Die gang

So sonder waarsku trap ek vanoggend, nog half deur die slaap, reguit in die diep gat wat soms in die nag langs my bed kom lê. Val my hart dwarsdeur die deksel wat ek lank terug so versigtig daarop geplaas het.

Dwaal ek vanoggend vir ure in die gange, deur die tonnels van herinneringe. Loop ek om elke hoek en draai in myself vas. In dele van jou wat nog, spookagtig in die krake rondstaan. Daar waar ek gedink het die spinnekop se web lankal die gedagtes sou toevee.

En as ek uiteindelik opkom vir asem, skyn die son effe te skerp

Verlang ek, net effens, na die donker van die gang

 

Advertisements

2 Responses to “Die gang”


  1. 1 Robin Oktober 25, 2012 om 11:45 vm

    You have a writing gift! Just thought I should tell you in case you don’t hear it enough.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s





%d bloggers like this: