Archive for the 'Life' Category

Are you an appropriate Christian Lady? Take this quiz and find out!

Some times I fall into this trap of too much self-examination and I become riddled with self-doubt. Am I really a Christian? What about my “flaws”? How can I do this/be this/say this and still call myself a Christian? How do other people see me? Am I acceptable to society? Do I not need to be more like (insert perfect Christian friend here)?

Hence I developed this handy quiz to test if I really am a Christian Lady.

The following quiz designed for self-doubters to determine once and for all if you make the “cut”.

Score yourself by adding or subtracting marks as you answer the following questions.

If you’re a guy you can score your sister/friend/girlfriend/mom this way:

1. You wear skirts or dresses that are shorter than 2cm above your knee -5
2. Among your favourite books are: “Waiting and dating”, “I kissed dating goodbye”, “Passion and purity” or “Captivity” +10
3. Among your favourite books are “Sex God” and anything by Paulo Coelho or Philip Yancey. -15
4. You are good at maths or science -5
5. You have ever disagreed with a pastor or voiced your own opinion in church -5
6. You like making out or kissing. Actually, even hugging is a little dodgy. Side-hugs are okay. -10 (kissing)

-5 (hugging)

+2 (side hugging)

7. You have an IQ above 120 (church girls are meant to be seen and not heard and being smart often hinders this) -4
8. You like xkcd or any other geeky humor -4
9. You have a dark sense of humor. If you even so much as chuckle at any joke about babies, puppies or jews then it’s a solid minus for you. Even if you chuckle in your head. It counts. -15
10. You stick quotes up on your facebook wall. Preferably quotes by Ghandi, Benjamin Franklin, Martin Luther King, Mandela, oh yeah and the Bible +20
11. Your facebook picture shows your smiling face +10
12. Your facebook picture shows your legs (uncovered. Jeans are okay) -10
13. You have your own bible-study group +15
14. You are in the worship team. +20
15. You are worship leader (seen and not heard remember) -5
16. You have any kind of piercing. Yes, extra ear-piercings count. We don’t want to lead anyone into temptation. -7
17. You have ever considered getting or you have a tattoo. -20
18. You wear a bikini to the beach -10
19. Said bikini is white -20
20. You wear shorts over your full costume to the beach +20
21. You like hiking and other outdoor activities. +7
22. You can cook (remember, we are preparing for marriage girls!) +15
23. You have your own opinion on creation (this is a biiiggggg noooo) -25
24. You have skipped church to sleep in/go shopping/work during the last three months -10
25. You have skipped church to volunteer at a soup kitchen +10
26. You have ever been to ram-fest -20
27. You have ever been to coke fest -10
28. You have been to a trance party (this is worse than number 23) -30
29. If you go out and drink alcohol you make sure its only one drink per night or if it’s a day event then only half a drink. Also it has to be something suitable like brutal fruit, white wine or savannah. +5
30. You drink red wine, beer, or any hard-liquor like vodka, gin, whiskey ect. (minus an extra 5 if the beer is black label or the hard liquor is brandy) -10
31. You don’t get involved in debates about the church. It is not a woman’s place. +10
32. You have guy friends other than the guy who you are going to marry (who should only be your friend up until you get engaged and get married an approximate time of 6 months later) -10
33. Your guy friends aren’t Christian -20
34. You know how to flirt (Where did you learn this???) -30
35. You have watched Fight Club/ Vicky Christina Barcelona/ Sin city or Pulp Fiction -5
36. You like any of the above movies -10
37. You spend more than 10 minutes putting on make-up (then you are clearly putting on too much and this leads to temptation) -15
38. Your favourite past-time is reading/ painting/ writing or practicing an instrument. (these are suitable activities for a lady) +10
39. You smoke -20
40. You smoke weed -30
41. You have already chosen your children’s names and middle names. +30
42. You want to travel the world before you get married -10
43. Your best friend is married (this is proper company for a lady) +10
44. You have ever read the Koran, the Torah or have any friends that are of another religion. -10
45. These friends are guys (shocker!) -20
46. You have sworn in the last three months. Even if it’s in traffic. In your head also counts. -15

For those who didn’t get it, the point of this little satire is to remind us how the devil can amplify our insecurities and this is to show you how ridiculous it can get and…

Never mind..…if you didn’t get it you didn’t get it.

Advertisements

God is goed

Die afgelope paar dae voel ek amper soos ‘n bootjie in die middel van die oseaan wat nie weet waar hy gaan anker nie, of eers waar die naaste eiland is nie. Of soos iemand wat op die edge van ‘n cliff staan en verseker gaan val, nie weet waar ek gaan land nie. Daar is ‘n paar dinge in my lewe wat ek nog altyd as verseker gesien het. Goed waarin ek gehoop het die afgelope tyd of maniere wat ek gedink het goed gaan uitwerk, werk, blyplek, vriendskappe. Bowenal is dit nie waar ek my lewe op die ouderdom gesien het nie. Ekt gedink ek sal ten minste al gesettle het, ‘n boek geskryf het of op een plek bly.

Met die gevolg dat ek nogal gefrustreerd was met God. Ekt gevoel ek glo in Hom en bid en dra dinge aan Hom op en hou vas aan Sy beloftes en soek sy vrede, en goed werk nogsteeds net nie uit nie. Maak nie saak hoe hard ek probeer of watse kant toe ek mik nie, dinge wil net nie werk soos ek dink nie. Vandag voel ek toe ‘n nuwe wave van depressie kom, toe ek saam die tannie waar ek bly na so kerk toe is waar mens net in Sy presence op jou rug le en soak vir ‘n uur en ‘n half. Niemand preek of bid of niks nie, jy le net en luister musiek. En dan bid iemand saggies by jou en gooi so lappie oor jou wat die allerheiligste verteenwoordig. Ek vra toe vir God of ek ‘n rooi lappie kan kry.

Ek le toe met my oe toe en bid en dink dat ek iets special gaan voel of beleef of profeteer of droom of net…iets. In plek daarvan le ek ‘n uur en ‘n half net en dink aan dinge in my lewe op die oomblik. Ek maak toe later my oe oop en ekt ‘n pienk lappie gekry. En ek voel weer gefrustreerd omdat ek net le en dink het en nie eers in Sy presence kon inkom nie en Hy nie eers vir my ‘n rooi lappie gee nie. En toe dink ek, wie is ek om te besluit wat ek nodig het. Dalk moes ek nie nou ‘n rooi lappie kry nie, dalk moet ek nou ‘n pienk lappie kry.Dit is wat Hy vir my wil gee en wie is ek om te besluit watse geskenk ons Pappa vir my moet gee. En toe besef ek net…ek gee my lewe oor aan Hom, maar ek gee nie oor nie. Net omdat ek iets verwag op ‘n sekere manier, beteken nie dit gaan so gebeur nie. Net omdat ek op Hom vertrou vir iets beteken nie dit is wat ek gaan kry nie. Ek moet op Hom vertrou vir wat Hy vir my wil gee. Ek moet vertrou al word my expectations nie waar nie, ek moet vertrou dat Hy in beheer is en Sy plan beter as myne. So scary soos dit is moet ek net laat gaan en alles aan Hom oorlaat. Ek dink toe aan wat iemand eenkeer vir my gese het, as jy klastoe gaan vra jy nie jou dosent wat jy wil leer en dat leer hy dit vir jou nie. Jou dosent besluit wat belangrik is vir jou om te leer. En soveel soos ek dink ek het sekere goed en lesse en dinge in my lewe nodig, soveel meer weet God wat ek eerder nodig het. Om net in Hom te vertrou, in Sy goedheid, al is dit nie volgens my plan nie. Om te glo dat God nogsteeds goed is en in beheer is al voel ek soos die bootjie op die see. Ek moet glo eks geanker aan Hom. Aan die bodem van die see. Al kan ek nie sien waaraan ek geanker is nie.

God is goed

Die afgelope paar dae voel ek amper soos ‘n bootjie in die middel van die oseaan wat nie weet waar hy gaan anker nie, of eers waar die naaste eiland is nie. Of soos iemand wat op die edge van ‘n cliff staan en verseker gaan val, nie weet waar ek gaan land nie. Daar is ‘n paar dinge in my lewe wat ek nog altyd as verseker gesien het. Goed waarin ek gehoop het die afgelope tyd of maniere wat ek gedink het goed gaan uitwerk, werk, blyplek, vriendskappe. Bowenal is dit nie waar ek my lewe op die ouderdom gesien het nie. Ekt gedink ek sal ten minste al gesettle het, ‘n boek geskryf het of op een plek bly.

Met die gevolg dat ek nogal gefrustreerd was met God. Ekt gevoel ek glo in Hom en bid en dra dinge aan Hom op en hou vas aan Sy beloftes en soek sy vrede, en goed werk nogsteeds net nie uit nie. Maak nie saak hoe hard ek probeer of watse kant toe ek mik nie, dinge wil net nie werk soos ek dink nie. Vandag voel ek toe ‘n nuwe wave van depressie kom, toe ek saam die tannie waar ek bly na so kerk toe is waar mens net in Sy presence op jou rug le en soak vir ‘n uur en ‘n half. Niemand preek of bid of niks nie, jy le net en luister musiek. En dan bid iemand saggies by jou en gooi so lappie oor jou wat die allerheiligste verteenwoordig. Ek vra toe vir God of ek ‘n rooi lappie kan kry.

Ek le toe met my oe toe en bid en dink dat ek iets special gaan voel of beleef of profeteer of droom of net…iets. In plek daarvan le ek ‘n uur en ‘n half net en dink aan dinge in my lewe op die oomblik. Ek maak toe later my oe oop en ekt ‘n pienk lappie gekry. En ek voel weer gefrustreerd omdat ek net le en dink het en nie eers in Sy presence kon inkom nie en Hy nie eers vir my ‘n rooi lappie gee nie. En toe dink ek, wie is ek om te besluit wat ek nodig het. Dalk moes ek nie nou ‘n rooi lappie kry nie, dalk moet ek nou ‘n pienk lappie kry. Dit is wat Hy vir my wil gee en wie is ek om te besluit watse geskenk ons Pappa vir my moet gee. En toe besef ek net…ek gee my lewe oor aan Hom, maar ek gee nie oor nie. Net omdat ek iets verwag op ‘n sekere manier, beteken nie dit gaan so gebeur nie. Net omdat ek op Hom vertrou vir iets beteken nie dit is wat ek gaan kry nie. Ek moet op Hom vertrou vir wat Hy vir my wil gee. Ek moet vertrou al word my expectations nie waar nie, ek moet vertrou dat Hy in beheer is en Sy plan beter as myne. So scary soos dit is moet ek net laat gaan en alles aan Hom oorlaat. Ek dink toe aan wat iemand eenkeer vir my gese het, as jy klastoe gaan vra jy nie jou dosent wat jy wil leer en dat leer hy dit vir jou nie. Jou dosent besluit wat belangrik is vir jou om te leer. En soveel soos ek dink ek het sekere goed en lesse en dinge in my lewe nodig, soveel meer weet God wat ek eerder nodig het. Om net in Hom te vertrou, in Sy goedheid, al is dit nie volgens my plan nie. Om te glo dat God nogsteeds goed is en in beheer is al voel ek soos die bootjie op die see. Ek moet glo eks geanker aan Hom. Aan die bodem van die see. Al kan ek nie sien waaraan ek geanker is nie.

groot dinge

Okay so eks nie die mees emosionele mens in die wereld nie. Ek dink ekt laas in Lion king gehuil. Ek haat soppy movies. Ek lees nie Francine Rivers nie en ek deel nie my gevoelens met mense nie. Behalwe vir so 5 van my closeste vriende weet meeste mense nie wat in my hart aangaan nie. Ek dink meestal oor dit ‘n scary, scary plek is met meer moods as Malema, maar ek is maar net nie een van daai mense nie. Jy moet lank saam my spandeer of my lank ken voor jy weet wat aangaan.

