Die stilte

Sy kén die stilte. Sy ken dit goed. Die stilte wat stadig op jou opkruip. Jou verlei deur saggies saammet jou in die bed te kom lê. Jou te vertel dat daar vrede in die stilte is. Rus in isolasie. Sy kén die stilte. Wat jou stadig intrek. Van binne af deel word van jou.

 

En dan word jy een middag wakker van jou middagslapie en die stilte is oral om jou. Die versmoor jou. Dit laat jou dinge twyfel waarin jy lankal jou bestaan gevind het. Dit laat jou vrae vra. Daai wat nie antwoorde het nie. Dit kan jou vir dae lank tot jou bed, jou kamer dryf, jou jouself laat isoleer van alles en almal. Ongeduldig maak met enigiemand wat tussen jóu en die stilte durf kom. Alles terwyl die stilte stadig sy hande om jou nek begin draai.

 

Alles in jou wil uit. Weghardloop. Van alles en almal af. Maar jy kan nie. Jy lé vas, amper asof dit bo-op jou kom sit het. Jy word deel van die stilte al wil jy daarvan hardloop. Jy wil uit, maar weet nie meer hoe nie. Jy sal enigiets gee om tussen mense te wees, stemme, ander lywe, gesigte, asems… Tog kan jy nie. Tog wil jy nie in die openbaar verskyn nie. Die stilte sal jou nie toelaat om te gaan nie.

 

Jy kén die stilte te goed. Dit kom elke jaar.

 

Wanneer dit stil raak om jou.

 

Wanneer jy te lank begin rondkyk en stilsit.

 

Wanneer jy terugdrink en evalueer.

 

Wanneer die vrae aan jou deur begin klop.

 

Daardie wat jou stukkie vir stukkie mal maak.

 

Jy kén die stilte.

 

Dit klop elke jaar die tyd aan jou deur…

Advertisements

3 Responses to “Die stilte”


  1. 1 Son Desember 27, 2010 om 8:27 nm

    Dis hoekom ek nie van hierdie dae tussen 24 Des en 2 Jan hou nie.

  2. 3 Jomo Desember 31, 2010 om 12:17 nm

    Interesting…very interesting. Ek het gewonder wat gaan met my aan.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: