n Briefie vir Raymondo

Raymondo

Ek skryf vir jou n briefie wat jy dalk nooit sal sien nie. Ek skryf want vannaand breek my hart oop vir jou. Eks so jammer oor jou pappa. Ek huil al heel middag. Maar ek weet aan jou maak dit nie saak wie huil nie. Jou lewe is in twee geskeur. Die dice het eintlik al lankal vir jou verkeerd geval. Ek dink nie jy besef hoe verskriklik skeef nie. Dis seker beter so.

Ons het ander aand n movie gekyk. Ek dink heeltyd daaraan. “Street kings” of iets. Hulle skiet daarin ook. Hardloop in die ‘hood rond en vang die druglords en ons kyk dit want dis “entertainment”. Dis ironies dat ons so maklik vergeet dat dit wat op die skerm voor ons gebeur vir jou maar net nog n dag is. Wat is fout met die mensdom dat ons bang is om in die flats te gaan rondhang? In jou eie huis vir jou te kom kuier, maar ons smag na die drama as dit net ver genoeg van ons eie realiteit is?

Mondo. Ek onthou jou groot ogies wat so maklik van sag na vuur kan gaan. Jou glimlag wat in n sekonde kan verander na n drygement of n vuishou. Ek het jou steeds lief en ek wens jy was my kind. Ek wens ek kan jou vir ewig vashou en wegneem van die lewe wat in jou skoot geland het. Ek wens ek kan vir jou verduidelik dat dit nie is hoe die wereld werk nie, en jy nie so hoef te lewe nie. Ek wens jy hoef, op die ouderdom van 12, nie jouself te beskerm nie.

Miskien eendag, hoop ons almal, sal jy saam my sien. Moet ons bid vir jou? Help dit tog? Of net aanhou blog posts skryf om ons gewetes te sus of uiting te gee aan ons hartseer? Jou situasie word beskryf as “hartseer” of “jammer” maar daardie woorde het nie betekenis nie. Dis tragies. Nie eers dit nie. Dis… net nie reg nie. Daar is iets diep in die materiaal van die samelewing fout dat jy die dinge moet deurgaan.

Raymondo. Ek kannie vir jou n drukkie gee nie. Ek kannie aan jou verduidelik nie. Ek kannie saam jou hartseer wees nie. En ek kannie begin om te dink wat in jou aangaan nie. Ek kannie vir jou ‘n pappa vir kersfees teruggee nie.

Ek bid net dat, wanneer ek terug is, ek jou nog eenkeer kan vashou. Nog eenkeer jou gebalde vuiste oopmaak en jou hart teen myne druk.

Advertisements

2 Responses to “n Briefie vir Raymondo”


  1. 1 Robin Katzen November 9, 2011 om 7:43 vm

    Wow dit is WOW!!

  2. 2 Nadia November 9, 2011 om 4:01 nm

    Sjoe… ek hoop hy kry die kans om hierdie te lees. Beautiful.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: