproep afsluit. Jy sukkel om die see te sien soos jy altyd het en as mense kom kuier dan probeer jy deur hulle oe na jou plek kyk. Jy word opgevang in die warboel. Jy begin verby die dinge kyk. Vergeet hoe mooi die liggies op jou gunsteling pad is. Die kos by jou gunsteling restaurant begin minder special word. Maar later… Die opgewondenheid van dit wat nuut is, vervang met iets anders. Stille rustigheid. Julle tiende fight en die besef dat hy nog daar is, dat hy nie gaan wegloop nie. Dat jy nie meer jou woorde hoef te tel, elke dag jou beenhare hoef te skeer en duisend keer jou make-up te check voor jy hom sien nie. Jy weet hy is daar vir meer as hoe jy lyk. Jy kan laat kom, hom kwaad maak en sommer irrasioneel met hom baklei en hy sal nie wegloop nie. Geduldig vir jou spasie gee tot jy beter voel. Chocolates en blomme bring omdat hy weet jy hou daarvan.

Jy begin die geluide en die reuke van die nuwe plek gewoond raak. Die klein goedjies wat mens nie sal weet as jy nie daar bly nie. Die waiter wat, as jy daar kom sit vir jou se “the usual.” Die wete waar en hoe om te ry om verkeer te mis. Die ou wat langs jou bly en elke oggend met sy hond gaan draf. Die reuk van reen op die pad. Die vrede van huistoe kom, van weet wat vir jou wag. Die nie-meer-wonder waar om te uit en waar om uit te gaan nie. Die excitement van die nuwe gemeng met die security van dit wat soos huis begin voel. Sondae oggende laat slaap. Movies kyk onder jou wolkombers. Om te weet waar die beste koffie en goedkoop parkering is. Wakker word langs ‘n bekende lyf. Weet dat hy weet jys nie ‘n morning person nie. Bymekaar kan sit en niks hoef te se nie. Om te weet as hy is lief vir jou op die manier wat hy vir jou kyk. As hy jou beste vriend word. Die gevoel van ‘n middagslapie sonder om jou wekker hoef te stel. Jou kamermuur is nie meer leeg nie. Die nuwe plek het jou huis geword.

Vrede wat kom saammet die bekende.

Advertisements

4 Responses to “nuwe dinge”


  1. 1 Wally November 13, 2010 om 10:32 vm

    AWESOME Karliena…dis verskriklik mooi gestel

  2. 2 Frances soer November 14, 2010 om 12:57 nm

    Flip!ek LOVE hoe jy skryf skat!!ek wil net nog lees,mar dan is dit klaar..Mwa

  3. 3 Son November 14, 2010 om 5:39 nm

    Hierdie is ‘n pragtige, pragtige vergelyking. Ek is ‘n gebore Kapenaar en was op ‘n stadium 12 jaar weg van hier, en toe kom ek terug. Niks was dieselfde nie en als was dieselfde. Amper soos om weer met jou eks-man te trou. Maar nou waardeer jy hom dubbel so veel, want jy het ander mans geken en niemand was net so presies reg nie, met irritasies en al. En as jy saans jou kop langs hom neerle, dan weet jy, ‘ek is by my huis’. Die Kaap is my hartshuis, ek sal NOOIT regtig iewers anders huis kan noem nie 🙂


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: