‘n Nuwe werk…

Okay, so ek weet ek het belowe om ‘n follow-up te doen op die vorige post, en ek belowe ek sal, maar vir nou kan ek nie so ernstig dink nie…

Ek het onlangs by ‘n nuwe werk begin, by Lentegeur hospitaal. Vir die wat nie weet nie, dis ‘n psychiatric institution, i.e. die malhuis.

Ek besef daar is ‘n paar dinge van werk wat vir my meer challening is as die actual werk wat ek moet doen:

1. Die mense. Seriously die mense wat saam jou werk is nogal iets om aan gewoond te raak. Die een meisie kom staan anderdag in my deur en se: “Ek mis my boeboe. Hy bly so ver.” Okay goed, vir die wat my ken sal julle weet dat ek nie taal soos “boeboe” en enige ander soppy love stories waardeer nie. Veral nie as ek jou nie ken nie. Ek deel nie my shit met jou nie, so moenie joune met my deel nie. Tweedens, sy bly in Durbanville en ek in Tamboerskloof. Ver? Regtig???

2. Office politics. Hier is ‘n OTT. Wat basically die Arbeidsterapie assistent is. So…sy moet doen wat jy vir haar se. Nie op ‘n mean manier nie, maar jy werk die skedule uit, sy volg dit. Punt. Hierdie een is nou al vir iets soos 20 jaar hier so, as usual, run sy die show. Ek dog ek piepie ‘n bietjie in my broek toe die Hoof van Departement (HOD/ grootkop/ the shit in die OT dept) se sy moet eers die ASSISTENT vra of die skedule haar pas.

3. Vroeg opstaan. Goed, ek besef amper almal haat die deel. Maar ek is ‘n aand mens. Ek funksioneer beste as die son onder is. Ek wil 2h gaan slaap. Maar ek kannie. Want ek moet half7 opstaan. Boo.

Ek wonder of dit net ek is, maar ek droom van ‘n werk wat die volgende eienskappe het.

1. Fleksi-tyd. Ek kan party oggende laatslaap en party vroeg opstaan. Party aande werk en party middae af he. Naweke en weke moet ook interchangable wees.

2. ‘n Kantoor in die stad, met aircon. Ek wou nog altyd in die middestad werk. Tamboerskloof, gardens, midde-stad, vredehoek, da rond. Waar jy by cute koffie winekels lunch en oppad werk toe vida koffie koop….

3. Jou baas is in ‘n ander gebou of awesome. Ek is so lucky dat my baas awesome was by my vorige werk. En die keer is my baas in ‘n ander gebou. Let wel ek ken haar nog nie so dalk is sy ook awesome. Who cares, sy is nie naby my nie, dis al wat tel.

4. Waar jy iets doen wat jy terugvoer kry, en besig genoeg is dat jy nie te veel tyd het om niks te doen nie. Seriously. Ek sien dit orals in die staat. Gewoonlik werk mense so hard om hul skedules aan te pas dat hul tog net middae afhet of kan vroeg loop, maar op die ou end verloor jy daai ding van besig wees en produktief voel.

5. Iets waarvan ek hou en ‘n actual verskil kan maak. Of terugvoer kry. Soort van selfde as hier bo. Maar as jy net kan SIEN jy doen iets. Ek weet nie hoe om te verduidelik nie…

6. Mooi kan aantrek. Ons nuwe uniform is swart, wit, groen, keer strappy tops, geen skirts, geen skinny jeans. Ek voel lelik.

Neway die malletjies is hier….cheers almal!!

Advertisements

2 Responses to “‘n Nuwe werk…”


  1. 1 vabond Maart 9, 2011 om 11:45 nm

    Ek gaan in die stad werk 🙂
    {net vir bietjie jaloesie-opwekking}


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: