Archive for April, 2011

Running on hope

We’re running on hope

As a diesel truck runs on its last fumes

Before it reaches what it used to call home

When we should be running on something real

We’re running on the past

As one drives that last few miles on something we once felt

As if it mattered for more than that once moment

When we should be running on something real

We’re running on distant memories

Like when one tries to catch those last few moments of the dream

Just before we wake up

We’re running on memories

When we should be running on moments

We should be running on something real

You ask me “Why aren’t you crying?”


 I answer “Because then I’ll never stop”

Die vrou by die deur

“Dis nie maandag vandag nie”

Die woorde registreer skaars soos ek met my gewone amper-harloop deur die swaai deure skiet oppad na die saal.

Later, oppad uit, sit die vrou in die rolstoel nogsteeds daar.

“Watse dag is dit vandag” vra ek, onseker hoekom. Sy is nie my pasiënt nie.

“Woensdag. Mevrou kom gewoonlik op Maandae” herhaal sy haar vorige sin. Dit verbaas my, want meeste van die pasiënte is skaars bewus van die feit dat ek daar is, om nie eers te praat van wanneer ek kom nie.

“Hoekom sit jy hier by die deur?” vra ek, in ‘n poging om met my kranige insig ‘n duik in haar psige te maak.

“Ek sit altyd hier” verduidelik sy, binnesmonds, asof dit ‘n antwoord is.

Ek wag nog so oomblik en kyk vir haar, my karsleutels in my hand.

“Die studente kom my haal” sê sy. Ons gesprek vind plaas met haar oë gespits op die pad daar buite. Sy kyk skaars na my. “Kom hulle elke dag?” vra ek “Hulle weet hulle moet kom. Ek kan sien as hulle kom” sê sy weer.

“Ek het skoolgegaan tot Sub B weet jy” kyk sy skielik vir my.

“Dis goed” sê ek, sonder om my gewone ‘liefie’ agteraan te sit. Iets vertel my hierdie vrou is nie ‘n kind nie, soos die res van die pasiënte in die saal.

Ek staan nog so oomblik, onseker van wat om te sê. Ek weet meer van haar as wat sy dink. Ek weet dat sy nog nooit in ‘n huis gebly het nie, maar van kindsbeen af deel van die “sisteem” was. Ek weet sy wag. Elke dag. Ek weet sy meng nie met die ander pasiënte nie. Ek weet sy haar haar rolstoel, maar sy is te swaar om te loop.

“Hulle gaan nou kom mevrou” sê sy weer, sonder om na my te kyk.

“Goed, hulle is seker hulle is oppad”