geluk

Ek kuier op die oomblik by die huis. Dis altyd weird om huistoe te kom. Mens word herinner aan soveel goed wat mens soms net uitblok. Ek kom ook agter hoeveel anders ek is. As ek nie nou en dan huistoe kom nie sal ek nie eers agterkom dat ek verander nie. Verandering gebeur so sublte. Ek onthou ook baie kere wat ek ongelooflik ongelukkig was. Kere wat my hart seer was vir een of ander rede. Tye wat ek myself gedoubt het, onseker was oor wie ek is. Ongelukkig was oor wat ek gedoen het met my lewe op daai stadium.

Soos ek paar mense weer sien, of na verskillende plekke gaan, onthou ek hoe ek was die vorige keer wat ek daar was. Soms onthou ek die presiese emosie of gevoel. Vandag toe ek terug ry hoor ek op die radio die dj se dat elke jaar vinniger gaan as die vorige een. Sy konnie glo dis al Mei in 2011 nie. Gewoonlik sal so iets my bang maak. Onseker. Maak hunker vir die verlede. Mense maak mis. Nostalgies maak.

Vandag was ek opgewonde. Vir die eerste keer dink ek, sien ek uit na die lewe. Ek geniet wie ek is. Ek sien uit na dit wat kom. Ek dink ek raak ook gewoond aan verandering. Verandering was altyd vir my erg. Veral in terme van mense in my lewe. Deesdae kom ek agter mense kom en gaan. Dit maak hulle nie minder spesiaal of belangrik nie, maar deel van die lewe is die feit dat mens kan LEEF. Nie mekaar moet vashou nie. Nie bly klou aan dit wat jou altyd gelukkig gemaak het nie. Ek sien so uit na dit wat kom. Eks so gelukkig om in die Kaap te kan bly. Nuwe vriende te kan maak. Nuwe stokperdjies leer. Eks is baie minder bang, as wat ek opgewonde is.

Geluk is “sneaky” op daai manier. Dit sneak op jou op. Eendag word jy wakker en jy besef jy is damn gelukkig.

Dis maar my epithany vir vandag…

O ja, ek het ook ‘n “reeks” essays geskryf wat ek gaan publiseer. Weereens die disclaimer dat my skryfwerk fiksie is en nie ‘n realistiese beskrywing van my of iemand wat ek ken nie. So no need for panic yet…:)

Advertisements

2 Responses to “geluk”


  1. 1 Cobus Mei 2, 2011 om 1:15 vm

    Ek hoop nie ek is een van daai mense wat net gekom en gegaan het in jou lewe nie!? Ek mis jou en het jou nie gesien toe jy nou in Kempton was nie.

  2. 2 toortsie Mei 2, 2011 om 8:20 vm

    Ja, die lewe stap aan. Soms stap ‘n vriend jou lewe lank langs jou, soms net vir ‘n rukkie. Nie omdat julle kwaad is vir mekaar nie, maar omdat die lewe aanstap en mens ontwikkel. Maar dis wonderlik! En die wonderlikste van als is as jy jouself gevind het, soos jy het, en gelukkig is. Nou kan jy net voortbou!
    Geniet die lewe! Dis SO die moeite werd!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: