Archive for April, 2012

Die Kongo kinders

Ek sien die klein, pikswart seuntjie op die trap sit. Sy broodjie is in sy een hand terwyl hy konsentreer om met die teelepel die samp en mielie mengsel op die broodjie te smeer. Om hom gil een kind op ‘n ander, want klaarblyklik het “hy my eerste gestamp!”, ‘n groter seun stoei ‘n kleintjie van ‘ n stoel af en ‘n krulkop dogtertjie probeer verwoed ‘n plekkie in die chaos inwikkel. Tussen dit alles sit hy rustig en eet sy broodjie. My hart breek in klein stukkies as ek kyk na die netjies kleertjies, altyd skoon gewas. Sy sussie (of is dit niggie? wie weet) is ook altyd netjies uitgevat in ‘n rokkie. Wanneer ek met hom praat staar hy met groot ogies na my. Hulle verskyn altyd daar van Gugulethu se kant af, maar praat Afrikaans soos ek en jy, hier tussen die Heideveld-klomp. As ek met my mazda om die hoek jaag staan hulle gewoonlik in die straat en loer vir my, daag sekondes daarna by die huisie op. Die meisie hou van fotos, weet ek, en glimlag breed as my kamera uitkom. Die seuntjie is stil, en sit gewoonlik sy vinger in sy mond as ek die kamera na hom toe mik.

Vandag bekyk ek hom maar net soos hy rustig sit. Ek wonder wat hy alles in daardie stil gedagtes van hom begrawe.

Twee dae later stap ons na van die groter Kongo-kinders se huis. Blykbaar bly hulle net hier om die hoek, in ‘n erf waar ek al menigde kere verby gestap het. Die tweetjies wat hier bly is bietjie ouer. Ek’s onseker of hulle familie is van die twee kleintjies, maar kan netsowel. Hulle ogies en glimlaggies is spierwit teen die donker Afrika velletjies. Die jonger seun se mooi maniere het selfs my pa se hart gesteel. As mens vra watter skool hy in is se hy saggies “Dagbreek” en as mens vra hoe gaan dit, is die antwoord altyd “goed.” Afrikaans klink vreemd uit hul monde, maar tog pragtig. Hoekom dan nie? Hulle bly ook hier in Heideveld.

Daardie dag loop ons by die erf in, en ek mik na die voordeur. Die vrou saam wie ek is, lei my egter om die hoek van die hoof-huis en ons kom af op die kleinste kamertjie. ‘n Wasgoedlyn, gemaak uit gewone tou, met twee skoon gewasde hempies span van muur tot muur. Ek besef skielik dat dit is dit. Hierdie piepklein kamertjie, beduidend kleiner as my sitkamer, is hulle huis. Hulle hele huis. Vir twee seuns, ‘n mamma en ‘n pappa. Daar pas skaars ‘n bed in.

Vir ‘n oomblik weet ek nie hoe of waarheen nie. Vergeet skoon hoekom ons daar is. Al wat ek wil doen is huil, maar ek weet dit maak nie saak nie. My trane, my hartseer, is selfsugtig teen hul swaarkry. Ek wonder vir ‘n oomblik of ek my huis vir hulle kan gee. Ek wonder oor alles. Oor die lewe.

Amper ‘n week later het ek steeds geen antwoorde nie. Ook geen rus nie. Soms maak ek my hart toe en verwyder my gedagtes. Maar al hierdie help hulle nie. Die hartseer, die gedagtes, die blog skryf. Selfs die bietjie liefde wat hulle elke Woensdag kry verander nie die bed waarin hulle slaap nie. Niks maak hulle klein huisie groter nie. Niks verander die strak verskil tussen die goedgemanierde jong seuns en die omstandighede waarin hulle bly nie.

Soms is die lewe net flippen, flippen unfair.

Om terug te kyk

Vannaand het ek toevallig weer my ou blog posts begin lees en besef…dit was hierdie naweek, twee jaar terug. Twee jaar terug, hierdie naweek, was ek amper dood. Van hartseer. Van hart-breek. Van nie kan asem kry sonder hom nie. Nou, twee jaar later hier sit ek, en my lewe lyk anders. Ek kan skaars onthou hoe dit gevoel het om nie in die Kaap te bly nie. Ek het ander vriende. Sommiges nog dieselfde. Ek het vir 6 maande die vreemde aangepak. Ek betaal my huur, het my eie verskering, medies, sukkel self om my kar reg te kry wanneer hy breek… Ek het tafelberg geklim, geleer surf, die Cape Flats leer ken, amper ‘n M graad…

Soms voel dit of mens agteruit beweeg. Of net stagneer. Maar as ek so terugkyk en sien dat, net twee jaar terug het ek amper-amper teruggehardloop laeveld toe en daar gebly vir hom… Hoe anders sou dinge nie toe wees nie? Hoe min ons eintlik bymekaar gepas het. Maar hoe ek vir maande lank skaars kon asem kry toe hy iemand anders vind, so vinnig. Dis vreemd hoe, wanneer mens so voel, geen logika jou kan oortuig dat jy ooit gaan beter voel, en dat daar n groter plan is nie.

Ek kry nie meer so seer nie, so intens. Ek dink langer, is meer verantwoordelik, maar ook brawer. Ek sien dinge anders. Mense. Die wereld. God. Eks rustiger. Ek raak nie meer so hartseer en vir so lank nie. Ek pas myself op en is okay daarmee. Eks nie meer bang vir alleen wees nie.

Daar is nog baie dinge. Baie foute. Baie goed wat ek wens ek onder die knie kan kry of verander. Maar vannaand besef ek mens moet nou en dan terugkyk. Om te kan trots wees op wie jy is.

So, incredibly human

I’m just gonna come out and say this. We are all so incredibly human.

This has been a weird couple of weeks in terms of realising my own faults and the faults of others. A while ago I did something bad to really hurt my friend. Something I thought I would never do. Neither did she. And another friend of mine did something really bad to hurt her boyfriend. Something no one would have expected her to do.

And we’re all so fallible, and we’re all so human.

This is not a blog about the consequences of our actions (though we need to know there are). This is not about knowing when to move on and when to let something go. This is not about knowing who to trust and who not. This is not about making what I did or my friend did any less wrong. This is not about taking away how much we hurt the people we love.

This is just about knowing, we are all human. I am more human than I would like to care. Growing up you think doing the right thing is easy. You think even knowing what the right thing is is easy. But the lines blur so quickly and so easily. There is always a justification in your mind for what you do. There is always a good enough reason or an argument that distinguishes you from everyone else.

And then someone finds out what you did.

We never think they will. We never realise how much we can hurt the people we love until we do. And then we look back and the line between right and wrong is…well…if you could find it you wouldn’t be in this position.

These past weeks I learned that we are all human. All of us. Even the people we put on pedastils. Even our friends we trust with out lives. Even our boyfriends and girlfriends. Even our parents. Even ourselves.

We are all so, incredibly human.

It would do us all good to remember this every now and then.