Dis goed op een manier want ek dink nie dis nodig vir die wereld om te weet wat aan mens se binnekant aangaan nie. Maar aan die ander kant deal ek met baie dinge nie so goed soos ander nie want ek gesels met min mense daaroor. En dan pop dit eendag uit in die vorm van road rage of ‘n diep gat van depressie een aand as ek besef ek verstaan myself glad nie. Dis seker maar hoekom ek blog en verslaaf raak aan facebook. IEwers moet dit uit.

Elk geval, meeste van die tyd is ek in denial. Ek stres nie maklik nie. Ek dink nie ekt al ooit vir ‘n toets gestres nie. Ek weet nie hoe dit voel om te worry oor punte nie. Meeste van die stres wat ek beleef is sosiale stres. Ek onthou pertinent toe ek my eks ou se ma moes ontmoet die dag, gelukkig het hy dit sneaky gedoen voor ek besef, maar die karrit soontoe was erg. Ek stres nie vir voor mense praat nie, ek partykeer is ek die ekstrovert-persoonlikheid maar partykeer is ek stil en het niks om te se nie. Veral rondom meisies is ek minder op my gemak. So die enigste stres wat ek ken is sosiale stres, waar om my tyd te spandeer, vir wat om nee te se sodat ek vir iets anders kan ja se, gaan my ma kwaad wees as ek haar weer nie die naweek sien nie…sulke goed. Maar oor trek, toekomsbesluite, toetse, public speaking en die dinge waar oor ander stres het ek ‘n saak. Ek maak net of dit nie gaan gebeur nie en handle dit soos dit kom. Eks impulsief in meeste van my besluite of net plain besluitloos en hou aan rondspring tussen opsies.

So toe land ek nou gister in die kaap. Vir twee weke pak ek, sien menste vir die laaste keer, se bye sonder trane want dis flippen soppy, en duck my ma want sy huil heeltyd as sy my sien. Ek maak die praktiese relings van wie ry saam, hoeveel bokste kan in my kar pas en waar gaan ek bly. Ek raak hartseer vir klein, sporadic oomblikke maar meestel is ek rustig.

En toe ek gister stop toe tref dit my soos ‘n baksteen. Ek het nie meer ‘n huis nie. Ek het my ouers gelos, al die vriende wat ek ken, werksgeleenthede en ‘n comfort zone…om 1400km te trek. Sonder ‘n regte plan. Net ‘n vae-idee van wat moet gebeur. Daar is mense om my, almal vra vrae,  braai, skink wyn en gesels…ek wil net huil, myself in die badkamer toesluit of terugry huistoe (wie gee om of ek nounet 15 ure in die kar was?)

Ek vra my vriendin om saam te stap kar toe en huil soos ‘n babatjie.

Ek besef hieride was ‘n groter stap as wat ek gedink het. Ek kom agter dat my tong vol seertjies is en die binnekant van my mond stukken gekou soos ek van stres op my tanne kners. Eks al twee weke lank moody en geirriteerd (en nee dis nie pms nie.) Dis net dat ek trek.

Ek dink die is ‘n vreemde tyd in mens se lewe. Jys klaar geswot. Jy moet besluite maak oor ‘n toekoms, oor vriende, ‘n werk, ‘n lewe… Daars min stabiliteit en min dinge is soos dit was toe jy ‘n student was. Daar’s regte verantwoordelikhede en regte gevolge vir besluite.

My plan is om elke dag te vat soos dit kom. Eks bang vir die verkeerde besluit, bang vir commit en bang vir teruggaan want dan is dit soos stilstaan.

Maar Jesus het Sy plan en ek voel rustig in Sy hande. Eks seker dat Hy hier betrokke is, al is ek nie seker wat is Hy en wat is ek nie. Ek word gebless en voel veilig in Sy arms.

Eish…die lewe tog…

weghardloop

Na ‘n jaar in ‘n klein dorpie en weg van almal en alles af is terugkom…interresant. Ek is al die afgelope 3 dae besig om my kamer in my ouers se huis op te pak. Ongelooflik hoe baie gemors mens in 24 jaar kan versamel.

Vreemde hoe dinge verander in ‘n jaar. Een oomblik swot jy, dan is jy so in die middel en jou hele toekoms le voor jou, en die volgende oomblik is dit HIER. Al daai dinge wat jy gedink het jy nooit hoef oor te wonder nie, besluite wat jy oortuig was JY sal vryspring, skielik is dit op jou. Jy kry ‘n kredietkaart, polisse, en skielik weer sars van jou! Jyt elke week pos maar niemand stuur vir jou ‘n briefie nie. Dis scary.

Ek het gister saam twee van my beste vriendinne gekuier. Dit was lekker. Anders. Waar ons gewoonlik nie sou uitmis op die kans op ‘n glasie wyn, hoe hakke en die dansvloer nie is dit nou fliek en koffie by die huis. In plaas van gesels oor waar om uit te gaan of die volgende vakansie te beplan praat ons oor verlowings en toekomsplanne. Waar gaan ons werk en wie gaan wanneer trou.

Trou.

Oh my word. Nie gedink ek gaan ooit oor daai een hoef te dink nie.

Al hierdie nuwe dinge maak dat ek wil head for the hills. Wie het gese eks reg vir grootword?

Ek wonder oor weghardloop, bly waar ek is, oor die 9-5 in my toekoms en oor ringe. Ek het nog nooit oor ringe gewonder nie. Eish.

Ek le in die bad en wonder oor die toekoms. Hoekom ek nooit wil rustig wees nie. Hoekom ek hierdie permanente angs het vir alles wat die woord “settle” bevat. Hoe sal ek ooit op een plek kan bly, een ding kan doen? Wat gaan word van my in hierdie wereld waar daar reels, en belasting en medies is? Ek is 24 maar ek voel soos 18! Ek kannie ‘n regte werk doen en betaal word daarvoor nie, eks te jong, te deurmekaar!

Ek wonder as ek vir ‘n oomblik stilstaan, of ek uiteindelik gaan agterkom waarvoor ek weghardloop. En dink ek weer, se nou ek staan stil, en dit vang my? Die ding wat die heeltyd in my nek afblaas…

Ek sit in my kamer.

Ek kyk na my bankstate, my laptop, die gemors om my, waaraan klou ek vas en waarvan hardloop ek weg??

Ek wonder…

waar is daai tequila…

Om huistoe te kom

Ek bly al die afgelope jaar in ‘n klein dorpie in Mpumalanga en werk daar in rural mpumalanga by ‘n staatshospitaal. Ek onthou duisende kere wat ek gedink het “as ek die laaste keer hier uitry gaan ek juig en partytjie hou soos nooit tevore” Vreemd hoe die sleg altyd slegter is en as dit verby is is die lekker nie so cool nie. Of dit waaroor jy opgewonde was en na uitgesien het nie so exciting is nie. Of dalk het ek my klein dorpie en nuwe vriende daar net so geniet dat daar ‘n sekere sadness gemeng was met die opgewondenheid en ‘n nostalgie dat daai deel van my lewe ook nou verby is.

Maar na so dag by die huis toe besef ek, jissie, ekt dit so gemis. Daars dinge wat mens nie eers besef  jy mis nie totdat jy weer dit beleef. Goed wat jy as vanselfsprekend aanvaar totdat dit nie meer daar is nie. So hier is ‘n paar dinge wat AWESOME is van die stad, maak nie saak wat die mense se nie!

– Die ligte…daar’s altyd ‘n vibe of ‘n excitement of iets in die liggies van die stad. ‘n Belofte, ‘n opgewondenheid, die moontlik realisering van ‘n droom…

– Jou gesin en familie. Mense wat jou ken, wat weet wat in jou lewe aangaan, wat omgee, wat jou verstaan, wat weet wie jy is

– Vriende wat jou lankal ken. Wat eintlik soos familie is. Wat weet wie jy is as persoon en waarvan jy kom, maak nie saak jou stupid besluite of selfsug nie. Mense wat jou aanvaar en vir jou sal veg en by jou sal wees maak nie saak wat nie. Mense wat jou hart verstaan. Daai saam wie jy na ‘n jaar van min kontak weer kan koffie drink en dis asof twee harte weer een word…

– Internet wat werk. Enige plek enige tyd. Heehaaa!

– MENSE KAN BESTUUR!! Maak nie saak hoeveel verkeer daar is nie, die mense WEET HOE!

– Meer as een manier/pad om by dieselfde plek te kom. Jy kan die verkeer dodge want die plek is joune, jy ken hom soos jou eie hand.

– Spar en die garage kan jou nie afrip nie want daar is 10 ander Spars waarna jy kan ry as die een sy pryse verdubbel. Stupid klein-dorpie Spar verdubbel amper sy pryse want hy weer daars nie ander opsies nie.

-Restaurante bly later oop as 10h die aand.

– Almal kuier nie in dieselfde bar/kuierplek nie. Veral voordelik as die ou wat op sy vrou cheat nie drie stoele van haar af hoef te sit met die nuwe flerrie nie. Ek het in my jaar in die dorpie meer bar fights beleef as in 4 jaar se uitgaan in hatfield square

– Meer as een standard bank in dieselde dorp. Heck, meer as een standard bank in dieselfde BLOK!!! Hallelujah vir vooruitgang!

– My eie bed, my eie tv, my ma se kos, my honde, my strate, my mense, my hart…

– Toneel. Veral Nataniel by emperors. My maagspiere is nou nog styf.

– Jy kan om die blok gaan draf sonder dat 1000 honde dink dis vroee aandete.

En my number one top reason wat ek love om terug in beskawing te wees..

EK KAN MY ROOI SKINNY JEANS DRA!!! Sonder dat mense my vreemd aankyk. Sonder om te worry wat mense dink (asof ek ooit doen.) In fact, ek kan fancy aantrek as ek uitgaan. Sommer net mall toe as ek wil. Ek kan bietjie my klere wissel. Ai…en my rooi skinny jeans…

Dont get me wrong, ekt ‘n anderkant van die platteland leer ken en gaan baie dinge daar mis, maar ek probeer optimisties wees en you cant deny…

gotta love coming home….

By God se voete

Ek is van nature ‘n onrustige mens. Partykeer asof ek my lewe omwens en goeters mis. Ek weet dit. Maar vandag voel ek bietjie asof ek moeg is vir al die verandering. My beste maatjie het gister Korea toe gevlieg. My hart pyn so erg van die mis. En ek maak volgende week klaar by my werk en trek dan twee weke later kaaptoe. Waar ek nog nie werk het nie of blyplek nie. Verhoudings kom tot ‘n einde. Vriende wat mens heeltyd maak en weer verloor oor mens nog nie op ‘n plek is waar mens stabiliteit in jou lewe bereik het nie. Ek wonder of ek ooit rustig sal wees met stabiliteit. Maar tog mis ek dit. Om vriende te maak en te hou. Om te kan bly by wie ek liefhet. Om nie heeltyd my ouers hoef te mis of kort tye te sien nie. Om nie te wonder oor werk, drome, hoop…

Ek wonder waarop basseer mens die besluite. Hoe besluit jy waar jy settle? Settle mens ooit? Of is kom en gaan maar deel van die lewe? Ek weet dit is maar gaan dit dan een of ander tyd minder gereeld wees? En gaan mens minder hartseer wees?

Dit leer my wel om elke dag elke verhouding, elke droom, elke passie, elke hartseer en elke vriendskap by ons Pappa se voete te plaas. Rustig te word in Hom. My stabiliteit en identiteit by Hom te vind. Ek bid dit meer en meer. Alles wat belangrik is by U voete, Here. Dat net wat in U wil is en U belange en U naam groot maak oorbly.

Amen