Na-eem se droom

Na-eem is 12 jaar oud. Hy is maar een van die seuns wat rondom ons huisie bly. Gister het ek die voorreg gehad om saammet Na-eem te sit en lees in ons library, toe praat die jong seun bietjie sy hart uit. Hy het vir my probeer verduidelik watter sussies en watter boeties aan watter pa en watter ma behoort, maar ek konnie bybly nie. Ons se maar, tussen sy ma en sy pa (wat lank nie meer saam is nie) is daar BAIE kinders. Na-eem bly saammet sy pa in iemand anders se huis, ek is nie eers seker hoeveel kinders en grootmense in die klein dubbelverdieping huisie ingeprop word nie. 

Hy vertel vir my dat hy ook ‘n pa wil he wat omgee oor hom. Hy wil nie net dat hy “…’n 5 bob in die hand stop en vir my se om te loop nie. Ek wil he hy moet regtig interest in my he. My vra hoe my dag was”. Hy vertel vir my dat hy bekommerd is, omdat die oom wat die huis besit hulle weer uitgesit het. Na-eem se pa bly amok maak in die huis en die oom is moeg daarvoor. 

As ek vra hoekom hy steeds in graad 4 is, vertel hy “…dis die tyd wat ons mos so baie getrek het. Ek het nie geweet waar ons gaan bly of wat ons gaan eet nie… My lewe is nogsteeds deurmekaar. Ek weet nogsteeds nie”. 

Na-eem se droom is om ‘n lawyer te word, want hy wil “…uit hierdie plek uit. Hier vang mense net junk aan”. Hy vertel hoe hy droom van soms net weghardloop. Hy wil skool klaarmaak en dan net werk om sy eie geld te kry. Ek vra hoe hy dan ‘n lawyer gaan word as hy nie gaan swot na skool nie, klap hy sy hand teen sy voorkop en se “Ai, ek het nie daaraan gedink nie. Dan sal ek maar colledge toe gaan”. 

Na-eem gaan tien teen een nooit ‘n lawyer word nie. Daar’s ‘n goeie kans dat hy nie eers skool klaarmaak nie. Met die lot wat aan hom gedeel is, is dit nie verbasend nie. Maar hy glimlag nog, teken vir my prentjies vir my yskas en speel sorgvry bal in die straat. Sy drome oor eendag hou hom lewendig. Sy glimlag hou hom sterk. Selfs al word hy nie ‘n lawyer nie, die droom is nie verniet nie. Elkeen het iets nodig om aan vas te hou. Image

Advertisements

3 Responses to “Na-eem se droom”


  1. 1 rymhard Augustus 23, 2012 om 4:53 nm

    woorde val in sulke tye kort.

  2. 2 seegogga Augustus 24, 2012 om 12:41 vm

    Dankie vi die storie van Na-eem. Stof tot nadenke.

  3. 3 Robin Augustus 24, 2012 om 10:07 vm

    Too true… Hope. So pleased you get to sow hope into a few.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: